Groot staking by Metrorail Vrydag

(Argieffoto: City of Cape Town Fire)

Die vakbond Fedusa en die United National Transport Union (Untu) het Woensdag gesê hulle gaan treinpendeldienste landwyd tot stilstand dwing.

Fedusa het gesê stakings gaan Vrydag plaasvind in Kaapstad, Johannesburg, Durban en Pretoria as deel van ʼn nasionale dag van protes teen wat hy noem Metrorail se swak en gevaarlike passasierstreine.

Die vakbond sê treine wat gereeld laat is, doelbewuste brandstigting, asook die hoë koers van ongelukke dra by tot die traumatisering van werkers en hulle gesinne.

Fedusa het gesê die treindiens se swak diens laat pendelaars boonop daagliks hulpeloos en gefrustreerd.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het intussen gesê sleutelpersoneel gaan nié deelneem aan Vrydag se beplande staking nie.

Mbalula het in Kaapstad gesê die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het maatreëls ingestel om te verseker dat ontwrigting tot die minimum beperk word.

“Geen treindrywers is by die staking betrokke nie. Ons moet baie duidelik daaroor wees. Kritiek noodsaaklike personeel gaan nié staak nie,” het Mbalula gesê.

“Ek het nie die presiese getal werkers wat gaan staak nie, maar ons is gereed, deur Prasa, om enige onreëlmatighede wat mag opduik, aan te pak. Sou die staking verander in iets anders en geweld of wat ook al uitbreek, is wetstoepassingsagentskappe en ons veiligheidsdienste gereed daarvoor.”

Untu eis onder meer dat maatreëls ingestel word om personeel wat aangeval word, te beskerm, asook ʼn plan om treine betyds te laat vertrek en aankom. Treine wat laat ry, lei volgens die vakbond tot werkers wat afgelê word omdat hulle heeltyd laat is vir werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
D

Wat ‘n grap.

George in Bloem

Hierdie mense is net eenvoudig ongelooflik. Hulle gaan staak oor die probleme wat veroorsaak word deur die onbevoegde idiote wat aangestel is deur hulle chief kaders wat deur hulle self ingestem is om die land te regeer en aan wie mag gegee is al hierdie sleutelposisies te vul met hulle mede-korrupte onbevoegde tjommies. Absoluut absurd en belaglik. Only in South Africa.

Johan

doelbewuste brandstigting!!!! Wie steek die treine aan die brand? die werkers self of sommige passasiers?

Moenieklanie.

Stakings en betogings raak nou erg professioneel.
Dit het ontaard in n nasionale sport. Die oomblik wat faksie gevegte (nog n nasionale sport) in die swakste regering wat die wereld nog ooit gesien het, tot n einde kom. Sal nie net die anc regering maar ook die hele RSA in sy M*@R in wees.

marous

bla bla bla …..