Groot soektog na leeumannetjie uit wildtuin ontsnap

'n Leeumannetjie. Argieffoto: Sanparke

‘n Leeumannetjie. Argieffoto: Sanparke

Sanparke het ʼn soekgeselskap van nagenoeg 20 mense op die grond om te help soek na ʼn drie jaar oue leeumannetjie wat Vrydag glo uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het.

“Ons is steeds op die leeu se spoor en vermoed dat hy op ʼn private plaas is,” het Fayroush Ludick, woordvoerder van Sanparke, Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Karel ‘Pokkie’ Benade, ʼn meesterspoorsnyer en twee van sy spoorsnyerspan het by die soekgeselskap aangesluit. Die span het vroeg vandag sowat 21km wes van die park se grens, waar die leeu se spoor die laaste keer opgemerk is, begin soek.” Sy het gesê die gebied is bergagtig wat die soektog bemoeilik.

Ludick het Maandag in ʼn verklaring gesê die leeumannetjie is glo deur ander leeus verdryf. Hy het onderdeur die heining aan die weste kant van die park ontsnap deur ʼn gat wat weens reën gevorm het.

’n Boer het die leeu se spore gesien en die Sanparke in kennis gestel, waarna die soektog van stapel gestuur is. Sanparke het mense en boere in die omgewing gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die leeu. Mense wat die leeu sien kan Brian van der Westhuizen van Sanparke by 023 415 2828 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Asseblief nie!! Netnou verdrink die arme dier in daardie massiewe FIRE POOL!!!

scalla ·

Kom ons speel leeu leeu, die een ou brul en die ander ou bevuil homself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.