Groot soektog ná vrou in Kaapstad verdwyn

Julie Goodness, vermoedelik van Amerika, het glo in die rigting van Tafelberg gestap toe sy vermis geraak het. (Foto: Facebook / Missing Children South Africa)

ʼn Groot soektog na ʼn 38-jarige vrou wat Maandag spoorloos in Kaapstad verdwyn het, is tans onderweg.

Volgens die polisie het Julie Goodness, vermoedelik van Amerika, in die rigting van Tafelberg gestap toe sy vermis geraak het.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê Goodness is omstreeks 07:45 vir die laaste keer gesien toe sy die plek waar sy tuisgegaan het, verlaat het. Luidens plasings op sosiale media is dié plek in Bellevuestraat in Higgovale geleë.

“Daar is aangemeld dat sy haar blyplek met ʼn sak verlaat het. Sy het ʼn pienk hemp, blou denimbroek, stapskoene en vlootblou K-Way-baadjie aangehad,” het Pojie gesê.

“Soek- en reddingspanne van die polisie en vrywilligers fynkam tans die Tafelberg-omgewing om die vrou te probeer opspoor. Enigiemand met inligting oor waar sy kan wees, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. JP Toua, by 079 522 1751 te bel.”

Dit is nie in dié stadium duidelik of Goodness in Suid-Afrika woon of die land net tydelik besoek nie.

Haar verdwyning kom net meer as twee maande nadat die Duitse toeris Nick Frischke (22) in Kaapstad verdwyn het. Hy wou glo ook ʼn roete op Tafelberg gaan stap.

Daar is steeds geen teken van hom nie en twee belonings is uitgeloof vir inligting oor waar hy hom bevind.

Maroela Media het vroeër berig dat Frischke sedert 15 Februarie vermis word. Verskeie soektogte deur lede van wetstoepassingsagentskappe, vrywilligers en lede van die gemeenskap het nog geen teken van Frischke opgelewer nie.

Vyf mans is sedert Frischke se verdwyning in hegtenis geneem nadat daar van sy persoonlike besittings in hul besit gevind is. Die verdagtes verskyn weer op 4 Mei in die hof op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jack ·

Ai julle weet mos nou al dat alleen loop en draf nie veilig is in die land nie veral as jy ‘n vrou is.Ons bly in ‘n misdaad hool waar misdadigers baie vinning voor en agter jou kan uitspring en dan is dit te laat.Jammer vir die vroutjie.Hoop hhulle vind haar.

annie ·

Die publiek, veral buitelanders moet ingelig word oor gevare en ontmoedig word om alleen staptogte te onderneem. Dit is nêrens op aarde veilig nie. ‘n Ongeluk kan jou oorkom en dan sit jy net met jouself as hulp.

Stephen ·

Buitelanders verstaan nie die probleem hier nie. Hulle lewe in lallaland.

trotsNAMSA ·

Ongelukkig is die wêreld nie meer veilig nie, geen morele standaarde nie. As toeris moet jy vooraf die land wat jy besoek, bestudeer voor jy op die vliegtuig klim. Elke land is gevaarlik.
Tot Swede en Finland, vra my later.

Vicky ·

Mense moet ophou bespiegel vòòr daar bewyse is van vuilspel. Sy kon dalk verdwaal het,dalk medies ongeskik geword het terwyl sy gaan stap het,dalk seer gekry het…HOU OP BESPIEGEL al weet ons almal dat Suid-Afrika ñ misdaad nes is. Net tyd sal leer. Hoop hukle vind haar ongeag.

Surfer ·

Jou kans is 1%, ons sin is 99% reg, SA is n hool vir kriminele en moordenaars.

madels ·

Ek kan nie GLO dat buitelanders nie al by nou besef dat hierdie n baie gevaarlike land is om in te woon nie en veral om ALLEEN te gaan stap is selfmoord! Mense MOET besef SA is baie gevaarliker as jy alleen is

Anna-marie ·

Suid Afrika word as ‘n sukses storie vir die buiteland voorgehou. Buitelanders wil hierdie wonderlike land kom beleef. Min weet hulle wat regtig hier aangaan.

Vanessa ·

Ek kan nie glo toeruste kom nog Suid-Afrika toe nie. Dis ‘n pragtige land, vol misdadigers. Ek is nie negatief nie net realisties. Hoeveel toeruste het nou al hul lewens verloor in ons land. Dit help nie eers mens loop in groepe rond nie, want die misdadigers het wapens. Nee wat bly weg!!!!!

Vanessa ·

Ek kan nie glo toeriste kom nog Suid-Afrika toe nie. Dis ‘n pragtige land, vol misdadigers. Ek is nie negatief nie net realisties. Hoeveel toeriste het nou al hul lewens verloor in ons land. Dit help nie eers mens loop in groepe rond nie, want die misdadigers het wapens. Nee wat bly weg!!!!!

Hennie Biebouw ·

Die vrou was volgens alle aanduidings goed vetroud met Kaapstad en die gemeenskap waar sy bly, Sy woon al geruime tyd in Suid-Afrika. Tyd sal leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.