Groot planne om 100-jarige herdenking van 1914-Rebellie op sterfdag van De la Rey te gedenk

Genl. Koos de la Rey

Genl. Koos de la Rey

Die dood van die Boeregeneraal Koos de la Rey op 15 September 1914 en die daaropvolgende rebellie word Maandag, 15 September 2014, presies 100 jaar ná De la Rey se skietdood, op verskeie maniere landswyd herdenk.

ʼn Spesiale herdenkingsgeleentheid word by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou, ‘n dagboek-veldtog op Facebook deel daagliks die gebeure van 100 jaar gelede en n spesiale radiodrama oor De la Rey se afsterwe deur die bekroonde Bettie Kemp word landswyd op gemeenskapsradiostasies uitgesaai.

By die geleentheid by die Voortrekkermonument sal ʼn projek, getiteld “De Wet, Beyers en… ek” bekendgestel word en die geleentheid sal ook met ʼn spesiale uitstalling oor die Rebellie gehuldig word. Die hoogtepunt van die geleentheid is die bekendstelling van die Kraal Uitgewers-publikasie, Die Afrikanerrebellie, 1914-1915, uit die pen van 12 vooraanstaande historici.

Die herdenkingsdag sluit ook ʼn optrede deur die sanger Bok van Blerk in, aangebied deur die FAK. Die optrede begin die aand om 18:30 en meer as 800 persone sal die geleentheid bywoon. ʼn Spesiale herdenkingskoot sal ook afgevuur word om De la Rey se dood te gedenk.

Die Rebellie van 1914 tot 1915 het broer teen broer, pa teen seun en vriend teenoor vriend te staangebring en het ernstige verdeeldheid in Afrikanergeledere tot gevolg gehad wat dekades later steeds gevoel is. Dié opstand het voorts ook tot die verdrinking van generaal Christiaan Beyers in die Vaalrivier, die teregstelling van Jopie Fourie, die inhegtenisname van generaal Christiaan de Wet en talle ander rebelle gelei. Dit het selfs tot die eerste grootskaalse vroue-optog na die Uniegebou gelei.

Die herdenkingsdag begin met die opening van ʼn spesiale uitstalling oor die Rebellie in Galery 20/20 by die Voortrekkermonument sowel as die bekendstelling van Die Afrikanerrebellie 1914-1915 en die projek “De Wet, Beyers en… ek”. Die projek is daarop gemik om die publiek by hul voorgeslagte se verbintenis tot die Rebellie te betrek en persoonlike verhale, wat deur oorvertelling behoue gebly het, te bewaar. Die uitstalling word aangebied deur Kraal Uitgewers in samewerking met die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument.

Klik hier om Die Rebelle daagliks op Facebook te volg.
Klik hier om Die Unieregering daagliks op Facebook te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bielie van die Bosveld ·

Dis ‘n puik idee om die grootste boereleier in die land se geskiedenis en sy dood te gedenk.

PJ Kruger ·

…en dit was mense wat respek afgedwing het en wat hulle lewe vir jou en my opgeoffer het…Ons eer julle tot vandag toe…..daar was geen verraaiers nie!!!!

Minnie Pretorius ·

Woon graag vanaand se verrigtinge by Voortrekkermonument by.
Gekant teen een of ander tatoeëer manne wat gaan optree by monument.
Teken asseblief my stem daarteen aan.
Minnie Pretorius

veronica ·

Kan dit dalk die begin van die herlewing van ons blanke trots en patriotisme wees? Durf ek opgewonde word???

Michil ·

OMG. Die Wit Suid Afrikaner kon nog nooit saam gestaan het nie, dit is ook bewys in 1917 en nog voor dit met die groot trek.
Veronica sorry girl sad but true!!!!!!!!!

Ons is ‘n gemengde volk wat bestaan het tussen Portuguese, Hollanders, Duidsers en nog meer.
Die gene bots en van daar die twyfel en wantroue vir mekaar. Almal weet altyd beter as die ander!!!!!!!

Wilma Jansen van Vuuren ·

Tot wanneer is die uitstalling en wat is die koste. Word dit in die monument self uit gestal of in die opslaan en biblioteek gehou. Gaan mens die boek daar kan koop. Jammer oor al die vrae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.