Groot tenderbedrog by polisie: Nog 2 uit op borgtog

Argieffoto

Twee afgetrede polisiebeamptes is Donderdag elkeen op borgtog van R5 000 vrygelaat kort nadat hulle óók in hegtenis geneem is in verband met grootskaalse beweerde tenderbedrog by die polisie.

Sindisiwe Twala, ’n woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het in ’n verklaring gesê Samson Mashele, ’n afgetrede adjudantoffisier, en Joseph Manyoko, ’n afgetrede administratiewe klerk, het hulle Woensdag by die Silverton-polisiestasie oorgegee waarna hulle vanoggend in die hof verskyn het.

Dít volg nadat meer as 30 van hul voormalige kollegas reeds in ’n hof verskyn het in verband met die toekenning van ’n tender van nagenoeg R56 miljoen om onder meer handelsmerk-kentekens op polisievoertuie aan te bring.

Mashele en Manyoko is nou beskuldigde 37 en 38 in die saak en staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en diefstal.

Volgens Twala word die twee ook daarvan beskuldig dat hulle hulp verleen het met veelvuldige kwotasies van kontrakte wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ter waarde van R29 miljoen aan ander beskuldigdes in die saak uitgereik is.

Dié bewerings hou verband met kontrakte vir die installering van palissades as omheinings, die herstel van staatsvoertuie, tuindienste, verfdienste en die versorging van vurkhysers. Hulle word ook betrek by die beweerde tenderbedrog van R56 miljoen vir die aanbring van handelsmerk-kentekens aan polisievoertuie.

Al 38 beskuldigdes sal weer op 29 September in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Simon ·

Kyk vir hulle is dit waargtig die land van melk en heuning.

JohanR ·

As al die polisielede in die tronk is, wie gaan die polisie stasies beman? Lyk my die tenders word nou uitgehandig soos Smarties, soe lank jy swart is!

twaalfboor ·

Wie gaan die polisie stasie beman vra jy! Dis maklik….. gaan uit op tender vir daai een. LOL!!!!

Jack ·

Vir wie bel ek in n rooftog of inbraak as die skelms dalk nog die einste is wat die saak moet ondersoek. Zuma snr het die pas aangegee en almal weet hier is geen vervolging nie net rykdom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.