Groot skade ná ‘brandstigting’ op plaas

Miljoene rand se skade is aangerig toe ‘n stoor op ‘n plaas by Koster in Noordwes glo doelbewus aan die brand gesteek is. Foto: verskaf

Skade van miljoene rande is aangerig op ʼn plaas naby Koster in Noordwes nadat iemand glo doelbewus ʼn stoor aan die brand gesteek het.

Dirk Kruger, bestuurder van die plaas Rietfontein, het gesê hulle het omstreeks 20:30 Vrydagaand onraad gemerk. “Die stoor is seker so 100 m van die eienaar se huis af en toe hulle die televisie  afskakel, het hulle geluide gehoor soos skote wat klap. Dit was waarskynlik tenks wat ontplof het,” het hy gesê.

Die buurtwag en brandweer is ontbied, maar uiteindelik is verskeie trekkers, ʼn baalmasjien, 30 ton kunsmis en verskeie ander werktuie in die brand verwoes. Dit is na raming meer as R5 miljoen werd.

“Daar is niks oor van die stoor nie. Dit lyk of iemand petrol oor die trekkers uitgegooi en dit aan die brand gesteek het,” het Kruger gesê.

“Die meeste van die bure het aangebied om ons te help met trekkers. Ons kan aangaan. Dit was duur goed, nuwe tegnologie wat in daai stoor gestaan het. Ons het dit nodig om te bóér.

“Die mense se hande is oop en dit help regtig. Ons mense weet hoe om saam te staan as daar moeilikheid is,” het Kruger gesê.

Niemand is tydens die brand beseer nie.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die Koster-polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marietta ·

En dan moet ons nog steeds partioties wees, volgens afri-forum

Hendrik ·

Marietta, wat is jou alternief? Opgee? Dit gaan niks beter maak nie.

Marietta ·

Ne?…ek Moet nogsteeds patrioties wees…en help bou….help met die nuwe grond eienaars…Gaan bars!..Dan is ek pateties

Stebastiaan ·

Dit is groot skade en dan ook nog traumaties daarby. Maar ek is dankbaar dat daar nie ook ‘n boer en sy vrou vermoor is nie. Dank die HERE daarvoor.

anni ·

Deloris, Wat moet die reserviste nou daaromtrent doen. Hulle gaan nie gebruik word om op plase geplaas te word om dit op te pas nie.

Pieter du plessis ·

As die polisie hulle werk doen sal reserviste,GPF en plaaswagte nie nodig wees nie . Ek wonder wat dink die polisie is hulle doel in SA

Manie van Worcester ·

Nou het hulle gestem en gewen, pad vir moor en verwoes is nou oop

Boet ·

Is so goed jy verbrand jou kos. Die boer verskaf kos aan baie mense. As hulle dit nie kan insien nie is hulle dommer as dom. Gelukkig is die boer en sy mense nie vermoor nie.

Blikke ·

@ Boet….ja nee my maat, grond wil ons grond he…..dit blyk dat hulle die boer wil verwilder van sy grond waarvoor hy baie hard en lank gewerk het. Genadiglik is niemand vermoor nie soos jy tereg na verwys het.

PJC ·

Ek hoop nie nie hierdie is nou ń nuwe strategie teen boere nie.

Jeremia ·

Die GRONDHONGERIGES van Zim sit nou bykans almal hierdie kant van Beitbrug. Wonder hoeveel het gestem en moet beloon word. Dis maak net GRONDHONGERIGES meer. Bykans niks plaaslik geproduseerde goedere om te eet in Zim nie – net grond vir plakplek. Weens verwoestende misdaad sal dieselfde diekant van grens geld.

Boerin ·

Nee, nou sal die boer weer die vark in die verhaal wees. Hy’t nou seker weer een van sy werkers nie reg betaal nie, of iets soortgelyks aan die een gedoen.
Sterkte. Mens voel so magteloos! Maar gelukkig dien ons n Groot, Sterk God.

MadamM ·

Dit is nou ‘n jammer dat die brandstigter nie ook saam die skuur gebrand het nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.