[Foto’s] Groot skenking vir Witbank-werkers

Witbank

Vrywiligers help kos aandra. Foto: Verskaf

Solidariteit Helpende Hand het op 19 Februarie kospakkies van altesaam agt ton uitgedeel by wat moontlik die eerste van vele uitdeelaksies in die gebied gaan wees. Nagenoeg 2 187 mense is deur die afleggings by onderskeidelik Highveld Steel en Vanchem Vanadium Products geraak, waarvan 300 Solidariteit-lede is.

Solidariteit-lede het by ʼn plaaslike kerk bymekaargekom om ʼn ledevergadering te hou, waar ʼn noodplan van die vakbond en Helpende Hand bespreek is. Die vakbond het lede met CV-opdaterings ondersteun en Helpende Hand het kospakkies verskaf om hul nood te verlig. Die kospakkies bevat genoeg nie-bederfbare voedsel vir ʼn gesin van vier vir twee weke. Babadoeke en Wet Wipes is ook uitgedeel.

Volgens dr. Danie Brink, hoof uitvoerende beampte van Helpende Hand, is die nood in die Witbank-area onmiddellik en baie groot: “Die mense het nie meer kos in hul kaste gehad nie, maar danksy die kospakkie is die mense se nood tydelik verlig,” het Brink gesê. “Hierdie stap is ook net die eerste tree om die mense van Witbank se nood te verlig. Ons gaan op 4 Maart weer ʼn uitdeelaksie hou en wil mense aanmoedig om ons hande te vat en skenkings te maak.”

Beide Brink en Croucamp het vroeër ’n dringende beroep op die publiek gedoen om te help. “Tydens die AMCU-stakings het ons baie hulp van die boere in die Rustenburg-omgewing ontvang. Nou word die land deur droogte en swaar ekonomiese tye geteister. Ons het beslis die publiek se hulp nodig om hierdie mense by te staan en die onmiddellike nood te verlig,” het Brink gesê.

Solidariteit en Helpende Hand versoek die publiek om te help deur “Witbank” na 38969 te SMS en R10 aan die afleggingsnoodfonds te skenk, of www.helpwitbank.co.za te besoek vir Helpende Hand se bankbesonderhede om groter skenkings aan die Witbank-afleggingsnoodfonds te maak. Daar is ook ʼn lys van voorgestelde voedselskenkings.

Die publiek kan skenkings soos nie-bederfbare voedsel by die volgende kantore aflaai:

Solidariteit Witbank
Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Roete N4 Besigheidspark, Ben Fleur X11, Emalahleni (Witbank)
Kontakpersoon:
Cornelius van Leeuwen
Sel: 082 870 2030

Centurion
Helpende Hand Hoofkantoor – H.v. DF Malan- en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion
Kontakpersoon
Johan Nel
Tel: 012 644 4390

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

moeks ·

Is dit nie moontlik om hierdie mense te help om te registreer vir toelae nie, veral die vir kinders waar beide ouers nie werk het nie? Dankie aan al die mense wat help, mag jul ryklik geseen word.

Karma ·

Moeks, die kindertoelae in dié land, word gereserveer vir die anderskleuriges. Vir die blankes word daar gesê hulle moet gaan werk soek.

Johann ·

Stuur SMS nommer vir almal op julle Facebook en Whats App! Laat ons hierdie mense help asb!

Pieter Redelinghuys ·

Pieter Sou graag wil help maar ek sit ook al 3 jaar sonder werk met geen inkomste afhanklik van my vriend wat my help.Gisteraand se ete was n bord rys maar dankbaar daarvoor.

Christo Visagie ·

My hart gaan uit na jou toe,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,en so ook al die mense wat bitter swaar kry, ek is oor so 4 maande ook sonder werk.

NEL ·

Baie dankbaar vir die mense wat hulle harte oop maak vir die 300 Solidariteit mense, wat gebeur met die res wat nie aan die beweging behoort nie. Dit is definetief nie die laaste myn of fabriek wat gaan sluit nie. Wonder wat gaan die nikswerd regering van ons doen om die mense te akkomadeer in die moeilike tyd.Sal ook graag wil weet wat Zuma en Kie gaan doen om te verhoed dat die land se ekonomie ten gronde gaan. Luister heel week na die debatte in die parlement maar hoeveel van dit wat belowe is gaan werklik iets van kom.

Belinda ·

Die ander werkers behoort aan Numsa so hul moet maar sorg vir hulle. Nie almal kan gehelp word nie te veel mense sonder werk.

Hanli ·

Zuma!!!!!!! jou land is besig om in mekaar te val. Maak jou oe oop en sien die GROOT prentjie raak. BEE is apartheid in reverse.

SENET ·

Dankie Solidariteit wat julle doen is wonderlik. SASSA probeer hulle ekt n blanke vriendin wat reg gekom het daar sy en haar man het altwee geen inkomste en sy kry n bedraggie vir haar 2 kinders dis min maar darem iets. Ek dink tog ons blankes mag ook bietjie van die staat hulp kry of darm probeer.

Klaas ·

Die mense moet asb net onthou om hulle werkloosheidsversekeringseise in te dien. Dit het my vir 7 maande lank van ‘n ekstra geldjie voorsien. Dis nie ‘n guns nie – jy het daartoe bygedra – dis jou reg!!

Cheryl ·

Blykbaar het Highveld nooit die UIF wat hulle afgetrek het oorbetaal nie.

Johann ·

Klaas, ek stem saam met jou. Al is dit dalk min, alle bietjies help. Jy werk hard daarvoor. Ek was voorgesê om myne te laat los en het dit verloor. So asseblief mense, help veral julle kinders. Sterkte.

Liewe heksie ·

Ag my liewe Vader my hart skeur uitmekaar ek nog op die oomblik van die gelukkige wat nog n werk het en ek sal my bydrae maak Kom SA nou is die tyd om ons die mense te help

Avie van wyk ·

Hi is daar dalk enige enige mense wat elektriese agtergrond het wat hulle cv vir my kan stuur

Elsa ·

Al het Highveld UIF afgetrek en nie oorbetaal mag die lede werkloosheids eis, moet net kan bewys op laaste betaalstrokie dat hul afgetrek het. Dus die werkgewer se verantwoordelikheid om dit oor te betaal !!!!!

Tallie ·

onthou indien julle kan eis van UIF da moet dit binne ses maande gedoen word ek het myne verloor agv 6mnde

yvette ·

My man het 15jaar daar gewerk.hy was die enigste een wat gewerk het so ons het nou geen inkomste nie. Ons is baie positief en ons sal nie gaan le nie. Ons het 3 kinders so ons moet sterk wees vir hulle. Baie dankie vir almal se hulp met die skenkings. Dit maak die las van die stres net (bietjie) minder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.