Groot soektog na mans wat uit selle ontsnap

Gomolemo Chacha (24) en Ditshebi Eric Molaetsi (28) het uit die aanhoudingselle by die Wolmaransstad-polisiestasie ontsnap. (Foto: Verskaf)

’n Grootskaalse soektog is onderweg na twee verdagtes wat Saterdag uit die aanhoudingselle by die Wolmaransstad-polisiestasie in Noordwes ontsnap het.

Gomolemo Chacha (24) en Ditshebi Eric Molaetsi (28) was albei verhoorafwagtend toe hulle omstreeks 16:20 saam met ses ander verhoorafwagtende verdagtes ontsnap het. Die ander ses is tussen Saterdag en Sondag weer aangekeer.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ʼn polisiebeampte oorrompel, die sleutels van die aanhoudingselle gevat en eindelik gevlug.

Die verdagtes staan almal onder meer op aanklagte van moord, gewapende roof, huisbraak en huishoudelike geweld tereg.

Lede van die publiek word versoek om nie self te poog om die verdagtes aan te keer indien hulle die twee mans gewaar nie, maar eerder hul naaste polisiestasie te kontak aangesien die mans as gevaarlik beskou word.

Kapt. Constance Motswang, bevelvoerder van die speurafdeling, kan by 060 ‪970 9358 gekontak word. Anonieme wenke kan ook by die polisie se stopmisdaadhulplyn by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Die stasie is gereeld in die Nuus weens ongerymthede, Kan daar nie opgetree word nie?

Di ·

Nee wat, ek glo nie dat dit die waarheid is nie. DIT raak nou ‘n TE algemene ding en is kommerwekkend. Ondersoek hierdie saak deeglik en die werklike een agter als sal vasgetrek word.

Maritza ·

Die probleem is dat baie lede van die SAPD net die werk doen om ‘n werk te he. Geen pasie nie so dan gee hulle nie om om vir skamele bedrag ander pad te kyk nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.