Groot skade na gemeenskap reg in eie hande neem

Foto: SAPD

ʼn Gemeenskap buite Burgersfort in Limpopo het die week reg in eie hande geneem en drie vermeende rowers ernstig aangerand en familielede van die verdagtes se eiendom vernietig.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die Kgautswane Makgwareng-nedersetting plaasgevind. “Dit word beweer dat gemeenskapslede drie verdagtes, tussen 21 en 26 jaar oud, vasgetrek het en hulle daarvan beskuldig het dat hulle by huisbrake in die omgewing betrokke is.”

Volgens Ngoepe is daar glo vermoedelik gesteelde goedere in die verdagtes se besit gevind. “In plaas daarvan dat die gemeenskapslede die polisie ingelig het en die verdagtes oorgegee het, het hulle reg in eie hande geneem en die verdagtes aangerand tot hulle hul beweerde vierde medepligtige geïdentifiseer het.”

Gemeenskapslede het twee huise en ʼn motor wat glo aan familielede van die verdagtes behoort aan die brand gesteek en vernietig.

Die polisie is later ontbied en het vinnig opgetree om die drie verdagtes in hegtenis te neem. Die vierde verdagte het hom later by die Leboeng-polisiestasie oorgegee.

Volgens Ngoepe is drie gemeenskapslede, tussen 33 en 41 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die geweld en word nog inhegtenisnemings verwag. Sake van brandstigting, kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld word ondersoek. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gemeenskapslede gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie en die geweld veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jannie ·

Mooi. Dis hoe mense saam staan. Nie soos die wit nasie nie. As dit wit nasie was dan was daar seker eers ‘n meeting met die Government en ‘n sub committee gestig en dan ‘n jaar later is alles nog dieselfde.

Alida ·

Dis reg leer hulle n les. Our people speel nie met our people nie.

IK ·

Eintlik vra die gemeenskap (almal van ons ook) dat lyfstraf onder toesig weer ingestel word. Die tronke sal nie meer oorvol wees en menigmaal is voel die regte medisyne.

G@tvol ·

Bybelse justice. Die families was ook heeltemal uitgeroei. Mense is moeg vir wetteloosheid en sal self inspring as die regering van die dag te sleg is om dit te doen

Moeg vir SA ·

Ek stem saam.Ek wonder hoekom het die polisie nie so vinnig opgetree toe almal onder huisbrake deurgeloop het nie???Laat hulle vry,want hulle beskerm op so ñ manier hul besittings en die polisie bied geen beskerming nie!!!!

jan ·

Die wet van die natuur,die eenigste taal wat hulle verstaan ,dit is ook die enigste manier waqt wet en ordw gehantaf kan wotd.

J. van Rensburg ·

Ek blameer die gemeenskap geensins nie – baie van vandag se polisielede is net sulke groot skelms wat dikwels letterlik ook in misdaad betrokke is en wat eerlike polisielede onreg aandoen – ons kan letterlik wonder of polisie wat deur die gemeenskap uitgeroep word, nie ook dalk deel van die “kroeks” is nie???

Sarel ·

Waar die staat die mense faal is dit n natuurlik reaksie dat die publiek self die gaping vul . Hierdie self handling sal meer male gebeur.

Elsa ·

Hemel Robbie! Waar val jy nou uit? Deesdae lyk my moet dagga vir alles die skuld kry, net soos wat apartheid vroeër vir alles skuld gekry het. Gemeenskappe moes lankal die reg in eie hande geneem het en onder hul eie mense en omgewing begin skoonmaak en ontslae raak van misdadigers. Dis net jammer van die gemeenskapslede is ook nou in hegtenis geneem.

Pierre Joubert ·

Ek wil net my opinie lig en reguit se dat ongelukkig staan ons Blankes nie saam nie , Elke ou is vir homself , en ek glo dat ons Blankes so gou moonlik moet besluit wat ons gaan doen om ons self te beskerm , daar is die Boere Legion wat opreg is wat ons blankes wil help om ons self te kan verdedig , hulle wil wit Plakkerskamer help en almal oplei dat ons ons self kan verdedig maar niemand steur hulle daaraan nie tot dit te laat gaan wees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.