Groot soektog na 12 wat ontsnap

Argieffoto (Foto: Ichigo121212/Pixabay)

Die polisie in Koster in Noordwes het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na 12 verhoorafwagtende gevangenes wat Maandagoggend vroeg uit aanhouding ontsnap het.

Die voortvlugtiges, tussen 20 en 40 jaar oud, het deur ʼn gat in die muur ontsnap, het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Twee van die gevangenes is reeds weer in hegtenis geneem. Die voortvlugtiges staan tereg op verskeie aanklagte soos aanranding, roof, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”

Die polisie versoek enigiemand met inligting om kontak te maak met die polisie by 082 373 9689.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

‘Only in Africa”. Ja en vir plaasmoord en sekerlik aanval. Plaasmoord in Suid Afrika is mos diefstal.

Fedup

Magical walls in prison.
They’ve got holes in it?

Renee

Deel van die 19000 wat vrygelaat is hulle seker gehelp help het sonder werk en heenkome dankie regering jlle bied vir ons n’ rustige nag toe met die klok reel. Hier kom nog n’ on erkende plaasmoord Dankie Ramaposie en kie

marius

Die beamptes aan diens het oorpluisies gaan koop want die gekappery het hulle wakker gehou ….

Willem

Die gat in muur is vir ventilasie. Dit hou mos die virus weg