Groot soektog ná Thabazimbi-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

OPVOLG: Groot deurbraak ná boer se moord

Die polisie in Thabazimbi, Limpopo, het ʼn groot soektog van stapel gestuur op soek na die mans wat Bertie Cilliers (54) Vrydag op sy plaas aangeval het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Cilliers se seun het omstreeks 14:00 sy pa in die kombuis aangetref by Spitskop-kleinhoewe. Cilliers het op die grond gelê. “Hy is verskeie kere geskiet,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het verskeie koeëldoppies op die toneel gevind. “Dit is nog nie in hierdie stadium duidelik of enigiets uit die huis gesteel is nie.”

Cilliers se voertuig, ʼn Ford Ranger, is ʼn paar kilometer daarvandaan verlate aangetref.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie-ondersoek duur voort,” het Ngoepe bygevoeg.

OPVOLG: Groot deurbraak ná boer se moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Klip in die bos ·

Nou vra ek julle met trane in my navy blue eyes. Verdagtes word gesoek en die publiek se hulp word gevra. Maar kyk wat gebeur met die 2 mans met die kis storie. Toe hulle die man vang wat kabels steel toe word daar groot bohaai opgeskop omdat die mense konsuis reg in eie hande neem. Die kwaaddoenners weet hulle het verkeerd gedoen en sit n kabaal op as hulle wel aangekeer word. Deur Polisie of te nie. Nou hoe de donkie kry mens hulle om stil te staan en oor te gee sonder ‘n geveg en gestoeiery. Wat ‘n klug is ons regstels .

Cherokee ·

Vra daardie vraag ondermeer ook aan die klomp kommentaarders van hierdie einste forum wat soos wolwe gehuil het in die kommentare van die eerste berigte oor die geval waarna jy verwys.

Annie ·

Liewe hemel kan iemand my dalk sê wanneer gaan hierdie moordenaars van plaasboere besef dat dit die mense is wat hierdie land van voedsel voorsien????!! En dan moet ‘n mens nie verbitterd raak nie!!!

Staalbeer ·

Nee, ongelukking het Bertie Cilliers dit nie gemaak nie. Sy van is nie Villiers nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Staalbeer

Dankie vir die terugvoer. Ons vra om verskoning, die polisie het sy van verkeerd aangedui, ons wysig die berig.
Kontak ons asseblief by [email protected] indien jy moontlik kontakbesonderhede van die familie beskikbaar kon maak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johan ·

Mariela Media. Kan julle berigte dalk meer volledig wees? Het die boer die aanval oorleef? Moet ons maar raai?

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan

Dit is die volledige inligting wat ons tans het. Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

callie ·

Al wanneer MM volledig berig en kleur van oortreders weergee is as dit wit was wat iets gedoen het. Sal heel moontlik net nog n statistiek wees. Word hulle gevang sal borgtog geen probleem wees nie en na 5 jaar is hulle uit.

Jacqueline ·

Oom Bertie, ek het Oom nie geken nie, maar het geweet van Oom deur my man wat saam Oom gewerk het. Ek hoop en bid van harte dat wie ookal hiervoor verantwoordelik is sal boet vir hulle dade. My hart gaan uit na Oom se kinders wat nou alleen agterbly. Mag Ons Hemelse Vader vertroosting bied in die hartseer tyd.

Bywoners ·

Boere moet vele bywoners op plase kry sodat hulle nie alleen bly of sagte te teikens is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.