Groot probleme vir werkers as Toyota uit KZN onttrek

Argieffoto (Foto: Admiral_Lebioda/Pixabay)

Die tydelike sluiting van Toyota se vervaardigingsaanleg in die suide van Durban weens onrus in KwaZulu-Natal kan moontlik verdere verwoestende gevolge vir werkers inhou.

Toshimitsu Imai, bedryfshoof van Toyota in die Afrikastreek, het verlede week in ʼn brief aan die burgemeester van eThekwini gesê die maatskappy se toekoms is baie onseker. “Ons was geskok oor die foto’s van plundery, verwoesting van eiendom en wetteloosheid in die stad,” het Imai geskryf.

“ʼn Sleutelprioriteit vir Toyota is die veiligheid en welstand van ons werknemers, hul families en die gemeenskappe waar ons bedrywighede geleë is. Die voorvalle in die stad het ons egter baie onseker gemaak oor die toekoms van ons besigheid in KwaZulu-Natal.”

Toyota moes sy vervaardigingsbedrywighede tydelik opskort in die provinsie weens onluste en plundery in die gebied.

Volgens Imai het die sluiting Toyota Suid-Afrika se toekomstige volhoubaarheid bedreig terwyl hulle nog probeer herstel ná die Covid-19-pandemie. “Uitvoervolumes na Europa het begin toeneem terwyl hul ekonomie herstel. Die verlies aan vervaardiging die afgelope week beteken dat Toyota Suid-Afrika waarskynlik van die besigheid aan ander internasionale Toyota filiale sal afstaan, omdat Europese klante nie vir bestellings sal kan wag nie.”

Motors wat klaar gebou is kon ook nie uitgevoer word nie, omdat die hawe weens die onluste gesluit is en motors kon ook nie na Gauteng vervoer word nie weens die sluiting van die N3.

“As gevolg hiervan verwag ons dat Toyota Suid-Afrika verkope van sowat 10% in Julie sal verloor.”

Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond Uasa, het Maandag gesê dit is te verstane dat die maatskappy onseker is oor sy toekoms in die land. “Uasa vertrou dat Toyota alles in sy vermoë sal doen om sy werkers en ons lede in diens te hou.”

Volgens Moyo beraam ekonome dat sowat 50 000 poste verlore gegaan het weens die geweld en plundery. “Ter wille van ons ekonomie en werkers kan ons maar net hoop dat Toyota en ander vervaardigingsreuse staande sal bly.”

Sy sê mens kan kwalik van internasionale reuse soos Toyota of plaaslike ondernemings verwag om aan te gaan met besigheid as hulle weet dat hul ondernemings enige oomblik verwoes kan word deur plunderaars.

“Suid-Afrika het reeds die hoogste werkloosheidskoers in sy geskiedenis en die ekonomie is in flarde. Ons is geskok dat dit die regering só lank geneem het om die gewelddadige plundery in KwaZulu-Natal en Gauteng onder beheer te bring. Die regering se optrede was te min, te laat met verwoestende ekonomiese gevolge.”

Moyo meen die situasie sal eers vererger voor dit beter word. “Ons doen ʼn beroep op die regering om in te tree en besighede en werkers te help wat die slagoffers was van sy versuim om die onrus vooraf te bespeur en sy vertraagde reaksie om die chaos te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johanncb ·

Dit is ongelukkig een van die negatiewe gevolge waaraan die aanhitsers nie gedink het nie! Onskuldige mense en hul gesinne word direk geraak!

Francois ·

Nog skade wat die ANC regering veroorsaak het en die beste van als is kom die volgende verkiesing word die massas n kospakkie en T shirt gegee en is hulle gelukkig om weer vir die ANC te stem wat al die gemors veroorsaak

Dries ·

Ek het dit voorspel en gewag daarvoor. Binnekort hoor ons van nog baie sulke vervaardigers. Tragies

Jerry ·

Kortsigtige ongeletterde klomp hou maar aan met Julle plundery, binnekort is almal van julle werkloos en op straat.

Boksombende ·

Almal word aangeraak as maatskappye soos Toyota aan ons land onttrek, nie net die mense in KZN nie.

Johann ·

Ja wel mens noem.dit REALITEIT! Dis wat gebeur as die president so veel as drie dae voor die anargie GEWEET het wat kom…maar saam met sy “sekuriteits” cluster NIKS gedoen het nie. Dink mos dis standaard om te vra en vat en nie verandwoordelikheid te hoef aanvaar nie.

SjN ·

Dankie, Alles te danke aan n klomp breinlose kaders, trotse Anc patate.

Hennie ·

Die is SA se voorland, onsekerheid rondom grond en simpel beleide van die staat. Kort op Kuba se hakke.

Pieter ·

Mense het nou genoeg gehad van die ANC land cyril gaan niks regkry nie. Dit is nou een ding wat n kommunis goed kan doen en dit is om als deer hulle agterent te trek.

Anel ·

As die regering dalk help, wat seker eers sal gebeur as die hoenders tande kry, sal net our people gehelo word, dit is nou die plunderaars, want foeitog, hulle kry tog so swaar. En dan sal hulle nog die vermetelheid hê om by ons te kom bakhand staan. Maar nou ja, die regering maai nou qat hy gesaai het.

Jannie van Niekerk ·

Ja en indien hulle ontrek gaan APARTHEID weer die blaam moet dra.

DIABLO ·

Presies dieselfde het in Australie gebeur n paar jaar terug. Daar was vervaardigers net keelvol vir unies. Hier gaan Jan van Riebeeck homself moet regmaak vir nog n blamering.

Jr ·

Hierdie mense kan nie voorentoe dink nie. Hulle besef nie of verstaan the basics of progressive futures. They live only for today

Kokerboom ·

Die kern van probleem lê by land se kieserskorps. Die einde van die begin van ons sogenaamde demokrasie is in sig indien die kieserskorps nie hul gesindheid, visie, rasse vooroordeel en morele gesindheid verander. Gebeur dit nie word SA ook ‘n vervalle mislukte Afrika staat.

Rian ·

Ek dink ons is baie ver gevorder op die pad na n mislukte staat.

Toy ·

Alles te danke aan die aanhitsers en plunderaars. Wat het hulle gedink alles is die volgende dag weer reg. So werk dit nie, nou moet ander mense daaronder ly.

Francois ·

Nog skade wat die ANC regering veroorsaak het en die beste van als is kom die volgende verkiesing word die massas n kospakkie en T shirt gegee en is hulle gelukkig om weer vir die ANC te stem wat al die gemors veroorsaak

Dawie ·

Wow, ‘n vakbondwoordvoerder vir wie daar iewers ‘n fyn ligstraaltjie begin deurbreek!!

anniekiewiet ·

Die land se leier kan vertroue opbou deur sy swak spul kaders op pensioen te sit en hulle met kundige mense wat weet van land opbou en reageer te vervang. Maar in hulle siek magsbeheptheid, sal hul liewer die land in die drein laat wegspoel voor hulle ‘n duit se omgee vir hierdie land se goeie mense se oorlewing sal wys. Hartseer hartseer en nogmaals hartseer wat voorlê.

Misky ·

Ek voel baie jammer vir die onskuldiges wat hulle werk gaan verloor, maar die res van hulle wat deel van die wetteloosheid was….. LEKKER!!!! Ek hoop julle verstaan die groter prentjie mooi en iemand moet dit baaaaaie mooi aan hulle verduidelik en prentjies teken as dit moet. Mag jy nagte lank wakker lê met ‘n honger maag en dink oor wat jy gedoen het

Psyggie ·

Die uitkringende effek na kleiner ondernemings word nog nie eers in ag geneem nie.
Die verlies aan inkomste agv werkverliese gaan noodwendig lei tot meer diefstal …..
meer werkloosheid… meer diefstal… meer anargie….

Anoniem ·

Ongelukkig is daar ‘n groot gebrek aan “denkvermoë” by die meeste en dus moet onskuldige mense daaronder ly. Werkloosheid is mos aan die orde van die dag want wie wil nou werk as alles verniet gekry kan word. Ons voorgeslagte en onsself het mos alles net gevat, ons het mos nie gewerk nie.
Dit wat so verwoes word het mos uit die niet geval, en walla dit is daar………………………………….. voel bitter jammer vir die ouer geslagte wat moet toekyk hoe alles venietig word. Ongelukkig sal almal van 1994 en aan nooit die waarheid ken nie want dit word mos verdoesel

JohanR ·

Toyota maak my lag. Nerens anders in die wereld is dit soe lekker vir hulle. Seker elke sesde motor wat in SA verkoop word is ‘n Toyota. En dan kan hulle moontlik uit SA ontrek. Gaan speel man!

Surfer ·

Suid Afrika se naam word ook nou internasionaal verander na Suidelike Zimbabwe.

Erika ·

Dit Het Begin By ‘Protesting toe begin dit hande uitruk -Looting destruction killing .spree.. It followed Naturally .. It was Only for their personal selfish agendas.. & those involved…in a divided KZN .& Gauteng-It was even suggested to” loot responsibly..”. It wil most likely take the economy 20 years ..everything destroyed in a week..
In a month or so the Rioters will be more poorer than they ever will be…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.