Groot skok toe sy dink verloofde is geskiet

Wayne Champion in die hospitaal. Foto: Facebook

Wayne Champion in die hospitaal. Foto: Facebook

Die polisie ondersoek glo ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn Johannesburgse man ʼn noodoperasie moes ondergaan toe ʼn klip op die N2 naby Port Edward, KwaZulu-Natal deur sy motor se voorruit gegooi is.

Volgens Wayne Champion was hy en sy swanger verloofde, Marina Kent, op 2 Januarie op pad na Port Edward toe ʼn baksteen van ʼn brug af deur hul motor se voorruit gegooi is. Die baksteen het Champion teen sy linkerarm getref en diep snywonde veroorsaak.

“Op ʼn eienaardige manier het ek gesien hoe die baksteen op die motor afkom, maar dit het so vinnig gebeur, ek was magteloos,” het Champion gesê. “Marina was in ʼn toestand en het aanhou skree ek is geskiet. Ek het geweet ek is nie geskiet nie, maar wel wat die skade was.”

Volgens Champion het hy ʼn ent aangery voordat hy die stuur aan Kent oorgegee en sy met hom na die Netcare Margate-hospitaal gejaag het. Daar het dokters ʼn noodoperasie gedoen om die wonde aan sy arm te heg.

“Dit was nie ʼn ongeluk dié nie, dit was met opset gedoen. Hulle het ons probeer doodmaak. Die beserings was baie minder as wat almal gedink het. Daar was geen gebreekte bene nie, maar wel massiewe snywonde aan my boarm en voorarm.”

Champion het Maandag aan Maroela Media gesê hy herstel goed ná die voorval, maar verduur steeds erge pyn. Hy het gesê ʼn saak van poging tot moord is by die Hiberdene-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie kon dit egter nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Francois le Cochon ·

Indien die baksteen gooier iets rasisties gees^ het, was hy nou lelik in die moeilikheid.

Deloris ·

Goeie hemel ……. die man kon dood gewees het …. hoe spoor ‘n mens nou daardie “skollie” op ??? Die volgende person gaan dalk nie so gelukkig wees nie. Maar as ons boere optree en is alle hel los …………….. hoe werk hierdie onregverdige lewe !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Theresa B ·

Dit is darem erg. Jy “mind your own business” en hierdie gemors doen sulke dinge. Dit wys jou nou maar net. Jy is nêrens veilig nie en hulle kom weg met alles.

Boetman ·

Rooi liggies flikker al klaar weer. Die polisie kon nie bevestig of ‘n saak aanhanging gemaak is nie. Hoeveel moordsake het Hibberdene dat dit so moeilik kan wees?

DPJ ·

Op universiteit en kolleges word die vaardighede aangeleer tydens betonings nie lewensvaardighede en kennis nie. Daarom die verlagde fooie aanvra waarvoor ANC te graag toestem. Leer geweld en onlus aan e, kyk hoe vinnig SA kan val. Hulle kan dit net sovel in die veldskole leer met baie lae koste.

Hendrik ·

Ek het vir ses jaar vir die firma wat Glassfit se windskerms gemaak het gewerk, en n baksteen is nie veronderstel om deur n windskerm te gaan nie. Windskerms is getoets om klippe ens uit te hou tot op n spoed van 140 km/h. Maar nou word dit ingevoer en is van n laer gehalte, al se hul dit voldoen aan die standaarde. Dit word in gevoer met die sabs merk ens.

Suzette ·

Hendrik weet jy dan nie ALLES DEESDAE IS “MADE IN CHINA”. Dis hoekom. In hierdie land is daar nie meer hoë gehalte nie, absoluut niks nie. En moenie wonder hoekom nie. Ek dink almal weet!

Johan ·

Sterkte aan julle Wayne…!!!!
Lafaards soos die baksteengooier het nie die guts om voor jou te kom staan en dit te doen nie

pieter ·

Hoor hoor!! Nog ‘n rede om te kerm en nog ‘n rede om agter oor te sit en niks te doen nie..TROTS AFRIKAANS.

Ria ·

Ek is so bly dat jou lewe gespaar is, julle een van die gelukkiges, dank die Hemelse Vader daaroor, my vriendin is Nov 2014 oorlede agv ‘n groot klip /rots, wat deur hulle voor ruit gegooi is, ook van ‘n brug af naby PTA . Wanneer gaan die regering wakker skrik en iets daaromtrent doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.