Groot soektog na vermiste Krugersdorp-seuntjie

Matthew Ryan Olivier wat op 27 Desember 2015 in die Tarlton-omgewing verdwyn het

Matthew Ryan Olivier wat op 27 Desember 2015 in die Tarlton-omgewing verdwyn het

JONGSTE: Matthew se liggaam is ongelukkig Dinsdag gevind. Lees meer.

ʼn Groot soektog is van stapel gestuur na die vyfjarige Matthew Ryan Olivier wat Sondagaand op Groenplaas in die Tarlton-omgewing naby Krugersdorp in Gauteng verdwyn het.

“Matthew het laat die middag gaan buite speel,” het sy ouma, Sharon Ansara, Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê. “Hy wou buite saam met die meisiekinders gaan speel, omdat die seuns bordspeletjies gespeel het. Maar toe ek ongeveer 10 minute later, omstreeks 18:00, hulle gaan roep om op te pak en in te kom, was hy nie by hulle nie.” Die twee dogters is nege jaar oud.

Sharon het gesê die hek was oop en hulle is nie seker of die hond uitgehardloop het en Matthew agter hom aan is nie.

“Hy het al vantevore verdwyn, maar dan het ons hom sommer binne ʼn paar minute weer gekry – hy gaan nooit ver van die huis af weg nie,” het sy verduidelik.

Sharon en haar man, Lawrence, woon saam met hul drie kleinkinders en drie peetkinders op Groenplaas. “Dit is baie groot. Daar is so drie huise bymekaar, dan weer ʼn groot oop stuk en dan weer ʼn paar huise bymekaar,” het sy verduidelik.

Sy het gesê die polisie se honde-eenheid en bure het hulle Sondagaand help soek. Hulle het Maandag teruggekeer en tot 22:30 weer die hele plaas deursoek en met ʼn helikopter ook uit die lug probeer soek. “Daar was ook klomp vrywilligers wat met hul bakkies en motors gekom het om te help soek,” het sy gesê.

Dit het Sondagaand en Maandagaand gereën, maar sy sê daar is nie ʼn teken dat daar iemand vreemd op die plaas was nie. “Dit voel so vreemd, dit voel of ons iets mis. Hoe verdwyn ʼn kind binne 10 minute van die aardbol af?” het sy gesê. “Die twee seuns, agt en 13 jaar oud, het selfs in gate gekruip om te kyk of hulle hom nie kry nie – daar waar die helikopter nie kan sien nie.”

Sharon het gesê die soektog hervat Dinsdagoggend.

Matthew het blonde hare. Hy het ʼn oranje T-hemp en oranje kortbroek aangehad toe hy verdwyn het.

Matthew Olivier

Matthew Olivier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

PAM ·

EK HOOP TER HARTE DAT DIE SEUNTJIE OPGESPOOR WORD. KAN MY NIE INDINK WAARDEUR DIE FAMILIE MOET GAAN NIE. ABBA VADER HOU ASB U HAND VAN BESKEREMING OOR MATHEW

Michelle De Jager ·

Het nou net gehoor hy is oorlede. Baie sterkte aan die familie

Sune van Heerden ·

Dagsê Michelle

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Liz ·

Is daar enige nuus oor Mathew. Ek het ook n kind verloor. Sterkte aan die familie

Leonora Taljaard ·

Mense ek het probeer om op elke moontlik plek sy foto te share, my hart gaan uit na die familie. Dit gebeur so gou, mag hy veilig terugkom

Gerhardt ·

Ek waardeer Maroela se hulp met sulke gevalle. Ek bid dat die seun gevind word.

Veronica ·

Mog die liewe Vader die klein seun bewaar, mag hulle hom vind. Mathew ons bid vir jou en jou ouma en al jou maaitjies ook vir jou trugkoms.

Stephne ·

Soek op die plaas waar hy gespeel het hulle aal hom daar kry. Hy is nie gevat nie.

Eliza-beth ·

Mens wil liefs nie dink wat dalk kon gebeur het nie. Mag hy dalk net van moegheid êrens aan die slaap geraak het en wel self tevoorskyn kom, ek bid regtig dat dit iets heel simpels is en dat hy veilig is. Ek bid saam met almal vir sy spoedige en veilige terugkeer! Hou ons asb op datum Maroela!

martie ferreira muller ·

My hart gaan uit na daai ouma en oupa. Julle is in ons Gebede.

Madalaine Burger - PE ·

Glo in die Krag van Gebed, dat elkeen wat hierdie berig lees bid dat Jesus hom sal terugbesorg en sterkte aan al die familie- bly Glo net. Dink aan jul en bid vir jul.

Sarie ·

Hy is nie dalk in ‘n yskas of vrieskas nie…. Dit het al ‘n hele paar keer gebeur……

Tania ·

Ai julle my hart breek vir julle . Maar ons God is groot. ABBA VADER ontferm U asb oor Matthew. Vader U hou die heelal in die palm van U hand. Hou hom veilig asb. Lei sy ouers deur U gees na waar Matthew is. Dankie Vader. AMEN

lynette groenewald ·

Nou moet alles ingesit word. Tyd is nou die vyand

Ronel Nieuwoudt ·

Ai dis baie erg! ons bid dat hierdie klein seuntjie spoedig ongedeerd gekry sal word.

Ashtia ·

Dit is baie erg.
Ek kan my nue eers indink dat so iets met my familie moet gebeur nie.
Hy dalk iewers ingeklim om weg te kruip en kannie uit nie. Sterkte aan almal wat soek. Xx

Sune van Heerden ·

Dagsê ME

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eva ·

Sopas gelees dat hy oorlede is. Verdrink? Maroela kan jul dalk vir ons ondersoek instel en uitvind asb

ME ·

@Eva dit het ek ook gelees dat hy in ‘n sluisdam verdrink het. RIV Engeltjie

Sune van Heerden ·

Dagsê ME

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Eva

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê anon

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jean-Mari ·

Waar het julle dit gelees / gesien? Een persoon sê hy is gevind en als okay en n paar ander hoor hy is oorlede?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jean-Mari

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

Jean-Mari – dis maar wat ons gehoor het. Daar is nou soveel onsekerheid en dus dink ek ons moet wag vir Maroela se berig nadat hul self met polisie geskakel het. Gewoonlik is ons “source” betroubaar maar dalk het hul ook nie die feite gekry nie.

Cecily ·

Ek verneem hys oorlede laat weet asseblief of dit wel so is. Sterkte aan die ouers

Sune van Heerden ·

Dagsê Cecily

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

CPF Lid ·

Die Randfontein CPF was ook op toneel. Die seun het wel verdrink. Dit is op ons groepe bevestig.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerda

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

shiela ·

Die seun is gevind by het verdrink hy oorlede lede van CPF en sos het dit bevestig hul was op die toneel

Sune van Heerden ·

Dagsê Shiela

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

Jammer Maroela – ons het gehoor hy is gevind en als is reg. Daar is nou soveel berigte en dinge, osn weet dus net hy is gevind maar of hy lewe al dan nie sal ons voor wag vir jul verdere berig. Dankie

Nadia ·

Vreeslik jammer om te hoor oor die verlies.
Liewe Vader, hou U hand oor die gesin en gee hulle krag om deur die seer te werk – Amen

Sune van Heerden ·

Dagsê Tersia

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elma Tiran ·

Hi wat se skok moet dit nou nie vir die mense wees nie. Is so sad . Ek glo jesus sal hulle toevou in sy arms en hulle vertroos.
Sterkte aan hierdie mense . Wat n vreeslike dag moet dit nou nie vir hulle wees nie…my hart uit na hulle..
Baie liefde aan julle almal…

tersia ·

Op High 5 kids recovery unit se fb page gesien hy is gevind maar is oorlede. SAP ondersoek verder.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tersia

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Eliza-beth

Ons wag net vir bevestiging van die polisie voor ons ‘n opvolgberig publiseer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Elizabeth ·

Liewe Sune van heerden nms Maroela media dis nie net julle wat nuusberigte en bevestigings vanuit die polisie ontvang nie daar is baie ander goeie nuuswebwerwe en kanale wat ook die storie vd seuntjie volg en plaas, dis seker nie nodig om aanmekaar dieselfde storietjie oor en oor te herhaal nie, ons kan lees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.