Groot ontwrigting wag op M2-snelweg

(Foto: Traffic SA, Twitter)

Die Johannesburgse Padagentskap (JRA) het motoriste gewaarsku dat padwerk op die M2-snelweg in Johannesburg tot Junie kan voortduur.

Die padwerk is tussen die Cleveland- op- en afrit en die New Goch-pad en die Maritzburg-afrit.

Volgens die JRA sal verkeer weeksdae tussen 09:00 en 15:00 weens die padwerk ontwrig wees.

“Deelpadsluitings sal op die skouerbane en stadige bane aan weerskante van die pad ingestel word. Die ander bane sal oop wees vir verkeer,” sê die JRA in ’n verklaring.

Die JRA sê die padwerk sal na verwagting teen 30 Junie voltooi wees.

“Motoriste word versoek om versigtig te wees en geduld aan die dag te lê wanneer hulle die padwerkterreine nader om hul eie veiligheid en dié van die padwerkers te verseker.”

Die JRA vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word en bedank padgebruikers by voorbaat vir hul volgehoue geduld tydens die duur van die projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.