Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) sê dringende ingryping van nasionale en provinsiale regering is nou nodig om kritieke personeeltekorte by hospitale aan te spreek. Die vereniging sê hospitale beleef steeds ʼn toename in pasiëntgetalle, maar daar is te min gesondheidsorgwerkers – insluitend dokters – om die aanvraag te hanteer.
Volgens Sama is ʼn groot gevolg van die personeeltekorte dat dokters siek word en dan uitbranding beleef omdat hulle oorwerk is en te veel spanning moet hanteer. “Die huidige situasie kan nie voortgaan nie en sal, indien daar ingegryp word, tot groter probleme in die toekoms lei.”
Sama is besorg oor die groot getal gekwalifiseerde dokters wat hul verpligte gemeenskapsdiens afgehandel het, maar steeds werkloos is in ʼn tyd waar hulle veral benodig word. “Vakante poste in hospitale moet onmiddellik gevul word, insluitend dié vir gemeenskapsdiensdokters (Graad I mediese beampte-poste) en spesialisposte.”
Die vereniging sê dit is onaanvaarbaar en verregaande dat gekwalifiseerde mediese personeel werkloos is terwyl dokters wat tans werk, deur fisiese en geestelike uitputting in die gesig gestaar word.
Maroela Media het vroeër berig Sama het sy beplande regsaksie teen die nasionale departement van gesondheid rakende die plasing van pas afgestudeerde dokters voorlopig laat vaar nadat die departement van gesondheid bevestig het die laaste 155 mediese interns is uiteindelik by ’n mediese sentrum, kliniek of hospitaal geplaas. Dié dokters moes reeds op 1 Julie aangemeld het vir diens, maar was teen einde Junie steeds nie geplaas nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Daar is nie geld oor vir mediese personeel nie. Die grootkoppe het dit gebruik om hulself oorsee te laat behandel.
Hierdie probleem is nog maar klein. Wag tot al die massas oor tien dae begin siek word. Wat gebeur dan?
geen probleem, regering kry net dokters uit kuba. hulle is slim, hulle weet as jou keel seer is is dit jou mangels en as jou mangels swel is jou keel seer.
Die hele regering vind dit skynbaar onmoontlik om voorkomend op te tree.
Gaan ekstra dokters uit die lug uit val? Of is dit ‘n verskoning om nóg Kubaanse “dokters” in te voer?