Groot pypleiding gesluit ná reusebrand in Durban

‘n Rookwolk hang bo die Clairwood-nywerheidspark in Durban nadat ‘n brand Sondag in die vroeë oggendure daar uitgebreek het. Honderde inwoners moes hul huise as voorsorgmaatreël verlaat. (Foto: Marco Longari/AFP)

Transnet het Sondag tydelik sy brandstofpypleiding in Durban gesluit nadat ʼn brand in die omgewing uitgebreek het. Minstens drie mense is reeds dood.

Die brand het uitgebreek ná ʼn mislukte poging Sondag in die vroeë oggendure om brandstof te steel.

Transnet se operasionele sentrum het dadelik die pypleiding gesluit en sy noodreaksieplan in werking gestel, lui ʼn verklaring van die instelling. ʼn Ondersoek na die voorval is ook van stapel gestuur.

“Die fokus in hierdie stadium is om die brand te blus en die uitwerking op die gemeenskap en omgewing te beperk.”

Transnet-pypleidings is ʼn afdeling van Transnet en is verantwoordelik vir die brandstof- en gaspypleiding wat Durban met Gauteng verbind. Die algehele netwerk is 3800 km lank.

Volgens ʼn woordvoerder sou die uitwerking van die brand en die sluiting van die pypleiding geassesseer word sodra die brand geblus is.

Volgens Transnet het diefstal uit sy pypleidings en ander infrastruktuur die afgelope twee jaar die hoogte ingeskiet. Nie net rig die voorvalle groot skade aan infrastruktuur en die omgewing aan nie, dit lei ook tot sterftes en ernstige beserings.

“Ons werk saam met wetstoepassingsowerhede om hierdie misdadigheid te stuit en die pypleiding en omliggende gemeenskappe veilig te hou.”

Maroela Media het vroeër berig die brand het omstreeks 03:00 uitgebreek en massiewe rookwolke kon van ver gesien word. Ontploffings is glo ook kilometers ver gehoor. Die brand is ure later in bedwang gebring, maar teen gistermiddag was die gebied steeds afgesper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Mens sal dink dat so ‘n belangrike pyplyn bewaak sou word en dat skelms moeilik toegang tot hulle sou hê.

koos10 ·

Pypleidings. Dink aan 93 & 95 oktaan en dan nog aan 3 verskillende diesel variante, dan is dit mos baie moontlik.

Pablo ·

Dit steek en vat net todat alles inmekaar sak. Kan nie flo mense kom belê nog geld in die land nie. Daar is geen toekoms meer nie. Net misdaad, geweld en bedrog.

Nie Verbaas ·

Hierdie land het regtig tot n kriminele paradys verval. Daar is absoluut geen respek meer vir dinge wat nie aan jou behoort nie. Danksy ons liewe ANC wat nog n kans wil hê.

Blomme ·

Regtig, het die regering geen plan in plek om misdaad in die land hok te slaan nie? Lyk nie of misdaad op hul prioriteitslys verskyn nie. Uiters swak!

Shakespeare ·

Brandstigting. Die ANC/EFF en stemvee se nasionale sport.

Di ·

Dit is openlik “TERRORISME” Hierdie spesifiek groep is letterlik besig om hierdie land geheel en al te verwoes! Gee maar die land oor aan die kriminele wat elk geval oorgeneem het.

Johann ·

Sien die suksesvolle verval en oorgang na n staat van anargie is om sulke terlooose terrorisme af te maak as per toeval. Brand die ekonomie plek plek af en hou niemand daarvoor verandwoordbaar nie. Soos die plunder togte en verwoesting MAANDE terug. Dis NIKS terloops nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.