Groot soektog na mans wat koperkabels steel

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Die polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn groep mans wat ʼn onderneming beroof en koperkabels ter waarde van R200 000 gesteel het.

Birg. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 37-jarige vroulike veiligheidswag was op 10 Maart saam met haar kollegas aan diens by die onderneming in Almaweg in Welkom toe hulle omstreeks 23:45 ʼn geluid gehoor het.

“Hulle het gaan ondersoek instel en is oorval deur ʼn groep onbekende mans wat vuurwapens op hulle gerig het. Die verdagtes wou hoor of daar enigiemand anders aan diens is. Die verdagtes het om die perseel gestap en op ander werknemers, wat ook aan diens was, afgekom. Hulle is almal in een vertrek ingeboender,” het Makhele gesê.

Een van die verdagtes het wag gehou oor die personeellede en die ander het by die stoorkamer ingebreek waar hulle koperkabels ter waarde van R200 000 gesteel het voor hulle van die toneel gevlug het. “Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die verdagtes is nog nie uitgeken nie.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan met sers. Tsiliso Nthaba in verbinding tree by 057 391 6245.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

007 ·

Twee mense dra nie R200000 se koper kabel nie, hulle moes hulp gehad het of n voertuig?

Pampoen ·

Die skade wat aangerig word met die diefstal van koper kabels is enorm. Dan word dit vir ‘n appel en ‘n ei aan skroothandelaars verkoop. Daar is net een oplossing: Maak die handel dryf in herwinde koper onwettig. Die skroothandelaars mag dit dan nie koop of verkoop nie. Die verlies as gevolg van ou koper wat verlore gaan is weglaatbaar klein in vergelyking met die skade aan toerusting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.