Groot skenking vir baba wat byna verdrink

Aiden Roberts. Foto: Verskaf

Aiden Roberts. Foto: Verskaf

Die radiostasie JacarandaFM se bekende Good Morning Angels-program het Woensdag ‘n reuse bedrag geskenk vir die mediese onkoste van Aiden Roberts, die 18-maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat verlede week byna in ʼn swembad verdrink het.

Clarise, Aiden se ma, het aan Maroela Media gesê sy het nie woorde om haar dankbaarheid te beskryf nie. “Ek kan nie eers verduidelik hoe ek gevoel het toe hulle my bel nie. Daar is nie woorde nie. Dit is nog twee dae se hoësorgeenheid-geld. Ons is so dankbaar,” het sy gesê. Good Morning Angels het R50 000 aan die gesin geskenk.

Aiden word sedert hy in die swembad beland het, onder verdowing gehou in die hoësorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Maroela Media het vroeër berig sy oupa het per abuis die hek na die agtertuin oopgelos omdat hy onder die indruk was dat Aiden saam met sy ouers winkel toe is. Clarise het kort daarna by die huis gekom en haar kind in die swembad sien dryf met sy gesig na onder.

“Dit gaan nou baie beter met Aiden en sy bloeddruk is stabiel,” het Clarise gesê. “Hy is nog op ʼn ossilator om hom te help asemhaal en hulle hou hom onder verdowing tot hy op sy eie kan asemhaal. Hy is baie woelig en selfs onder verdowing beweeg hy baie rond, wat ʼn goeie teken is. Ons wen hierdie ding stap vir stap. Die Here is baie goed vir ons.”

Volgens Clarise word die trust wat gestig is om Aiden se mediese onkoste te dek deur ʼn prokureur hanteer wat die skenkings en betalings monitor. “Met JacarandaFM se skenking het ons nog genoeg geld om [Aiden] tot Saterdag in die hoësorgeenheid te hou en ons is baie dankbaar daarvoor. Ek fokus nie te veel op die geld nie, want ek wil net daar wees vir my kind sodat hy gesond kan word,” het sy gesê.

Luister na die JacarandaFM-uitsending hier.

Klik hier om tot Aiden se mediese onkostes by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ina Smith ·

Baie bly daar oor .. kan hulle ook iets doen vir ‘n persoon wat dringend ‘n nier oorplanting moet kry ??

Clyvia ·

Dankie Good Morning Angels julle is waarlik Angels. Hoop die kleinman word gou gou beter.

marie ·

Dis wonderlik. Good Morning Angels is voorwaar n wonderlike instansie. hulle het vir my vriendin Luday van der Merwe in Desember maand geld geskenk om op vakansie te gaan. hy is verlam in n rooftog.

marie ·

Dis wonderlik. Good Morning Angels is voorwaar n wonderlike instansie. Hulle het vir my vriendin se kleinseun Luday van der Merwe in Desember maand geld geskenk om op vakansie te gaan. Hy is verlam in n rooftog.

Nina ·

Dis die mooiste dingetjie! Mag hy sommer vinnig op die been wees…x

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.