Groot terugslag vir Lise Brink

Danie, sy vrou Lise en van voor Rachel, Daniël, André, Johann en Mieke.

Danie, sy vrou Lise en van voor Rachel, Daniël, André, Johann en Mieke.

Lise Brink, vrou van dr. Danie Brink, het Woensdag ʼn ernstige terugslag gehad en is tans in ʼn kritieke toestand in die Unitas-hospitaal in Centurion.

Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit, het gesê dokters was, sedert ʼn operasie Dinsdagaand op Lise se linkerbeen gedoen is, baie bekommerd oor haar mediese toestand. Hulle het gevind sy het akute kompartement-sindroom in haar been, wat geweldige hoë druk veroorsaak, wat bloedsomloop na die spiere en weefsel belemmer.

“Die dokters het haar vandag weer ondersoek en die besluit is geneem om haar been te amputeer. Haar linkerbeen is vanmiddag onder die knie geamputeer,” het Hermann gesê. “Hoewel die operasie goed afgeloop het, is Lise in ʼn kritieke toestand. Die dokters sê dit is nie net weens haar been nie, maar weens al die beserings wat sy in die ongeluk opgedoen het. Die amputasie van haar been is natuurlik ʼn baie groot terugslag.”

Volgens Hermann word Lise nog deurentyd onder verdowing gehou en sy weet nog nie van die gebeure van die afgelope paar dae nie. “Ek het pas met Danie gepraat en hy het gevra mense moet asseblief ernstig saam met hulle bid vir Lise se herstel.”

Maroela Media het vroeër berig die Brink-egpaar en hul vyf kinders was Vrydag in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood. Johann (9) het kopbeserings opgedoen en het ʼn operasie in die Mediclinic Welkom ondergaan. Hy het Maandag saam met sy pa, Mieke (15) en Daniël (2) teruggekeer na Pretoria.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

  • Die Solidariteit Beweging het intussen ‘n Facebook-blad geskep om die publiek op hoogte te hou met nuus oor die Brink-gesin en Lise se vordering, en waar die publiek hul ondersteuning kan uitspreek. Besoek die Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

johann brits ·

Hoe verskriklik beperk is woorde om op die regte tyd iets sinvol by te dra

Sandra Bekker ·

Ja dit is net so hartseer woorde ontbreek! Maar gebede word verhoor ons God is groot!

Ferdie van Wyk ·

Ons harte gaan uit na Danie en die kinders. Ons bid vir herstel en suksesvolle mediese prosedures. Ferdie van Wyk

annoniem ·

Ek kan niks se wat dit beter gaan maak nie, wel dat mens deur die Genade van Bo krag kry om saam met die geweldige trauma te bestaan vir eers….. dis 13 jaar en ek leef nognie, en hierdie is `n ongelooflike tragedie. Om maar net te probeer verstaan waarmee hulle op die oomblik te doen het is onmoontlik.

Mariaan ·

Ons bid SPAARtog asb hierdie mamma vir haar man en kinders…dis reeds so groot tragedie…

M ·

Dis verskriklik, my hart gaan uit na di familie, daar wag vreeslike skok op di arme mamma. Ons het ni al di antwoorde op ons vrae ni, so het di Here ‘n plan met elkeen van ons se lewens! Ek bid dat daar vir hulle vertroosting sal wees

Antoinette ·

Vader, ons lê Lise voor U troon neer. U is die Groot Geneesheer. Vader, spaar haar vir haar gesin en geliefdes. Dankie dat U haar man dra en dankie dat ons weet by U is niks onmoontlik nie! Geneesing in Jesus Naam! Amen!

Hannelie ·

Ai…Vader wees asb met hierdie gesin. U is ons Geneser en Vertrooster.

Odette Van Rensburg ·

Dit is bitter hartseer dat hierdie familie so baie moet deurmaak. Woorde ontbreek my wat se n mens? Geen woorde sal alles regmaak! My hart is stukkend vir hierdie wonderlike familie julle bly in ons gebede ?

Odette Van Rensburg ·

Ons bid vir julle Danie. Dit is bitter hartseer dat hierdie familie so baie moet deurmaak. Woorde ontbreek my wat se n mens? Geen woorde sal alles regmaak! My hart is stukkend vir hierdie wonderlike familie julle bly in ons gebede ?

Stephen Adams ·

Ons gebede is saam Dr Danie Brink en familie.
Woorde ontbreek, dis so hartseer. Ek dink aan u en vertrou dat God u toevlug, selfs in die moeilike tyd, sal wees.

Anlie Lloyd ·

Vader God U weet van al hul pyn en hartseee ASSEBLIEF Here help hulle

E. Meyer ·

Trane vloei oor my wange. In ‘n oogwink kan alles verander, dit is te hartseer vir woorde. Ek bid vir julle. Ek spandeer baie tyd in my binnekamer saam God oor julle. Sterkte. Liefde.

M Botha ·

Ons bid vir julle sterkte en krag van ons Hemelse Vader toe. En totale genesing by die ander gesinslede. Ons vertrou dat julle gedra sal word deur die tyd.

wes kaap ·

Ons Liewe Vader, ons vra asb U vertroosting in hierdie bitter hartseer tyd vir hierdie gesin en genesing asb vir Lise!!!!By U is NIKS onmoontlik nie!!!!

Carla van der Spuy ·

Mens het nie woorde nie. Mens se hart gaan uit na hierdie gesin.

Monika Roode ·

Geloof, hoop en liefde. Ons kan slegs bid vir krag en genade.

Tiger ·

Mag ons Almagtige Vader jul almal dra in hierdie skrikwekkende moeilike tyd en ons vra Sy Goddelike aanraking vir Lise .Sterkte is die beste wat ons kan se.

Wimpi Burger ·

Danie, tree vir Lise, jou & jul kinders in – dat ons Vader Hom oor jul ontferm.

Gebroke ·

Dis so hartseer. Ons bid vir die gesin. God moet in tree en die leisels oorneem. Sterkte Danie. Jy moet sterk bly ter wille van almal.

suna ·

My hart bloei vir hierdie mense. Liewe Here, maak asseblief hierdie mamma gesond vir haar gesin. Amen.

Veronica Taljaard ·

Dr.Danie Brink en u kinders en familie. Dis n groot hartseer wat oor julle pad gekom het. Ons bid vir Lise, vir jul kinders asook vir jou Danie. Mag onse Liewe Heer julle baie styf vashou. Mag Lise wonderlik herstel want ons dien n Grote Here, by wie niks onmoontlik is nie. BAIE STERKTE & LIEFDE. Ek glo die HELE SUID AFRIKA dra julle op in gebed. Groetexxxx

Joyce ·

Ek bid en staan op God se belofte van Sy krag vir Lise en haar gesin met Jesus se nagmaal. Die brood, Jesus se liggaam vir Lise en die wyn Jesus se bloed vir Lise. Herstel, heling en vernuwing van liggaam en gees. God se genade op genade op genade soos die branders van die see. Aan Sy liefde is daar geen einde nie. Ps 23. Amen, Amen, Amen.

anneli ·

Ek ken nie hierdie familie maar voel so hartseer vir hulle. Ek bid dat Lize gespaar sal bly om te kan terugkeer na haar familie wat haar so nodig het.

Helene Heyns ·

Ag my Heer en my God ek kniel by U voete en smeek by U vir genesing vir hierdie mamma en vrou. Here asb. vou hierdie gesinnetjie toe in U arms en wees hul genadig. Ek pleit by U vir n wonderwerk. Dankie Jesus, ek vertrou U.

Linda ·

Die woorde ontbreek my. Ek dra hierdie gesin op aan God en ek glo Hy sal vertroos en versterk waar nodig. Sterkte!

Joe ·

Aaai …. wat kan mens se : Tragies …. hartseer …. emosies …. ek & my vrou is ook lede van Solidariteit …. ons kan net aanhou om ons kniee te buig & ons hande opslaan na bo …. mag hierdie gesin ongelooflik styf vas gehou word deur ons groot Hemelse Vader , hulle vertroos …. hulle dra & omring met SY oneindige liefde !! Woorde is min …. maar wees verseker dr Danie ….
ons sal aanhou vra …. pleit & smeek by HOM waar alles altyd moontlik is !! Baie sterkte aan julle …. mag julle vandag …. more …. elke dag omring & toe gevou word met seen …. troos …. liefde & genade !!

Melt Olckers ·

Sterkte aan die Brink gesin in hierdie moeilike tyd.

Les ·

Liewe Danie en Lise; ek en my gesin het julle die hele tyd in ons gedagte! Ons bid saam met julle! Dis verskriklik wat met julle gebeur het en ons glo Die Here sal uitweg gee!

charmaine ·

Sjoe, dis vreeslik hartseer my trane le vlak en al ken ons nie die mense persoonlik nie,is dit hartverskeurend dat een familie deur sulke hartseer, trauma, skok en verlies moet gaan. Al wat help is as ons hulle op dra aan God en Hy sal hulle deur die ding dra hoe erg dit ook al is.

Here gaan saam met hierdie familie dra hulle deur hierdie hartseer en moeilike tyd en ook waar hulle nog 2 kindertjies tot rus moet le. Gaan ook met die pa van die familie gee hom krag om die res van sy familie bystaan en ook vir die ander kinders wat agterbly vir hulle is alles net so deurmekaar en hartseer, Here. AMEN

JK ·

Woorde is daar nie. Maar God sal verder help. Ons bid saam met almal

Inge ·

Ek voel verskiklik oor wat met hierdie arme mense gebeur het. Om twee kinders te verloor, my hart is gebreek. Daar is nie veel wat mens kan se nie. Ek hoop die Here gee julle sterkte.

Millie ·

Jinne dis hartseer! Mag die Here se krag en genade julle dra in hierdie swaar tyd

Lynette ·

Ons bid dat God sy helende hande om hierdie familie sal vou en vir die spoedige herstel van Lise

Gail Bloemink ·

Danie, clearly there are no words to adequately express one’s feelings but our thoughts and prayers are very much with you, Lise, the children and your families.

treurgrond ·

Jesus Jesus asseblief tree in vir die Brink familie. Jesus spaar asseblief vir Lise. Danie en haar kinners het haar nodig my Jesus. Ek dra hulle op na U toe my Heer en Meester. My hart is net seer Jesus sy weet nog nie van haar ander twee kinners wat klaar by U is nie. U moet haar asseblief spaar my Jesus. Amen

Russell Gordon ·

We pray that Dr Brink and his family are given the strength to get through this tragedy and that his wife pulls through quickly and that the family can heal and grieve together on their loss. Very sad.

Erika ·

Here ons bid in hierdie oomblik dat u langs Lise se bed sal staan en haar sal aanraak. Ons weet U wil sal geskied, maar ons vra dat u haar sal spaar vir haar man en kinders. Dankie vir u Genesing en Krag!!

C Simpson ·

Liewe Heer hou asseblief U genesende Hand stewig op hierdie familie. Ons bid U genade en liefde om hulle wat hierdie Fees gety met trane tegemoet gaan. So onsettend jammer vir julle

isabel ·

Bid dat die gesin die tragedie kan verwerk.So pragtige gesin.
Mens sal nooit verstaan nie net ons Almagtige Vader weet wanneer dit ond tyd is.
STERKTE

Venesse Prinsloo ·

Baie tragies hoe vertroos mens die gesin hul smart pyn en lyding en verlies is so verskriklik net ons hemelse vader kan hul deur dra in hul omstandighede ons as mense kan net bid en hul in gebed hou ai dis so hartseer baie sterkte aan elk van hul mag Jesus intree en al die seer verminder en genesing en krag gee my hart gaan uit na julle xxx

Elisabeth Kruger ·

Vertrou, Vertrou op die Here, Hy is in hierdie donker ure saam met die Brink Gesin. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.