Groot skade toe hardewarewinkel brand

Die brand het groot skade aan die winkel aangerig. (Foto: Verskaf)

Groot skade is aan die winkel van ʼn bekende groothandelaar in die weste van Pretoria aangerig toe ʼn brand Saterdag kort na 18:00 daar uitgebreek het.

Roland Hendricks, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die brand het die verkopeafdeling van Cosave Powerbuild & Wholesalers in Kirkney heeltemal verwoes, terwyl skade ook aan die administrasiekantore aangerig is.

Die hulp van verskeie ander brandweerstasies is inderhaas ontbied nadat lede van die Nel Park-brandweerstasie aanvanklik op die brand gereageer het.

(Foto: Verskaf)

Teen Sondag was brandweerlede steeds besig om te keer dat enige smeulende gedeeltes weer opvlam.

Volgens Hendricks is niemand in die voorval beseer nie.

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Byekonfyt ·

Mens wonder hoe die brand ontstaan het. Terloops, my Afrikaans juf. het altyd die horries gekry as mens praat van hardewarewinkel. Dit moet ysterwarewinkel wees…..

Elize ·

Jou juffrou is van die pad af. Hulle verkoop beslis nie net ysterware in so ‘n winkel nie

Vriendelike Frikkie ·

Ek het by 2 vorige geleenthede onveilige werkspratyke aan van die werkers uitgewys. Die laaste was 2 weke terug toe ‘n sweiser ongeveer 5m van die gasaanleg af gesweis het. Hulle was besig om bottels te vul. Die jong man het dit afgelag en gesê hulle “is versigtig”. Die brand en skade is uiters hartseer, maar nie ‘n verrassing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.