Groot soektog na vermiste Centurion-tiener

Lees ook:
Centurion-tiener gevind

Caru-Mari Coetzee.

Caru-Mari Coetzee.

ʼn Grootskaalse soektog is na ʼn 14-jarige meisie van Centurion van stapel gestuur nadat sy Vrydagaand uit haar ouerhuis in Rooihuiskraal verdwyn het.

Herman Coetzee het aan Maroela Media gesê hy, sy vrou Linda en hul 14-jarige dogter Caru-Mari was Vrydagaand tuis en het televisie gekyk. “Caru-Mari het so 21:20 gesê sy gaan nou slaap. Ek en my vrou is so 23:15 bed toe en het gesien Caru-Mari is nie in haar kamer nie.”

Volgens Herman het sy dogter altyd ʼn klein rugsakkie by haar en is haar selfoonlaaier ook nie meer by die huis nie. “Haar WhatsApp wys sy was net na 22:00 Vrydagaand die laaste keer aanlyn. Ek het vir haar ʼn boodskap op WhatsApp gestuur en dit is kort na 02:00 afgelewer. Sy het dit egter nie gelees nie en haar selfoon is sedertdien af.” Herman het gesê hulle het reeds al Caru-Mari se vriende gekontak maar sonder sukses.

Die gemeenskap van Centurion, tesame met verskeie gemeenskappolisiëringsforums en ander organisasies, het intussen ʼn grootskaalse soektog na Caru-Mari van stapel gestuur nadat die nuus oor haar verdwyning op die Facebook-groep People who live in Centurion gedeel is. Die groep het meer as 27 000 lede.

Verskeie mense op die blad het aangebied om na Caru-Mari te help soek en ʼn soekgeselskap het om 17:00 by Kerk Sonder Mure in Hendrik Verwoerdrylaan bymekaar gekom om na haar te begin soek.

Caru-Mari is ʼn gr. 9-leerling aan die Hoërskool Zwartkop. Enigiemand met inligting kan Herman kontak by 082 699 3727.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Petro ·

Hierdie klink meer vir my of sy self weggeloop het, want as die laaier en haar rugsak nie meer daar is nie, en die tye wat sy op whatsapp was het sy dit met iemand beplan. Miskien moet julle probeer ‘n rekord van haar selfoon kry, sodoende kan jul meer spesifieke inligting bekom. Wonder of sulke jong meisies besef wat hul doen aan hulself en aan hul ouers. Ek bid vir julle as ouers en dat sy veilig sal terugkeer huistoe.

Elize De Clercq ·

Dit is so hartseer as kinders net so verdwyn. Mens weet nooit wat om te dink nie en kan ook nie net agteroor sit en hoop vir die beste nie. Ek bid dat sy spoedig en ongedeerd opgespoor word.

Elmarie ·

Die meisiekind het weg geloop. Ek hoop sy kom in een stuk terug. Sterkte vir die ouers, dit moet hulle mal van bekommernis maak.

Christelle ·

Post hierdie op Missing Minors Pink Ladies – hulle het baie sukses. Maak nie saak wat die omstandighede, sy moet opgespoor word

kobus Erasmus ·

Wat ookal die omstandighede ek dink en bid vir julle….mag Sy genade genoeg wees…

Ben ·

Let wel:
As die meisie wel weggeloop het – en daar geen huislike faktore is soos dat sy mishandel word nie – dan verdien sy ‘n goeie pakslae wanneer sy gevind word. Dit is belaglik die kommer wat so ‘n insident veroorsaak en die uitgawes van die belastingbetaler terwyl daar werklike gevalle is van ontvoering ens waaraan die mannekrag bestee kan word.

Kan daar nie wetgewing inkom of iets wat, indien dit wegloop van huis is, die persoon moet teruggee aan die gemeenskap nie deur gemeenskapswerk of so? Dis net te ‘maklik’ om weg te loop.

Desia taylor ·

Ek stem heeltemaal saam as sy wel so stout wegeloop moet haar ouers haar goed pak gee. Hoop sy word veilug gevind

Lezette ·

Ek stem saam! Gemeenskapsdiens en n goeie pak slae. 99% is dit net omdat hulle nie hulle sin kry nie en aandag soek.

A van Tubbergh ·

Meeste ouers probeer hul bes as dit by kinders grootmaak kom. Wat vir die een werk , werk nie noodwendig vir die volg een nie. Tieners verstaan partykeer nie dat wegloop nie n antwoord is vir hul probleme nie. Sterkte aan die ouers ek bid vir julle.

Janette Viviers ·

My hart gaan so uit na jul as ouers. Kan my nie v 1 oomblik in jul skoene plaas nie. Maak nie saak wat die situasie veroorsaak het nie dit bly ondenkbaar. Ek bid dat Jesus haar beskerm en veilig na jul sal terugbring. Dat Hy jul wysheid sal gee om die situasie op meriete te hanteer tot eer v Sy Naam. Sterkte !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.