‘Groot siel’ in Kuruman wreed vermoor

Danie Fourie. Foto: Verskaf.

Danie “Kat” Fourie (70) is Dinsdag wreedaardig op sy kleinhoewe in die Seoding-omgewing naby Kuruman in die Noord-Kaap vermoor.

Sy vrou, Mariaan, is erg aangerand, ontvoer en in die vroeë oggendure van Woensdag in die egpaar se bakkie langs ʼn snelweg aangetref.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die Mothibistad-polisie het vroeg Dinsdagoggend ʼn verlate Isuzu-bakkie op die N14 naby Mothibistad aangetref. “ʼn Vrou is erg aangerand en met haar hande vasgebind binne die bakkie aangetref,” het Kock gesê.

Die polisie kon die voorval verbind met ʼn aanval op die Fourie-egpaar se kleinhoewe. “Die liggaam van Danie Fourie, haar man, is op die kleinhoewe aangetref waar dit toegemaak is met ʼn waentjieklap,” het Kock gesê.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Paul Marais, voorsitter van die buurtwag, het aan Maroela Media gesê Danie het ʼn groot snywond aan sy keel gehad. “Ons het inligting oor die verdagte wat met die voorval verbind kan word en is besig om dit op te volg. Ons wil nie in die stadium te veel bekendmaak en die soektog benadeel nie,” het Marais gesê. Marais het ook bevestig daar is vuurwapens tydens die aanval gesteel.

Volgens Kock is Mariaan (63) tans in die hospitaal waar sy mediese behandeling ontvang. Marais het aan Maroela Media gesê hulle wag nog vir dokters by die hospitaal in Kathu om die omvang van haar beserings te bevestig, maar dat die aanranding “baie erg” was.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Victor Mabena by 063 691 1089 te skakel.

Elizma Theron, die gewilde Afrikaanse sangeres, het ook op Facebook haar hartseer oor die voorval uitgespreek. “Vandag is ‘n hartseer dag vir die hele Kuruman-gemeenskap en vir ons almal wat die voorreg gehad het om hierdie groot siel te ken,” het sy geskryf.

ʼn Boer in die omgewing het aan Maroela Media gesê: “Ons almal hier is bang”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

buiteland ·

Terwyl klem nou op suidelike afrika en zim le, maak gebruik van die internasionale fokus op ons en laat die buitelanders in massas uitvind wat hier aangaan.

Cherokee ·

En dan? As hulle uitgevind het? Waarskynlik weet hulle dit. Wie is die buiteland? Die wêreld daar buite is groot. As jy van die VSA praat, hulle het probleme in Iran en ander Oosterse lande wat hul tyd in beslag neem. As jy van England praat, ons kan nie van ‘n landjie so groot soos die kruger Wildtuin verwag om vir ons in te staan nie. Ons is nie die enigste in die wêreld met probleme nie en as almal na ouboet toe hardloop vir hulp gaan dit snaaks wees. Ons is in ‘n skool waar ons die skoolboelies op ‘n manier self sal moet hanteer. Europa wou die ANC in beheer sien van SA en daar is nie rede om te dink hulle sal skielik ‘n ommeswaai maak nie. Ons sal self dinge moet bewerk, verwerk en uitwerk.

Anoniem ·

Dit sal geen verskil maak nie.
Verder weet die buiteland baie goed wat hier aan gaan as mens die kommentare lees oor SA in buitelandse koerante. En presies wat help dit??
Dis selfde as ons hier: ons is bewus van hoe dit gaan in Iran etc, en ons kan ook niks daaraan doen nie. Dis nou nie asof Trump sy weermag gaan stuur nie….

Australier ·

Ja dit sal n groot verskil maak en nee meeste buitelanders het geen idee wat in SA aangaan nie. Buitelandse druk kan baie waardevol wees op baie maniere.

Therese van Schalkwyk ·

Cherokee en Anoniem

Ernst Roets het mooi verduidelik waarom dit noodsaaklik is om die buiteland bewus te maak. Lees en probeer tog die apatie en fatalisme afskud.
Wat in SA gebeur, is ‘n misdaad teen die mensdom en die wêreld moet daarvan hoor.
Ons is dit ook aan die slagoffers verskuldig.

Asseblief tog ·

Nee wat. Ons moet self plan maak. Die wêreld is ons woning niet.

Christiaan ·

In Nederland proberen wij via Twitter en Facebook onze politici te informeren en hopen dat ze in het parlement vragen stellen ! Veel Nederlanders zijn van mening dat de blanke boeren geholpen en beschermd moeten worden.

Boerseun ·

Ek stem ons gaan oneself moet help, maar enige aksie gaan die buiteland se steun benodig. So kom ons se ons kry n volkstaat, iemand gaan met Ons moet wil besigheid doen. So vir die, en vele ander redes moet ons bewustheid in die buiteld skep.

Barendman ·

Ons moet beide onsself beskerm maar ook die buiteland laat weet. Altwee benaderings is noodsaaklik.

JO ·

So SA did not get the 2023 bid – no surprises here- did our mampies really think the genocide of whites in SA would go unnoticed!!!

Dink net ·

Ag buitelander. As mens Suid Afrika vergelym met Syria, Afghanistan, Yemen, Somaliland en wie waat wat nog. Niemand gaan omgee nie. Niemand gee om oor die miljoene kinders in Yemen wat doodgaan aan hongersnood nie, so ek kan jou waarborg hulle le nie wakker en dink aan Suid Afrikaners se probleme nie

MissDemeanor ·

Therese van Schalwyk. Gee jy om oor die mense in Yemen? As jy oor hul kan omgee dan kan iemand anders seker oor ons omgee. As jy nog niks gedoen het om die mense in Yemen te help nie, dan gaan niemand iets doen om jou te help nie.

Dr. Samuel van Eeden ·

Oom Kat het my en Zelda and Anton en Sonia Grobler gehelp om die klipgebou wat vandag die spreekkamer van Dr. Grobler en Wiid is, te restoureer – Madjeng. Hy was een van die eerste mense wat ons ontmoet het. Hy het persoonlik gehelp om die spreekkamer se vloere en deurkosyne te help skuur en 1000 ander dinge…hy wou net help….almal help… Gister voor die RWC Stemming in London het ek ‘n Petisie by Wêreld Rugby Unie ingehandig en dit is aan al die Hoofde van die Rugby Unies wat stem oorhandig voor die stemming – STOP SOUTH AFRICA HOSTING THE RUGBY WORLD CUP 2023. Die Petisie END WHITE FARM MURDERS met 131 700 handtekeninge het my Petisie ondersteun…die res is nou geskiedenis. Ek en baie wil graag glo dat die bewus-wording van wat in SA aangaan SAAK MAAK en ons moet nie ophou tot ALMAL in die wêreld dit weet nie…Oom Kat…ek dra die Petisie STOP SOUTH AFRICA HOSTING THE RUGBY WORLD CUP 2023 aan jou en jou geliefdes en Kuruman se mense op. THE KAT PETITION – STOP SOUTH AFRICA HOSTING THE RUGBY WORLD CUP 2023 is nou oppad na die President van Ierland en Pres. Donald Trump en ander wêreld leiers…en as iemand vra KAT? dis die legende van Kuruman wat wreed vermoor is op sy kleinhoewe ‘n dag na SA die stemming verloor het weens geweld in die land…ons sal jou nie vergeet nie oom Kat. Dr. Samuel van Eeden – oud-Kurumaniet.

Ekke ·

N14……. Skokkend daar gaan dit maar net aan en aan en aan… Sterkte vir die tannie

Tania ·

My gebede is by die familie en vriendin. Hulle huis was soos my 2de huis toe ek op skool was. So wonderlike mense. Tannie Mariaan sterkte. Madelein, Danie, Lindie en Charmain. Dink aan julle. In God sal julle vertroosting kry.

Andre ·

As Danie gewapen was kon hy homself verdedig teen die barbaarse moordenaar.

Kom ons bewapen onsself … en verdedig ons self.

Stel toegangbeheer in na die woonbuurte.

Stel aandklok tye in … geen beweging na donker!

Patrolleer die woonbuurte en “verjaag” verdagte mense en voertuie.

Stig whatsapp groepe vir die aanmelding van NOODSITUASIES.

Tania ·

Ek kan dit nie glo nie. Dit was soos my 2 de huis op skool. 2 mense wat uit hulle pad sal gaan om te help. Sterkte Tannie Mariaan. Madelein, Lindie, Charmain en Danie. Julle sal vertroosting in God kry

Erica Burger ·

Ons het die nuus vanoggend gekry, familie van aangetroude familie. Nog ‘n sinnelose moord, nog ‘n familie uitgemaar geskeur. Ons innige simpatie met hulle geliefdes.

Dalene de Vente ·

Dagsê Venus

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Irene ·

Dit sal nooit stop nie soek die grootkop agter die moorde hulle wil mos doe wit boere van die plase af he het nie ver om te soek nie

Willie ·

Hoe hartseer dat sulke onsmenslikke dade, goeie mense se lewens in n paar uur kan verwoes! Wanneer gaan dit ophou? Mens se hande voel afgekap… Mense moet hul eie huise bekruip… n Huis is se definisie n plek van geluk, vielig wees, liefde en n hawe… Hoe kan die wereld net toekyk en gesig wegdraai? Mag God jul vertroosting bring…

Fanie Groenewald ·

Ek wil maar net van hierdie geleentheid gebruik maak om alle sterkte toe te wens vir oom kat se vrou en kinders en tannie mariaan Hansie ek het nie woorde nie en tannie Mariaan wees verseker hulle sal rekenskap moet gee vir hulle dade

Yvette Enslin ·

Dit hou nie op nie, nog ‘n plaas sonder sy mense!

STERKTE ·

AGnee is dit nou regtig nodig om oumense so te verniel en te vermoor? Dit is mos belaglik man. En dit het niks met misdaad te doen nie, dit het met direkte aanvalle op plaasboere te doen om vrees in te boesem by die plaasgemeenskap sodat hulle self hulle plase en grond verlaat .. veral oumense, bejaardes wat hulleself nie meer kan verdedig nie en afgesonder op plase of plotte bly. Nogals KEEL AFGESNY? Liewe hene, is dit MENSE wat die goed aan onskuldige oumense doen? Wat se skade doen hierdie mense aan enigiemand? Baie sterkte vir die familie en vriende en sterkte aan die tannie .. wonder net steeds WAT is die motief agter die marteling van die tannie, die oom was klaar dood, hoekom haar ook nog verniel? WREEDAARDS!

Leahim ·

Ek gaan dit weer sê die aanvallers weet hoe pateties die polisie is hulle het geen vrees vir die polisie nie die boere word gesien as maklike teikens verander daai twee sieninge deur aksie en jy stop die probleem.

Zelda Engelbrecht ·

Gister in Kuruman het my ma gesien hoe 2 mans in n bakkie probeer inbreek. Syt ons “polisie” gebel en hulle het net vir haar gesê hulle het nie n bakkie nie. Toe sy in haar tru spieeltjie kyk toe sien sy n polisie bakkie en sê vir die polisie daaar is n bakkie in dieselfde straat net laer af. Nou ja . Niemand het opgedaag nie. Welgedaan kuruman “polosie”. Weereens bewys julle is nikswerd.

Fourie ·

Word die oortreders wat wel in die hof verskyn ooit verplig om hul motivering vir hierdie moorde te gee? Of is hulle soos die KGB gebreinspoel om stil te bly? Wat my pla is:- hoekom sal moordbendes vier plase verbygaan en op die vyfde plaas gaan amok maak? Daar moet tog ‘n rede wees.

jan_alleman ·

moenie bang word nie , word kwaad dit werk baie beter

Piet ·

Al die kommentaar bo is in die kol. Die buiteland (en ook die meerderheid SA blankes) het gestem om die ANC oorname te verseker. PW Botha se naam word nou saam met die van ander diktators soos Pol Pot, ens, genoem al het hy feitlik alle apartheids wette self afgeskaf. Die opvoeding van nieblankes en die oorname was ‘n geleidelike proses wat enige iemand maklik kon voorspel. Die oorname het toe wel plaasgevind (oor die opvoeding kan ek niks se nie). Wat ek wel steeds sien is dat die meerderheid Blankes in SA steeds teen die ou SA stelsel sou stem. Ek is dalk te eenvoudig om te verstaan wat het ons voorvaders gedoen dat hulle eie nasate hulle handewerk nou so verag. Is hierdie Goddelose regering dan sowaar beter as die ou regering?

Theresa ·

Wrede, korrupte, kannie-worry oor andere houding in owerheid.
Nee, hul is nie beter as enige regering wat al voorheen hier was nie.
Die onlangse verlede is net ‘n swepie om te slaan en ander te laat skuldig voel oor reëls en regulasies wat gehoorsaam was. Nou is reëls en regulasies iets wat verbreek moet word om vooruitgang te bewys en daar is nie respek vir enige lewe hier te bespeur nie. As dit nie reg is nie – is dit tyd vir die regering om dit te bewys – praat help nie meer nie.

Leahim ·

Dankie tog die buurtwag is betrokke so daar is n kans die aanvaller sal gevang word die probleem sal seker weer kom as hy by die polisiestasie aangehou moet word ek persoonlik sal hom eerder by die brandweerstasie aanhou kleiner kans om te ontsnap.

Andre ·

Hartseer tragedie. Hierdie berigte moet internasionaal gestuur word aan vriende en familie. Die stop van die Rugby2023 en toerisme sal ook help om die fokus op die moorde te sit.

Ja Nee ·

Dit bring geen vertroosting nie. Wie gaan ierna toekom om ons te help. Ons hou geen voordeel in vir die groter wêreld nie.

Flip Raath ·

Die blanke het ten spyte van talle waarskuwings in 1992 “JA” gestem hiervoor. Ter wille van sy gemaksug.

Andrea ·

Ek dink, as ek reg onthou, dit was ter wille van krieket…?

Raggas ·

Dit was ook vir rugby. Land en eie veiligheid weggegee vir rugby.

Pop ·

Cherokee jys reg. Almal het hulle probleme.Ons weet ook almal aan wie se kant oorsee is. Ons is die sleg wirmense wat dan so wreed was in die apartheid. Wat nou hier aangaan is nie van belang nie. En ook seker nie wreed nie. Is mos payback time. Ongelukkig sal ek seker nie meer leef om te sien hoe krepeer die hele land van ellende as hier net n woesterny oor is. Deesdae kan mens amper eerder in Zim gaan kans vat.

Kalahari ·

Dit is so tragies. Oom Kat was altyd bereid om te help. Sterkte aan sy familie en veral tannie Mariaan vir wat sy deurgemaak het. Tog net weer ‘n waarskuwing aan almal. Jy speel met jou lewe en die van jou geliefdes deur ‘n buitelander indiens te neem. Is jou lewe daardie bietjie wat jy spaar werd? Kom ons leer tog hieruit.

Andrea ·

Australier, baie dankie vir jou boodskap. Dis goed om te weet ons kan aanhou probeer om die buiteland in te lig oor wat hier aangaan. Dalk help dit gladnie, dalk doen dit. Geen steen moet onaangeroer gelaat word om iets aan ons situasie te doen nie.

Tina du Toit ·

Al weet die buiteland wat in SA aangaan, al verander die president, dit sal nie die mensdom se dade verander nie en geen wet sal hulle keer om te moor nie.

Anne ·

Wonder hoeveel plaaswerkers sit nou sonder ‘n inkomste. En so groei die werkloosheidsyfer by die dag.

Cherokee ·

Die hele wêreld weet wat aangaan in Zimbabwe. Geen Westerse land het ‘n weermag gestuur om die kreperende inwoners van Zim uit die moeras te help nie. Die destydse Zimbabwiese boere het met wat hulle in hul karre kon laai oor die Beitbrug gery en hier kom nes skop.
Zimbabwe is op hierdie oomblik besig om dit self te help. Dit is nie eens onmoontlik dat Suid Afrikaanse soldate gestuur sal word om mugabe en sy gespuis te gaan help. Waarom sal ‘die buiteland’ vir blankes in Suid Afrika intree terwyl hulle emosieloos toegesien het wat in Zimbabwe gebeur? Of dink julle hulle weet ook nie daarvan nie? Is ek te sinies?
Ek sou graag wou hê dat Australlië ons na hulle land nooi of selfs Suid Amerika, want Noord Amerika is te koud (sien… nou wil ek nog kies en keur ook!).

Deon Meyer ·

Moet ons nie vir Geert Wilders van die Party vir Vryheid in Nederland nader om vir ons in te tree sodat die wat wil en kan,na Nederland terugkeer nie.Meeste van ons voorvaders het immers vandaar gekom?

Cherokee ·

Deon, my voorvaders was Hugenote. As Frankryk my dus vinnig nooi met verblyfstatus kan ek wêreldrugby gaan kyk.

Johann Marx ·

FW de Klerk het gesê as jy JA stem en vir hom die mandaat gee, stem jy vir:
1. ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
2. Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
3. Ordelike hervorming en redelikheid.
4. Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
5. Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
6. Sterk en doelgerigte leierskap.
7. ‘n Eendragtige en weerbare Suid Afrika.
8. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
9. Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
10. Veiligheid, Vryheid, Voorspoed deur geregtigheid.
En die meerderheid blanke Suid Afrikaners het hom geglo……………………shame man.

Kaaiman ·

Johann, gelukkig kan ek vir my nasate (daar is nou 4 kleinkinders) met eerlikheid bevestig dat ek nie vir FW se leuens geval het nie. Ek het nie vir hierdie gestem nie.

Leunaar en verraaier ·

Almal wat so vir die liberale waardes geveg het was naief en verkeerd, en Europa en Amerika moet uit ons foute leer voor dit te laat is vir hulle en hulle ook so uitgedruk en vermoor word soos ons.

M'Lady ·

Het iemand gehelp in die Rwanda slagting? Nee. Help enige land nou wat in Rohingya gebeur? Nee. Ons is op onsself aangewese. Niemand gaan ons te hulp snel nie. Dis etniese suiwering wat net meer subtiel en stadiger uitgevoer word.

Harry ·

M’Lady, ek stem volkome saam met jou – ons is op onsself aangewese. Maar ek kan byvoeg dat ons mense nie paraat genoeg is nie, want hulle dink dat dit meestal net met ander gebeur en tref nie genoegsame voorsorg om hulself ten all tye te beskerm teen alle moontlike aanvalle nie. Nevil Norden van Lewende Woord Brummeria-gemeente het Sondag vertel van sy familie in die Messina omgewing wat deur ‘n voorheen berugte moordbende uitgelos is, want na hul inghegtenisname en ondervraging het hul vertel hoekom hul die een huis nooit kon aanval nie: ” want dit was heeltyd omring deur groot wit soldate (engele)” . Benewens goeie paraatheid, moet ons mense met opregte harte ‘n pad met die Here stap en op Sy beskerming staat maak. Ons hulp kom van die Here; Jesus het in die boek Johannes gese dat alles wat ons in Sy naam vra sal die Vader ons gee.

Liezl ·

….wreed vermoor. Dit moet in elke opskrif van moord wees. Elke moord is wreed. Sterkte aan die familie en hoop die tannie herstel. Is so jammer vir julle.

Johanna Botha ·

Kan jy jou voorstel dit gebeur met iemand van oorsee wat dalk die werelbeker bywoon …wat nou nie gaan gebeur nie.

van Es ·

I have shared this horrible news in the Netherlands. I hope one day you get heard. I feel connected to SA because there are also many dutch farmers. The dutch parlement should stand up and fight for our people! Wish you all the best! I pray for you.

South African ·

Thank you. I would emigrate to Netherlands at ANY time, it is unfortunately not that easy. If emigration to European countries was made a little easier for South Africans who are being threatened and slaughtered on a daily basis IT WOULD HELP a lot. I recently visited your country .. most beautiful country and people .. love it .. We should rather BEG from European countries to take us in, they wont get involved in a military fight in SA, but they should really start thinking about allowing South Africans into their countries. We don’t want anything for free, we just want the opportunity.

van Es ·

@south african, yes i agree there are some procedures to be able to move to the Netherlands. But if you are motivated to work and learn the languages (which should be not impossible because it is quiet the same as Afrikaans) there is a realistic chance to start a good and safe living. You are more than welcome!

van Es ·

I have shared this horrible news in the Netherlands. I hope one day you get heard. I feel connected to SA because there are also many dutch farmers. The dutch parlement should stand up and fight for our people! Wish you all the best! I pray for you.

Kuruman ·

Katta ons is verslae. Die grootmens in kinderskoene is weg. Jy was geliefd en n egte mens/mens.God
sal ons help.Kuruman mense gee om. Kom ons maak vanaand se vergadering groot.

anoniem ·

DIT IS WAAROM ONS NIE DIE BOD VIR DIE WERELDBEKER RUGBY GEKRY HET NIE!
RSA SE VERDIENDE LOON!

Sanet ·

Fourie, dit is presies wat my ook pla, dit is goed wat in die hof uitgesorteer moet word. Daar is iemand in bevel hier, ek glo in die meeste aanvalle word hierdie moordenaars gestuur deur iemand. Pasop vir die mense wat in jou diens is!!!!!

Judith ·

Dit is hoekom iets beter moet gedoen word as swart hempde dra vir een Maandag. Dit het niks gehelp nie.

J ·

Danki Hester?sterkte aan al geliefdes…alles moontlik word van almal verwag die res laat ons in SY HANDE?

? ·

Danki Hester?sterkte aan al geliefdes…alles moontlik word van almal verwag die res laat ons in SY HANDE?

Kobie ·

Meer trane word gestort oor die verlies aan n Wereldbeker eindstryd wat nie toegestaan is as wat daar geween word oor lewens verlies agv moord! Suid Afrika se prioriteite is duidelik verkeerd. Dis n oorsaak en gevolg situasie waarvan die impak nog nie ingesink het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.