Groot oponthoud weens versperring op N3

Verkeer was Vrydagoggend opgehoop weens vragmotors wat die pad versper het (Foto: Verskaf)

Verkeer was Vrydagoggend erg opgehoop op die N3-snelweg by die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal. Dit nadat vragmotorbestuurders dié pad met hul voertuie versper het.

Bestuurders het net voor 06:00 hul vragmotors dwars oor die snelweg getrek om verkeer te versper. Hulle het die sleutels uit die vragmotors verwyder.

Die N3 naby die Van Reenenspas is vir verkeer gesluit (Foto: Verskaf)

Al die bane van die snelweg is vir verkeer gesluit. Dit is nog nie bekend waarom die vragmotors die pad versper nie.

Volgens Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, was dié bane teen 09:00 steeds vir verkeer gesluit.

“Geen verkeer kan in ʼn noordelike rigting van die Tugela-tolplaza of in ʼn suidelike rigting van Van Reenen ry nie,” bevestig Heyl.

Motoriste word versoek om die gebied te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is beamptes tans op die toneel en besig om die vragmotors te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elize ·

Nie die eienaars. Die drywers. Die eienaars moet die drywers afdank!

Kokerboom ·

Nee Pierre, nie die eienaars maar boewe bestuurders wat ekonomie doelbewus saboteer. In meeste gevalle weet eienaars miskien nie hiervan.

Francois Le Cochon ·

Wetgewing maak nie daarvoor voorsiening dat ‘n derde party gestraf kan word vir ‘n oortreding nie.

Pierre ·

Francois die pad reel wet maak voorsiening daarvoor, jy as eienaar is verantwoordelik vir jou voertuig en die boete word aan jou as eienaar uitgeryk, die onus rus dan op die eienaar om die ander party uit te wys om die boete oor te dra, die konsep word reeds met gewone pad oortredings byvoorbeeld deer spoedkameras toegepas.

Misky ·

Polisie te slapg@t om beheer te bring in die tipe situasies en die weermag is besig om koek te bak. Ons is aan ons eie genade uitgelewer

Papsak ·

Laat eienaars hulle trokke kom haal en fire al die trokbestuurders hulle wil nie werk nie baie maklik gedoen

Swerwer ·

Natuurlik volgens nie Nuwe Suid Afrika is dit hul (ANC OPTREDE) reg om dit te doen en daar kan ook glad nie staatgemaak word op enige iemand om op te tree teen die belaglikheid nie.

Baardman ·

Dalk betoog hulle teen die buitensporige brandstofprys, dan moet almal hulle join

Bart-Man ·

My geduld, net soos duisende ander. Is besig om op te raak met hierdie optredes van our people.

Swerwer ·

Myne is lankal op, my lont is al so kort dat dit partydae voel ek wil ontplof. Kan nie dink dat alles maar net gelate aanvaar word nie. Seker omdat ons in ‘n ander era groot geword en ordentlik opgevoed is.

Spyker ·

Ekonomiese sabotasie, kla aan en sluit toe of is dit nie meer n ootreding nie.

Herman L ·

Dit is onwaarskynlik dat vragmototorbestuurders op die ingewing van die oomblik besluit het om die pad te versper. Waar is die veiligheidsdienste dat hulle niks hiervan geweet het nie? Dit lyk asof die Julie-onluste niks gehelp het om die intelligensiedienste wakker te skud nie. Of het hulle dalk geweet????

Samuel ·

Die topbestuur van die SAPD is seker weer in self isolasie.

Mallie ·

Pierre ek stem. Dan is daar ook sommer n rede om die bestuurders af te dank.

Maggies ·

Ek verstaan dat hierdie ‘n tipe teenkantings staking is teen die moontlikheid van verpligte vaksine wet. Weet nie of dit waar is nie, dalk kan Maroela media meer uitvind.

Samuel ·

Kom hier weer onluste waarvan ons nie weet nie? Waar is Hoedman en Sitole?

Jr ·

Ja ekonomise sabotasie en die commander in crêche – mal emma sit agter dit. Hulle dink wanneer dit vernietig is sal hulle die ekonomie laat floreer. Ek het nuus vir hulle. Julle sal honger wees soos in Zimbabwe NET ERGER

Janine ·

Hoekom word hierdie boewe TOEGELAAT om ‘n Nasionale hoofpad af te sper? Waar is ramaposa, waar is cele?????

Etienne ·

Dalk stop hulle oor die petrol prys…as dit so is het hulle al my support…hoop dit word sommer reg oor die land gedoen.

Jakes ·

Die vorige plundering van winkels en fabrieke het ook begin toe trokdrywers begin protes aanteken het. Voor 1994 sou so iets nooit gebeur het nie. Toe was daar nog bevoegde leiers, poliemag en weermag.

Etienne ·

Indien hulle betoog teen die petrol prys dan support ek hulle. Ons moet dit sommer in die hele land doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.