Groot rotte byt baba

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Een maand oue babadogtertjie van Alexandra in Johannesburg moet ʼn operasie ondergaan nadat rotte drie van haar vingers en ʼn gedeelte van haar neus gevreet het, het The New Age Woensdag berig.

Volgens die koerant het die rotte Erena Yekanyi verlede Maandag by haar huis aangeval. “Ek was besig om klere buite die huis te was toe Erena in die huis geslaap het,” het haar ma, Thandaza, aan die koerant gesê. “Ek het haar hoor huil en dadelik na haar toe gehardloop. Sy was vol bloed..”

Erena moet wag om ʼn rekonstruktiewe operasie by die Charlotte Maxeke-hospitaal te ondergaan, aangesien haar ouers nie behandeling by ʼn privaathospitaal kan bekostig nie.

Volgens die koerant is dit nie eerste keer wat rotte mense in dié informele nedersetting aanval nie. Kinders en bejaardes is vroeër hier dood nadat die rotte, wat glo groter as normale rotte is, hulle in hul slaap aangeval het.

Nkosinathi Nkabinde, ʼn woordvoerder van die stad Johannesburg, het gesê informele nedersettings het gereeld knaagdierplae weens die onbehoorlike hantering van huishoudelike afval. Hy het gesê die stad het verskeie strategieë van stapel gestuur om die plaag uit te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marco ·

Leef hierdie mense nie soos varke nie, vandaar die rot-plaag? Dit moet erg wees om te sien hoe jou kind se ledemate afgevreet is.

Elfie ·

Nee wat sies! VUIL! Een van die dae het ons weer die Pes (Black Death) hier in SA nes in die Middeleeue! Daai rotte moes VREKvinnig gevreet het om so baie skade aan te rig voor die ma daar gekom het. Klink vir my baie na – baba huil en los maar eers, sal netnou kyk!

Elfie ·

Hoekom word my kommentaar gemodereer – dis die waarheid Maroela!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.