Groot soektog na vermiste Lyttelton-tiener

Jane de Bruyn

Jane de Bruyn

Besorgde lede van die gemeenskap in Centurion, Gauteng neem Sondag aan ʼn soektog deel nadat Jane de Bruyn (16) Donderdag verdwyn het.

Jane is laas omstreeks 18:30 gesien.

Die Facebook-groep, Centurion Concerned Citizens, het gereël dat ʼn paar inwoners Sondag om 12:00 by die Kerksondermure sou bymekaarkom om na haar te help soek.

Jane het ʼn swart hemp en wit broek aangehad en sy het ʼn “USA”-sak by haar. Sy is ongeveer 1.5 meter lank en weeg 78 kg. Sy het blou oë en lang bruin hare.

Indien jy haar gewaar kontak asseblief ao K Smith van die Lyttelton-polisiestasie by 082 457 3790 of 012 644 8600.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sollie ·

Alweer ‘n tiener wat aandag soek? En so haar arme ouers grys hare besorg!

Retha ·

Jy is seker ‘n baie ongelukkige mens om sulke kommentaar kwyt te raak. Baie baie sterkte aan die gesin – ons bid vir Jane se veilige tuiskoms, sommer nou dadelik!

Leon ·

Ons het n sisteem om vermistes in Durban te soek. Ons sal die foto druk as u dit aan ons kan epos.
His Hands Mission.
O ja, kinders word ontvoer sonder dat hulle enige iets daarmee te doene het. Hou gerus die negatiewe kommentaar waar dit hoort en nie hier nie.

Maronel ·

Nee Leon 90% van die kinders wat deesdae nie hul sin kry, loop weg. Uit spitefulgeit. Veral as hul hul sakke saamvat…

CJAN ·

Kinders mag deesdae nie meer getugtig word nie en as die ouers NEE se dan besluit die kind dis JA. Tugtig jy die een wat jy lief het kan die jou aankla vir mishandeling.
Ek hoop hulle kry haar lewendig en dat sy dit nie weer sal doen nie.

Charles ·

Ai die kinders ons bid dat sy veilig is wat deur n ouer se gedagtes gaan is om van mal te word van bekomernis

Sannie ·

Sterkte aan die familie! Weet hoe dit voel n familie lid is al 4 jaar weg.

Saartjie ·

Sterkte aan die familie. Weet waardeer julle gaan, n familie lid is al 4 jaar weg.

Anneke Louw ·

Van julle is tog so “self righteous”. Sterkte aan die familie.

Sollie ·

Ag Anneke dit het niks met self-righteous te doen maar ons het al hoevele berigte die afgelope maande gesien van kinders wat weggeloop het van die huis. As julle my kommnetaar lees is dit duidelik dat ek VRA of dit weer so ‘n geval is en dat indien so is, dit die arme ouers weer bekommernis gee. Dis eintlik jy wat hier aannames maak sonder om mooi te lees.

Leeutjie ·

Sollie ek dink nie Anneke het dit net op jou bedoel nie. Kom ons kyk eers wat met haar gebeur het voordat ons aannames maak.

Percy Koekemoer ·

Baie sterkte aan die familie, hoop sy is veilige en dat julle haar gou vind.

Easy ·

Ai, tieners is rebels, kan mense asseblief van hulle troontjies afklim met die kommentare!!!! Erens is ‘n familie dood van kommer, ongeag wat die oorsaak is. Kry die kind, en gee dan die gesin geleentheid om te genees. Mense wil tog so graag die selbehepte sensasielus bevredig.

ESTELLE ·

ek weet waardeur hulle gaan, mag die Vader hulle help dat die eind resultate nie dieselfde is as wat myne was nie. Sterkte aan die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.