Groot tropiese sikloon naby SA verwag

Satellietfoto.

Satellietfoto.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD) hou die afgelope paar dae die ontwikkeling van ʼn tropiese weerstelsel in die Mosambiek-kanaal dop.

Dié stelsel het die potensiaal om onstuimige weerstoestande in die noordoostelike dele van Suid-Afrika tot gevolg te hê. Die weerstoestande in die Mosambiek-kanaal is warm en daar heers hoë humiditeit. Daar is ligte winde en die seeoppervlak se temperature is hoër as 30 °C.

Ezekiel Sebego, senior weervoorspeller by die SAWD, het Maandag gesê dit is gunstige toestande vir die ontstaan en verdieping van tropiese stelsels. “Tans word die toestande as ʼn ontwrigting bestempel, maar dit kan egter binne die volgende 24 uur vererger en ʼn matige tropiese storm (met winde van 63-88 km/h) tot gevolg hê,” het Sebego gesê.

Daar word egter verwag dat Dineo teen Woensdagoggend tot ʼn sikloon (winde van tussen 118-165 km/h) sal vererger. Teen Woensdagmiddag sal Dineo na verwagting windsnelheid van tot 166-212 km/h bereik en teen middernag oor Inhambane in die suidelike dele van Mosambiek beweeg. Suid-Afrika sal eers teen Donderdag swaar reën in die Laeveld begin beleef. Dit sal Vrydag in ʼn westelike rigting versprei. Vandag sal daar geïsoleerde donderstorms oor die sentrale dele ontwikkel met swaar donderstorms oor die suidoostelike dele van Mpumalanga en die noordelike dele van KwaZulu-Natal.

Sebego het gesê dat die noordoostelike dele van Suid-Afrika, wat dele van die Krugerwildtuin insluit, swaar reën en geïsoleerde vloedgevalle kan verwag teen Donderdag en Vrydag.

Die dele van Suid-Afrika wat die ergste geraak sal word, is die Ehlanzeni-distrik (wat die Krugerwildtuin insluit) in Mpumalanga en die Mopani- en Vhembe-gebiede in Limpopo. Dit kan ook na ander dele van Limpopo versprei.

“Die weerdiens sal aanhou om die situasie te monitor en sal gevolglik nuwe verklarings beskikbaar stel. Ons maan die publiek om gereeld die weervoorspellings in die media dop te hou,” het Sebego gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Tyd geword dat Suid-Afrika en die res van die Wêreld ernstig moet begin bid

Piet Pompies ·

‘n Sikloon bring water, baie water, die tyd toe Sikloon Demoina KZN getref het, het my ouers op Newcastle gebly. Die een Saterdag in die midde van silkoon se tydverloop het dit gedurende aandete hard begin reen, toevallig het my pa die reenmeter leeg gemaak voor ete. Dit reen klip hard vir 45 minute, die grond wat alreeds versadig was van water is nou damme, die groente tuin weg gespoel, strate is riviere, die reenmeter wys toe 75mm. Kyk 75mm reen gedurende 45minute is geen grap.

Johann ·

Dankie Maroela, kan julle egter vir ons asseblief in die Ou Afrikaans laat weet presies watter gebiede dit is?

humor ·

As hierdie sikloon nie uitbrei na die westelike dele van die vasteland ( soos in 2000 nie) Moet ons hier laaaaank wag vir reen. Al die vog word dan na die ooste opgesuig.

Chris ·

Jou reen sal jy kry op die regte tyd. Jy sal jou seëninge ook op die regte tyd en hoeveelheid kry. Dimonia was erg. Op die Vrydag die 25ste September 1988 het ook begin reen. Dit het daardie Maandag die 28 September 1988 ophou reen. Ek weet net dit is die meeste reen wat ek al in my lewe gesien het. Daar was mos vroeg in die 2000 ook groot reen in Mosambiek. Vriend van my vertel sy broer het Mosambieker wat vir hom werk wat vertel het hy sit in ‘n boom en op die ander tak is ‘n slang maar hulle baklei nie saam met mekaar nie.

Pierre ·

Kan iemand dalk duidelikheid gee oor wat dit beteken vir Maputo en sy omliggende gebiede soos Matola waar ons nou huidiglik is,gaan ons swaar reen kry hier ook en indien wanneer?

Anoniem ·

Môre Pierre. Volgens YR gaan Maputo en Matola Donderdag so ongeveer 33mm en Vrydag 25mm rëen kry. Teen Saterdag gaan dit heelwat afneem. Hoop dit help. Julle is gelukkig heelwat suid van Inhambane en boonop beweeg dit weswaarts in die rigting van die Wildtuin.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek stem saam met Johan dat Maroela asseblief vir ons die nuwe name tesame met die OU benamings van gebiede en dorpe/stede moet voorsien. Ek lees nou die dag dat swartes baie besware het met die naamsverandering van plekke en een het gese hy weet nie meer hoe om in POTTIES (Potgietersrust) moet kom nie.

Rooiman ·

Of nog beter, hou sommer op om die terroriste na te praat en gebruik die name soos wat dit moet wees. Dis regtig nie nodig om voor die vyand te kruip en sodoende hulle vertrapping van ons land en kultuur te steun nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.