Groot soektog ná Thabazimbi-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

OPVOLG: Groot deurbraak ná boer se moord

Die polisie in Thabazimbi, Limpopo, het ʼn groot soektog van stapel gestuur op soek na die mans wat Bertie Cilliers (54) Vrydag op sy plaas aangeval het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Cilliers se seun het omstreeks 14:00 sy pa in die kombuis aangetref by Spitskop-kleinhoewe. Cilliers het op die grond gelê. “Hy is verskeie kere geskiet,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het verskeie koeëldoppies op die toneel gevind. “Dit is nog nie in hierdie stadium duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie.”

Cilliers se voertuig, ʼn Ford Ranger, is ʼn paar kilometer daarvandaan verlate aangetref.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie-ondersoek duur voort,” het Ngoepe bygevoeg.

OPVOLG: Groot deurbraak ná boer se moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elize

Doodstraf……

Klip in die bos

Nou vra ek julle met trane in my navy blue eyes. Verdagtes word gesoek en die publiek se hulp word gevra. Maar kyk wat gebeur met die 2 mans met die kis storie. Toe hulle die man vang wat kabels steel toe word daar groot bohaai opgeskop omdat die mense konsuis reg in eie hande neem. Die kwaaddoenners weet hulle het verkeerd gedoen en sit n kabaal op as hulle wel aangekeer word. Deur Polisie of te nie. Nou hoe de donkie kry mens hulle om stil te staan en oor te gee sonder ‘n geveg en gestoeiery. Wat ‘n… Lees meer »

Annie

Liewe hemel kan iemand my dalk sê wanneer gaan hierdie moordenaars van plaasboere besef dat dit die mense is wat hierdie land van voedsel voorsien????!! En dan moet ‘n mens nie verbitterd raak nie!!!

Hennie

Het Bertie die aanval oorleef?

Johan

Mariela Media. Kan julle berigte dalk meer volledig wees? Het die boer die aanval oorleef? Moet ons maar raai?