Groot studie wys entstof veroorsaak wel hartsiektes

Die Moderna-entstof. (Foto: Justin Sullivan / AFP)

Navorsers verbonde aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het bevind daar is wel ʼn verband tussen die Covid-19-entstof en skaars hart- en breinsiektes.

Die navorsing is deur die Global Vaccine Data Network onderneem, wat navorsing namens die WGO doen. Navorsers het die verwagte koers van 13 mediese toestande opgeweeg teen die koers waarteen dié siektetoestande wel voorgekom het, nadat ʼn persoon die Covid-19-entstof ontvang het.

Die navorsing het 99 miljoen ingeënte mense in agt lande ingesluit, wat dit die grootste studie oor die Covid-19-entstof tot dusver maak.

Die studie is in die mediese joernaal Vaccine gepubliseer en maak die volgende bevindings:

  • Skaars gevalle van hartinflammasie is gediagnoseer ná die eerste, tweede en derde dosis van Pfizer en Moderna se inentings. Die hoogste koers is gesien ná die tweede dosis van Moderna: Ses keer meer pasiënte het dié toestand ontwikkel as wat gewoonlik die geval is.
  • Nog ʼn harttoestand, perikarditis, het amper sewe keer meer gereeld voorgekom in dié wat die derde dosis van AstraZeneca se inenting geneem het. Dié toestand veroorsaak dat die membraan rondom die hart opswel. Mense wat ʼn eerste en vierde dosis van Moderna ontvang het, het ook ʼn groter kans gestaan om dié harttoestand te ontwikkel.
  • Mense wat AstraZeneca se inenting geneem het, het ʼn 2,5 keer groter kans gehad om die skaars outo-immuunsiekte Guillain-Barré-sindroom te ontwikkel, en was drie keer meer geneig om bloedklonte te ontwikkel.
  • Indien jy Moderna se inenting gekry het, het jy boonop ʼn amper vier keer groter kans gehad om inflammasie in die brein of rugmurg te ontwikkel, wat die brein kan beskadig. In pasiënte wat die AstraZeneca-entstof geneem het, was die voorkoms van dié siekte twee keer hoër as normaalweg.

Maroela Media het in 2022 berig oor Jean van Vuuren wat amper heeltemal verlam geword het weens Guillain-Barré-sindroom, wat sy ontwikkel het nadat sy die Johnson & Johnson-inenting gekry het.

Nietemin het prof. Jim Buttery, mededirekteur van die Global Vaccine Data Network, gesê die voorkoms van hierdie siektes onder mense wat teen Covid-19 ingeënt is, is steeds baie klein, met net tussen 0,78 en 1,82 uit elke miljoen dosisse wat tot hierdie toestande aanleiding gegee het.

Buttery het ook gesê die kans dat pasiënte inflammasie van die hart opdoen, is selfs hoër nadat hulle Covid-19 opgedoen het, as ná die inenting. Hy sê ook die meeste mense herstel van hierdie siektetoestand.

Lees die volledige studie hier.

Bykomende bronne: Forbes, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

koos10 ·

Dit was nie bestem om te gebeur nie. Alle entstowwe was mos veilig, is ons oor en oor vertel. Ek staan by my punt. COVID endstowwe was nie getoets voordat dit op mense gebruik was nie, en nou het mense die proewe ondergaan. Ek is bevrees dis net die begin. Nog sowat 7 jaar, dan sal die werklike omvang bekend wees.

Nie Verbaas ·

Ongelukkig moet daar geen dodelike newe effekte wees nie professor. So die sogenaamde entstof het toe nie die toets geslaag nie.

Danie ·

Hoe is dat nou dat regte en ordentlike navorsing (rondom die kug) in die verband gedoen word, ‘n klomp van die sogenaamde sameswerings teorieë jou werklik waar die waarheid en erg feitlik bewys word. Dalk is dit omdat daar, ongelukkig net deur sommige, logies en nugter oor die saak geredeneer is. Ek verstaan uit ander berigte, dat die Rooi Kruis, sommige mense, die wat gespuit is, ook begin afraai om bloed te skenk. Tans is dit nog onseker presies watter een, of dalk almal, agterdog wek.

Kalla ·

Ek het 5 maande na my 2de Pfizer inenting op 50 jarige ouderdom ‘n “epileptiese” aanval gekry, ek het van die begin af geglo dit het iets met die inenting te doen en glo tot vandag so maar dokters ontken dit. Dit is vir my net TE toevallig!

MC ·

Ja, moet tog nie vergeet nie, niemand hoef bekommerd te wees nie, want dis “skaars”.

George ·

Moderna was van die begin af nie te great nie, Pfizer het baaaaaie minder gevalle as enige ander gehad.

Pieter ·

Ek hoop almal wat een of ander kwaat gekry het na die inentings, wie se werk hulle gedwing het om dit te vat, sal reuse eie instel teen hulle werkgewers vir hulle simpel reels en regulasies.

Di ·

Wys jou net die leuens wat versprei is dat dit veilig is! Kyk hoeveel gevalle was daar al waar jong mense skielik aan hartaanvalle oorlede is. Mense is gebruik as proefkonyne.

Daisy ·

Ek is so bly ons het ons gesonde verstand gebruik en nie die ent gekry nie.
My man het ‘n hartaanvaal gehad 10 jaar terug en pas sy gesondheid sederdien baie goed op.
‘n Ent sou heel moontlik sy dood beteken het.

Mari ·

In Britanje het hulle die FORMULE waar mee oormaat sterftes (excess deaths) bereken word, gaan verander sodat dit dit nie moet lyk of dar so baie mense dood gaan agv die inenting nie. Gaan kyk op YT na Dr John Campbell wat uitstekende werk doen oor navorsing oor oormaat sterftes. Kyk na sy gesprek met die kardiolaag Dr McCullough. Ek verstaan Dr McCulough het sy werk verloor omdat hy uitgepraat het oor wat hy by sy pasiente begin sien het.

Cherokee ·

Frikkie, dit lyk asof dit in jou geval, jou taalvermoë aangetas het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vra maar net vir jul GPs waarmee hul pasiënte deesdae sukkel. Dis onstellend.

AREND1 ·

Aan die begin van covid het hulle nog gesê.Daar is nie ʼn middel wat werk vir covid nie en net na ʼn dag of twee toe is daar skielik iets vir covid.Jy kan nie so vinnig ʼn middel kry nie,want dit vat baie navorsing om so iets te ontwikkel.

piet ·

Die belangrikste hier is , is dat as jy WEL Covid gekry het (omdat jy nie die vaksiene geneem het nie) jou risiko GROTER sou wees om hartkwale te ontwikkel. So die neem van die vaksiene het direk jou kanse VERMINDER om hierdie “harttoestande” te ontwikkel in vergelyking met die wat hul lewens gewaag het om nie die vaksiene te neem nie en toe Covid gekry het. So eintlik sou jou situasie ernstiger gewees het as jy nie die vaksiene geneem het nie en toe wel Covid gekry het. So kom ons se gemiddeld 1 uit ‘n miljoen kry die toestand (wat gewoonlik opklaar) na die inenting dan praat ons van omtrent 100 mense uit 100 000 000. Dis bittermin. Meer mense kry newe-effekte as hul ander bekende medisyne soos disprins neem.

piet ·

Daisy – As jou man Covid gekry het en nie die vaksiene geneem het nie, het hy dit waarskynlik nie gemaak nie. Hy was net gelukkig dat hy nie Covid gekry het nie. Maar met mense in sy kategorie het hulle mos gese hulle moet hul dokters raadpleeg wat die beste sou wees om te doen. Weereens, die bestuur van risiko….

Philip ·

koos10. Geen entstof is ooit 100% veilig nie en dit was ook nie as sulks voorgehou nie, indien iemand dit vir jou vertel het is jy mislei.
Al die newe effekte was nie bekend gemaak nie omdat dit nie duidelik was wat dit behels het nie, wat wel waar is is dat die werklike gevaar wat dit kon inhou nie genoegsaam en behoorlik aan die publiek vertel is nie en die aanmoediging om die entstowwe te neem het dit laat klink asof dit relatied veilig is met ‘n lae risiko wat nou blyk nou nie die geval te wees nie.

Delia ·

Die NAVORSING was gedoen toe die vaksien toegedien is. Die wereld was die proefkonyne. Almal wat die vaksien geneem het, was deel van die proewe.
En moet asb nie vir my sê ek is besig met n samesweringsteorie nie.

piet ·

So hoeveel van die 100 uit 100 000 00 wie die vaksiene geneem het, is toe dood as gevolg van die newe-effekte want hulle se die meeste het herstel. So 30 uit 100 000 000 miskien?

bolletjie blom ·

En so is ons almal soos skape ter slagting gelei nadat ons verplig was om die inenting te kry. Ek weet van ‘n hele paar mense wat skielik siektes het wat mens nooit van geweet nie. Laerskool kinders wat skielik hartaanvalle kry. Dit laat mens maar net wonder.

Samuel ·

Die wêreld is die WGO se proefkonyn. Hulle is seker reeds besig om te beplan vir die volgende pandemie!! Hulle soek totale beheer oor die mensdom.

tweeling ·

Hoeveel fatale gevalle is daar weens griep inentings- vra maar net.

piet ·

Onthou net volgende keer as jy antibiotika MOET neem om te herstel omdat jy andersins in lewensgevaar sou wees indien jy dit nie neem nie, daar ‘n redelike moontlikheid is dat jy kolonkanker kan ontwikkel. So diegene wat dan besluit het om nie die inenting te neem nie moet dan ook nie goed soos antibiotika neem nie. Inderwaarheid moet jy dan geen medikasie neem nie, nie eers disprins vir hoofpyn nie.

Andrew ·

Wie kan onthou hoe mense tekere gegaan het oor die “anti-vaxers”. Ek meen “anti vaxers” het hulle werk, vriende, status ens verloor.

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, daai entstowwe wat jy noem kom al vir dekades. Covid entstof was ‘n kits gedoente. Vra maar vir jou GP.

Bolandse Nooi ·

“Bottomline”, mense – as jy die “jab” geneem het en steeds die jaarlikse “hernuwing” neem; “good for you”. As jy nie die “jab” geneem het nie, nie jaarliks hernu nie – ook “good for you”. Elkeen raak salig in sy eie geloof. As jy glo die “jab” het/gaan jou siek/sieker maak … los dit. As jy glo die “jab” gaan jou gesond hou, neem dit.

piet ·

Volgens hospitaalstudies is die doodsoorsaak weens die gebruik van asprin (disprins), ongeveer 25 per 1 000 000. Ek neem aan dit moet mense wees wat gereeld asprin gebruik (soos in elke dag en oordosisse en so aan). Dis hoog, ek drink nooit weer disprins nie.

piet ·

En een-derde van die mortaliteit weens asprin drink, is as gevolg van ‘n lae dosis. Mense dis skrikwekkend want hoeveel mens drink byvoorbeeld elke dag ‘n disprin vir hoofpyn? Volgens my berekeninge sal jy dan as gereelde, “normale gebruiker” van aspirin (gewone dosis) ‘n 30-keer hoer kans he om weens die newe-effekte van asprin te sterf as wat jy sou as weens die newe-effekte van die Covid-inenting. Met ander woorde – die gewone gebruik van asprin (disprins drink) is 30-keer meer gevaarlik as wat dit is om die Covid inenting te neem. Put that in your pipe and smoke it…

Wicus ·

Piet, in hierdie geval moet ek met jou kommentare saamstem. Ek het 8 persone persoonlik geken wat aan Covid oorlede is, geeneen inge-ent nie. Dan ken ek heelwat wie se kind, ouer of eggenoot oorlede is aan Covid, nie een was inge-ent nie. Ek ken niemand wat inge-ent is wat enige kwale daarna ontwikkel het nie. Ekself en van my vriende het kort na ons 2 de spuit Comrades 90 km virtueel gedraf, dit beteken jy doen die afstand op jou eie in ‘n omgewing wat jy kies, en daarna toe alles weer oop was vele marathonne en die regte Comrades.

Die punt is alle medisyne het nagevolge, dit gaan oor wat weeg die swaarste en nie alle mense kan alle middels gebruik nie. My eie dogter mag bv nie aspirien neem nie. So, as ons almal aspirien vir hoofpyn moet gebruik, en sy kom iets oor wat wel sal gebeur, wat sou die reaksie teen aspirien gewees het?

Soos dit my lyk moet mens objektieff na data kyk om ‘n opinie te vorm. Natuurlik vir niemand maklik nie want ons kyk almal deur ‘n spesifieke bril. My punt, ‘n vriend se dogter bly in London. Een gevaarlike misdadiger het ontsnap, en sy het toe nie haar gebruiklike draf gaan doen tot die misdadiger weer aangekeer is nie. My siening, ‘n oordrewe reaksie op ‘n baie klein insident. (Die ontsnapping was ook oor ons nuus. ) As s-e maar 10% (dalk 5%) van inge-entes simptome begin toon sal ek bekommerd raak (dis in elk geval dan te laat).

Marius ·

@Piet nog nooit het ek van iemand gehoor wat siek geword het of dood is van Disprins….
Maar wel ken ek mense persoonlik wat ernstige newe effekte gehad het wat verband hou met die entstof…. en die mense met die newe effekte is meer as wat ek ken wat dood of ernstig siek was van covid.

Miskruier ·

Julle moenie bekommerd wees die covid pediatries spuit het verval maar dis nog bruikbaar vir n jaar, net as dit teen – 70 grade gestoor is…. Bring daai kinnertjies.

Gaitsigubib ·

Ek stem Miskruier, mense moet net nie nou begin twyfel nie, gaan spuit julle self en al jul geliefdes ook. Veral julle kinders. Waarom moet mens nou na 3 jaar begin twyfel?

piet ·

Marius – Ons praat van ernstige newe-effekte hier wat tot die dood gelei het nie ‘n ligte hoofpyn na die tyd of ‘n seer arm vir ‘n paar dae nie. Jy kan maar oplees, dis baie gevaarliker om aspirien byvoorbeeld te drink as wat dit is om die Covid-inenting te neem. Soos gese – ‘n Gereelde, gewone gebruiker van aspirien, het ‘n 30-keer hoer kans om weens ernstige newe-effekte te sterf as ernstige newe-effekte weens die Covid-inenting. Dis medies bewys deur studies, nie my of jou persoonlike ondervinding nie. Ek persoonlik weet van niemand wat weens die Covid-inenting gesterf het nie of selfs siek geword het van enige newe-effekte nie. So jy kan maar dit wat jy “persoonlik” ervaar buite rekening laat want dis nie medies, statisties bewys nie.

Mari ·

Persone wat lyke balsem by begrafnisondernemings ( Amerika en ander lande) het begin kry dat daar wit rubberagtige stringe (clots) nou algemeen in dooie mense se are gevind word. Dit was nie vroeër jare die geval nie.

Heila Isabella ·

Net n mening 3 van ons familie lede is oorlede aan hartaanval en beroerte hulle het geweier om die jab te vat ons wat wel die jab gevat het is sover nog geen nagevolge nie dit was elkeen se eie keuse

Marius ·

Piet dis al telkemale bewys daar was nie eerlikheid oor die effektiwiteit, gevare en newe effekte…. Daar was geen deursigtigheid in die hele proses. Maar dis reg- gaan spuit jouself nog n keer, ek sal my bloed suiwer hou.

Hennie ·

Piet, jy verwys na asperien. Ek dink jy moet dit in perspektief sien. Die enstof is etlike miligram of mikrogram moontlik nog minder. Om aspirien te gebruik vir hoofpyn gebruik jy eitlike gram elke 4 of 6 ure. Vir mense met kroniese pyn gebruik dit daagliks en moontlik n paar kilogram per jaar. So oor etlike jare ontwikkel so ‘n persoon moontlik nier of lewer probleme.

Die enstof waarborg jou nie dat jy nie sal siek word of doodgaan nie. Gaan kyk ‘n bietjie na statistiek van ‘n jaar of twee terug oor sterftes. Die wat ek gesien het waar daar aan gedui was geen entstof, 1, 2 gevolg met 1 en 2 “boosters” was die syfers ongeveer 50/50.

BigBen ·

Jy is mos ‘n samesweringsteoretikus genoem as jy dit bevraagteken het.

Kuver ·

Ne en sonder die entstowwe sou duisende meer mense gesterf het, kom net by dis net weer om hulle self te probeer reg bewys, die antivaxers se niks van al die newe effekte wat die covid virus veroorsaak het nie ne

Papsak ·

Wel nog n slenter gewees om ons uit te wis dankie ek het niks gevat nie ek weet ook van n paar gevalle waar mense om gekap het net nadat hulle in geent was so nog n slenter gewees van hulle ne mooi man lag vir hulle

Helien ·

Ek het 2 familie lede verloor wat die inspuiting geneem het. 1 goeie pragtige vriend het die inspuiting geneem. Ons het almal vir hom gese, hy moenie. Tog het hy dit geneem. Die 2de dag in die hospitaal, en nooit weer uit die hospitaal gekom. Ek was baie op Youtupe en nie van gehou wat ek gehoor en gesien het nie. Hoekom ons nie die inspuiting geneem het nie. Is teen ons geloof, en God het my geskape, was nog altyd gesond. So ons het nie aan God se gene gekarring nie.

Miskruier ·

Gaitsigubib, ek is glad nie ten gunste van die spuit nie, kinders het nie dit nodig nie, en as jy dink die regering hou die enstof in die regte toestande… In hierdie land sonder bestendige elektrisiteit moet jy maar jou kind vat vir sy spuit. Dit sal goed wees om Minnaar op Maroela Media op te soek, ek het gesien hoe sy na twee spuite in n rolstoel opeindig.

Mellivora ·

Piet, almal kan stry oor die persentasies en of dit beduidend is al dan nie. Die “bottem line” is dat niemand enigiemand dwing om disprins te drink of hulle te laat inent teen griep – dis elke persoon se eie keuse. In die geval van Covid is daar inbreuk gemaak op hierdie reg van elkeen om self te besluit. Al my kinders is deur hul werkgewers GEDWING om die Covid inenting te ontvang – teen hul wil en betaal nou die prys.

Helien ·

Mellivora el stem 100% saam jou. Is ons liggaam, en kan besluit of ons die inspuiting wou he of nie. By my dogter dieselfde storie. Sy het by haar standpint gebly, geen inspuiting. Sy het toe by die huis gewerk. Kan jy glo sy mag nie kantoor toe gegaan het nie. Ek weet daar is n Prokureur weet ongelukkig nie wat sy van is nie. Hy is besig met sake van mense wat gedwing was, en het enige nagevolge. Soos ek verstaan is daar baie mense. Sterkte vir julle.

Oosieoos ·

Piet daar is niks soos a blinde wat jou pad aanwysings wil gee nie. My skoonma is oorlede van GRANPA wat haar maag opgevreet het. My oë het oopgegaan toe 5 van ons familie in een week sterf van covid. Ek was verplig om toe kaap toe te gaan en familie wat nie ingeent was dodelik siek met covid my toe aangesteek het. Ek het net a seer keel gehad vir paar dae. My vrou wat baie sieklik is het 3 tot 4 keer a jaar in die hospitaal beland het met griep het vanaf covid tot vandag toe nog nooit weer griep gehad nie. Dit is mos nou 100% bewyse en nie hoorsê nie

piet ·

Hennie, maak nie saak hoe jy aspirien gebruik nie, dis baie gevaarliker as die Covid-inenting selfs met lae dosisse (normale dosisse). Dis statisties bewys in studies met behoorlike data. Jy kan aan verskeie dinge sterf deur disprins te drink op gereelde basis.

piet ·

Niemand is gedwing om die Covid-inenting te neem nie maar daar was nagevolge indien jy dit nie neem nie. Soos byvoorbeeld dat jy nie ander in gevaar stel in openbare plekke nie of jou kollegas (en kliente/klante) by die werk in gevaar stel nie. Was steeds jou eie keuse of jy wil “comply” of nie. Dis soos rook in die werkplek, of dit word glad nie toegelaat nie of jy gaan rook op ‘n ander plek, nie in die kantoorruimte nie.

Henry ·

toe ek sè die entstof kan jou dood veroorsaak word ek uitmekaar getrek. en nou wat sè daai mense wat nie my of die antientstof dokters geglo het nie

piet ·

My vriend se ander vriend se pa se ma se swaer is ook dood aan die inenting..of so vertel hulle my……

koos10 ·

Met alles gese, staan ek by my punt. Die endstof is nie behoorlik getoets voordat dit op die mensdom losgelaat is nie. Entstowwe word normaalweg vir jare getoets, juis om die langtermyn effekte te bepaal.

Nicky ·

Ag Piet jy wil net verdedig as jy glo dit is. goed vir jou vat dit dan en ons wat glo dit is nie is ook goed so vir ons

Papsak ·

Dank God ek leef nog net vertrou op my GOD niemand mag jou gevors het nie jou vrye wil gewees !!!!!!

Nicky ·

Hoe lekker lag ek nou om te sien hoe een persoon 12 verduidlings hier gee

Jacques ·

Van my vriende en kennisse is oorlede na die ent. Een kollega het ‘n beroerte gehad kort na die ent op 51 jarige ouderdom. Hy sal nooit weer werk nie. Ander het skielik hart kwale.

Vriendelike Frikkie ·

@Piet – Hierdie debat sal nooit einde kry nie. Wat egter tragies is, is dat nie ‘n duisendste van die energie wat in die debat ingesit word, word gebruik om na ons land se misdaad rekord te kyk nie. In 2022 was meer as 75 mense per dag vermoor. Covid en die het vir een of twee dae meer lewens geëis. Dit het Covid 2 jaar geneem om 100 000 mense te eis. Dit was nie heeltemal vermybaar nie. Misdaad is 100% voorkombaar en dit neem omtrent 55000 lewens in 2 jaar. Maar mense is reg om mekaar sleg te sê en die olifant in die vertrek word nie aangespreek nie.

piet ·

Vriendelike Frikkie – Daar sou baie meer Covid-sterftes gewees het as mense nie ingespuit was nie. Studies toon dat die “death rate” van die wat gevaksineer is, sowat 10% is terwyl die “death rate” van ongevaksineerders 50% is. Dit wil se die kanse dat jy kan doodgaan aan Covid indien jy nie ingent is nie, is 5-keer meer as wat dit sou wees indien jy ingeent is. So daai 100000 van jou kon maklik 500000 gewees het as mense nie ingeent was nie.

miraclealigner ·

Hoe jy by jou einde gaan uitkom is hoe jy daar gaan uitkom, as dit jou tyd is is dit mos nou maar jou tyd, ons het GEEN beheer oor dit nie, maak nie saak of jy in iets of iemand glo of nie…?!

Republikein in die Wes Kaap ·

Moenie stress nie piet, daar sal niks met jou gebeur nie.

piet ·

miraclealigner – As jy die dood tart gaan hy jou kom haal. Ek kan jou verseker dat as jy besluit jy gaan van ‘n baie hoe gebou afspring, gaan jy dit 99.999% nie maak nie. Jy het baie beheer daaroor want jy kon besluit het om nie te spring nie. Geen gebede gaan dan help nie. As jy jouself blootstel aan hoer risiko dan soek jy mos nou vir moeilikheid.

JD ·

Weereens is dit die dwase die wat die meeste geraas maak, want “Trust the science”.
HAHAHA

Adria ·

Unfortunately nobody seems to have read the last paragraph of the article. So about 1to 2 people per million doses experience a heart condition that is entirely reversible. While of those who are infected with the real actual virus , the research shows that 90,000 people out of every million infected people have heart conditions because of the virus. Those who are vaccinated have a 69% lower risk of this happening to them.
Choose your risk, which would you prefer?

Gaitsigubib ·

Niemand is kastig “gedwing om die Covid ent te neem nie”. Dis nie waar nie. Sien berig van 15 Julie 2022; saak teen Standerbank vir “Onbillike ontslag”. My vrou hou skool en druk om die ent te neem was baie erg. 2 Mense in haar skool het dit nie geneem nie. Ironies genoeg het hulle almal Covid gekry (sy ook) maar sommige van hulle was baie siek en moes opgeneem word vir behandeling.

Paul ·

Die “anti-vaxers” raak nou vervelig. (1) Hulle het begin met ‘n 1 jaar prognose en ek sien ons trek nou by ‘n 7-jaar progose, want hulle sal nooit erken dat hulle dit verkeerd het nie.
(2) Die laaste paragraaf word ook nie reg verstaan, maw. dat die inenting vir 100% – 0,0001% = 99,9991% van die mense veilig is. As jy nie die 0,0001% risiko wil neem nie, moet jy liewers nie in motors ry of vliegtuie vlieg nie.

Gaitsigubib ·

Paul niemand wil jou van niks oortuig nie. Dis julle WHO aanbidders wat julle nuutgevonde oortuigings op ons wou afdwing, terwyl julle veronderstel was om imuun te wees. Beweeg aan, maar los ons in die vervolg uit asseblief.

Paul ·

piet en kie kort nog ten minste 5 boosters elk, net omme punt te bewys. bruce fordyce verskil van die provaxx comrades manne hier op die forum

Mari ·

Professor Bret Weinstein: Ongeveer 17 MILJOEN mense wêreldwyd dood van die inenting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.