Groot opruimingswerk ná Kaapse stormweer

Die hoofstraat in Jongensfontein is gesluit nadat ’n gedeelte van die pad weggekalwe is. (Foto: Hessequa-munisipaliteit/Facebook)

Polisiebeamptes is in groot getalle in die Suid-Kaap en die Overberg ontplooi om hulp aan mense te verleen wat deur oorstromings en swaar reën ontwrig is.

Oorstromings het reeds die lewe van twee mense in Bonnievale geëis terwyl daar in ander streke nog na vermiste mense gesoek word. Volgens die polisie is talle mense die afgelope paar dae reeds na veiligheid gebring.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër gewaarsku swaar reën kan nog tot Vrydag in groot dele van die provinsie verwag word.

Die Hessequa-munisipaliteit sê die brandweer en wetstoepassers is in Gouritsmond, Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein ontplooi waar swaar reën skade aan infrastruktuur aangerig het.

Die hoofstraat in Jongensfontein is gesluit nadat ’n gedeelte van die pad weggekalwe is. (Foto: Hessequa-munisipaliteit/Facebook)

Die hoofstraat in Jongensfontein is gesluit nadat ’n gedeelte van die pad weggekalwe is nadat die toestand van die padoppervlak toenemend versleg het. Die hoofstraat is egter ’n provinsiale pad en word deur die provinsiale owerhede bestuur.

In Gouritsmond is haelskade aan huise aangemeld. Drie mense moes noodgedwonge hul huise verlaat en is Woensdagaand by ’n private gastehuis van slaapplek voorsien.

Nog tien mense is in Gouritsmond se gemeenskapsaal gehuisves en van matrasse en komberse voorsien weens haelskade aan hul huise. Munisipale werkers het gister seile aan inwoners uitgedeel wat haelskade aan hul dakke opgedoen het.

Volgens die munisipaliteit ondervind verskeie dorpe probleme met krag- en watertoevoer te midde van die stormweer. Die probleme word hanteer soos dit opduik.

Groot skade aan infrastruktuur is aangerig. (Foto: SAPD)

Die Kaap Agulhas-munisipaliteit het Vrydagoggend gesê die Stormsvlei-pad sowel as die Swellendam-pad is in dié stadium gesluit weens weerstoestande.

Die munisipaliteit het motoriste gemaan om versigtig te bestuur nadat ’n motorongeluk op die Struisbaai-pad aangemeld is.

Die polisie sê sy lede bly op ʼn hoë gereedheidgrondslag in die geraakte gebiede totdat die weersomstandighede verbeter.

Grant Riddles, burgemeester van die Hessequa-munisipaliteit, het amptenare geloof vir hul “onbaatsugtige optrede onder moeilike omstandighede” en ʼn beroep op inwoners gedoen om enige potensiële probleme, waaronder probleme met dienslewering, onder die betrokke wyksraadslid se aandag te bring.

Talle mense die afgelope paar dae reeds na veiligheid gebring. (Foto: SAPD)

Talle mense die afgelope paar dae reeds na veiligheid gebring. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Samuel

Drie mense noodgedwonge in gastehuis onderdak; tien mense in gemeenskapsaal slaapplek gegee en van matrasse en komberse voorsien. Is dit nie blatante diskriminasie nie?? Vra net.

Misky

Mens besef nie aldag watse krag is in die natuur en in besonder water nie. As ek so na die fotos en skade kyk, voel mens skoon klein en nederig