Groot pryse vir Comrades-wenners

comrades marathonVanjaar se Comrades-wenners wen groot prysgeld maar dit is veral David Gatebe wat groot rede het om te glimlag nadat hy die 91ste aflewering van die marathon in ʼn rekordtyd gewen het.

Gatebe se rekordtyd was 05:18:12. Ludwick Mamabolo was tweede oor die wenstreep met ʼn tyd van 05:23:56. Bongmusa Mthembu was derde met ʼn tyd van 5:26:38.

In die vrouewedloop was Charne Bosman eerste met ʼn tyd van 06:25:55. Caroline Wöstmann was tweede met ʼn tyd van 6:30:44. Kajsa Berg van Swede was derde met ʼn tyd van 06:39:04.

Die mans- en vrouewenner kry elkeen R400 000 terwyl die Suid-Afrikaanse man en vrou wat eerste die wenstreep oorgesteek het R190 000 verdien.

Fikile Mbalula, minister van sport, het vroeër bekend gemaak dat Suid-Afrikaners wat wen met ʼn verdere R100 000 beloon sal word.

Gatebe kry intussen ook ʼn verdere R400 000 omdat hy die rekord verbeter het. Mbalula het ook bekendgemaak dat Gatebe om dié rede R150 000 sal kry in plaas van R100 000.

Gatebe stap dus weg met R1 140 000 terwyl Bosman R690 000 ryker is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth Bodman ·

Wel gedaan en wel verdien! Net ‘n klein persentasie van ons volk sien kans vir die Comrades!

Eliza-beth ·

Beslis welgedaan David Gatebe – dan het hy nog die rekord verbeter en somemr vir die grap ‘n paar armopstote by die wenpaal gedoen! Sjoe, ek bewonder elke persoon wat klaargemaak het of hulle nou in tyd was al dan nie, dit wil gedoen wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.