Groot opgraderings by Kaapstadse lughawe op pad

Burgemeesterskomiteelid James Vos (links) en die Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede Beverly Schäfer tydens ‘n besoek aan die lughawe. (Foto: City of Cape Town/Twitter

Opknappingswerk van R7 miljard word by die Kaapstadse Internasionale Lughawe beplan. Dit sluit in die vernuwing van die binnelandse aankomssaal en die uitbreiding van die buitelandse terminaal. ʼn Hergroepering van die aanloopbane beloop nagenoeg R3,93 miljard en sal beteken aankoms- en vertreksale kan in die toekoms verder uitgebrei word, het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.

Die nuwe aanloopbaan gaan beteken die lughawe kan 45 vliegtuie per uur hanteer om op te styg of te land. Die nuwe generasie groot vliegtuie, soos die Boeing 747-800 of die A380 sal ná die opknapping ook by die lughawe kan land en opstyg.

Die vernuwing word gedoen om makliker toegang tot Kaapstad en die Wes-Kaap te verseker, iets wat die stad al ʼn geruime tyd probeer bewerkstellig.

“Die projek gaan die volle potensiaal van ons lugvaartekonomie ontsluit deur Kaapstad met heelwat meer lande te verbind. Dit sal lei tot bykomende handel en beleggingsmoontlikhede, asook aanvraag stimuleer wat sakesin maak,” het Beverly Schäfer, LUR vir ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, gesê.

“Toerisme is een van die groot dryfvere in die provinsie en skep duisende werksgeleenthede in die stad én op die platteland. Die nuwe lughaweontwikkelingsprojek gaan bydra tot dié belangrike sektor deur verbeterde aansluitings en toeristegetalle. Dit gaan ook selfs die wêreldgehalte- en bekroonde diens wat besoekers reeds ontvang wanneer hulle van die Kaapstadse Internasionale Lughawe gebruik maak, nóg verder verbeter.

“Die lughawe het die afgelope paar jaar deurlopende groei getoon en dit het groot druk op die stelsel geplaas, vandaar die uitbreidingsprogram,” het Schäfer gesê. Sy en burgemeesterskomiteelid James Vos het die lughawe Donderdag besoek.

Kaapstad is verlede week vir die vierde keer by die Skytrax World Airports-toekenningsgeleentheid as die beste lughawe in Afrika aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois le Cochon ·

Bou eerder ‘n nuwe lughawe in ‘n beter area van Kaapstad. Dit is tans in Kaapstad se swakste area.

Johanna ·

Die area wat die Kaapstadse Lughawe omring is n ‘sore eye’! Ek wonder altyd wat moet toeriste dink wanneer hulle daar deur ry hetsy met n huur motor of shuttle. Skuif die Lughawe daar n pragtige plekke in die Kaap.

jaco ·

ek was in die shuttle vervoerbedryf. ek het altyd aan buitelanders wat kla oor die plakkerskampe om die lughawe, dit INGEVRYF dat as hulle regerings nie so links en regs ekonomiese sanksies teen SA in die 1970s en 1980’s toegepas het nie, dinge toe en selfs ook vandag baie beter kon gewees het. my kommentaar is met stilte en rooi gesigte begroet.

Kaapse Inwoner ·

Dis alles goed en wel om die lughawe op te gradeer maar hulle sal moet aandag gee aan die onveiligheid rondom die lughawe en op die N2 en R300.

Michael P ·

Daar is baie plekke waar jy n nuwe lughawe kan bou die probleem is as jy n nuwe lughawe bou .bou jy ook plakker kampe rond om die lughawe ongelukkig kan jy hulle nie beheer nie. Dit kos net die wat daar begin werk en dan volg die res in hul duisende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.