Groot onwettige perlemoenvonds in Wes-Kaap gemaak

Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD

Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto’s: Kapt. Piet Smit / SAPD

Die polisie van die Wes-Kaap, in samewerking met amptenare van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Maandag ʼn reusevonds van onwettige perlemoen op ʼn plaas naby Caledon gemaak.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie en amptenare het wenke van die publiek op Genadendal oor beweerde strafregtelike aktiwiteite op die plaas opgevolg en ʼn lasbrief bekom om dit te deursoek.

“ʼn Klopjag is uitgevoer en sowat 25 600 stukke perlemoen en toerusting om dit te droog, is op die plaas gevind,” het Rwexana gesê. Die polisie het ook beslag gelê op gasbottels, sakke met sout en toerusting om perlemoen mee te kook.

Die straatwaarde van die perlemoen moet nog vasgestel word, maar volgens Rwexana is dit ʼn “aansienlike bedrag”.

Twee mans, onderskeidelik 26 en 35 jaar, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Caledon-landdroshof verskyn.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elbri ·

Dis so bitter jammer dat soveel stropings plaasvind aan ons kuslyn. Wat word nou met die oesters gedoen? Vernietig? Sal dit nie beter wees om dit klaar te bewerk, verkoop op ‘n afslaer-basis, en die geld op ‘n goeie manier te gebruik nie. Dieselfde met renosterhorings en olifanttande. Dis altyd so hartseer om te sien hoe dit verbrand word.

Dee ·

Toe Elbri vra wat word nou met die oesters gedoen het ek vir ‘n oomblik gedink sy praat van diegene wat die perlemoen geoes het. Toe ek verder lees het ek gesien dit is nie haar bedoeling nie.

tamboti ·

Ja ‘n eens wettige bedryf wat gereguleer was en waarvan baie mense ‘n lewe gemaak het, is nou totaal onwettig en ‘n spreekwoordelike “goudmyn” vir die kriminele. Die burokrasie kan maar net nie dit verstaan nie!
Gee al die voorheen wettige perlemoen werkers weer permitte om te oes en help perlemoen boerderye om die spesie te bevorder, die huidige poging doen presies die teenoorgestelde. Dieselfde met ivoor en renosterhoring, groenes skrik wakker!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Boertjie ·

Kyk daardie Perlemoentjies is so klein hulle kan amper deurgaan as oesters.

Ludwig ·

Dankie aan die manne van die strooptog-span. Julle verdien ‘n pluimpie, want die skaal waarteen ons natuurlike hulpbronne nou verniel word ter wille van iemand se diep sak en dik beursie en oorsese wanopvattinge oor wat sulke perlemoene en renosterhorings alles aan ‘n man kan doen, is skrikwekkend. Ek voel net die gekonfiskeerde goed moet verkoop word en die geld gebruikword om sterker maatreèls teen die stropers te kan instel.

Stephanie ·

Dankie Maroela dat julle nie ook so maak soos n sekere engelse nuus web blad nie. Hulle het die eienaar, n bekende sportsman, se naam gebruik om aandag te trek. Die persoon was nie eens bewus wat op die plaas aangaan nie aangesien dit verhuur word en baie geskok toe hy daarvan hoor.
Toe ek daardie artikel lees was my eerste reaksie (seker maar menslik in ons lewe van vandag) om te dink…. “Ja so sal die bekendes val”.
Jammer plaas eienaar… ek het hopeloos te gou geoordeel.
Dis iets wat so baie van ons deesdae doen ne?
Ons begin oordeel lank voordat ons n storie heel gelees of gehoor het en voordat daar ware feite is.

Elbri ·

Jammer julle, my gedagtes het gedwaal?. Nadat ek vir my man die perlemoen storie lees, het ons oor die oester-stropers gesels wat hier by ons feesvier. Ons tel gereeld skulpe op wat in die berge versteek word. Dis baie hartseer, want dis nie eens grotes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.