Groot veranderinge met Bok-kontrakte aangekondig

Rassie Erasmus. (Foto: Twitter/ @Springboks)

“Ons bemoei ons oor hoe om spelers in die land te hou, maar die rand is te swak en die ekonomie van Suid-Afrikaanse rugby is te klein om te kan meeding.”

Só het Springbokafrigter Rassie Erasmus Saterdag gesê by die aankondiging dat Suid-Afrikaanse Rugby vanjaar regulasie 9 van Wêreldrugby gaan afdwing en spelers vir tot 14 weke in ’n jaar sal benodig.

Talle plaaslike spelers sal van volgende jaar af deel van die Springbokke se opvolgbeplanning wees met die nuwe kontrakteringstelsel.

Spelers sal volgens posisie in ranglyste groepeer word en diegene wat in Suid-Afrika speel sal byekomende vergoeding van hul provinsies ontvang, wat deur SA Rugby gefinansier sal word.

Die reël dat slegs spelers wat 30 of meer toetse vir die Bokke gespeel het van oorsese klubs af gekies mag word, word ook amptelik geskrap. Die reël is in 2017 ingestel.

“ʼn Suid-Afrikaanse speler kan meer verdien met ʼn twee maande kontrak in Japan as wat hy sou deel van die Springbokke wees en al wen hulle die Wêreldbeker. Dit is die realiteit wat ons in die oë moet kyk,” het Erasmus gesê.

“In die afgelope paar jaar het ons daarop gefokus om te probeer om ʼn klein aantal hoëprofiel-spelers te behou. Maar dit was ʼn klein groepie en baie van die spelers het in elk geval weggegaan. Verlede seisoen het dié gekontrakteerde spelers net 38% van hul beskikbare tyd gespeel.”

Rassie Erasmus – Bokafrigter. (Foto: Twitter munsterrugby)

Erasmus het gesê die nuwe strategie kan inhou dat daar tot soveel as 75 spelers in die opvolgbeplanning gaan wees en dat hulle finansieel daarvoor vergoed word.

Volgens Erasmus behels die nuwe strategie ook direkte kommunikasie met die oorsese klubs. “As die klubs nie daarvan hou nie het hulle die opsie om nie spelers te teken nie.”

Erasmus meen die grootste voordeel van die nuwe stelsel is meer effektiewe opvolgbeplanning.

“Die enigste oplossing wat almal gelukkig sal hou, sou wees as ons genoeg geld gehad het om die spelers wat ons wil hê soveel te kon betaal as wat hulle wil hê – maar dis nie die wêreld waarin ons leef nie,” het hy gesê.

“Ons moet die praktiese realiteite hanteer en gefokus bly op ons doelwit, waarvolgens die 23 beste beskikbare spelers wat regtig vir die Springbokke wil speel gekies word en wat bereid is om op te offer, of hulle hier of oorsee speel.

“Ons het net ʼn beperkte begroting om dit te doen, maar ons het baie spelers wat die potensiaal het om Springbokke te word.”

Volgens Erasmus sal die ranglyste jaarliks hersien word terwyl daar meganismes ingestel word om aanpassings in die seisoen en in buitengewone omstandighede te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

kobus ·

Jy kan miskien nie se nie maar dit gaan als oor die kwotas.dis hoekom ons jong spelers

Johann ·

Wats nou weer daai ding wat rugby was, veronderstel om te wee…..????? O Jaaaaa… N SPORT?

Nouja ·

‘n Ranglys kan die (nadeel) voordeel hê om ‘n swak Springbok speler uit te wys as nie beste in sy posisie nie, maar wat wedstryd na wedstryd ingespan word terwille van kwota vereistes of ter wille van ontwikkeling of derglike verskonings. Wie gaan nogal daardie ranglys opstel, politici of werklike rugby kenners? En, gaan daardie ranglys bekend gestel word aan die publiek op ‘n weeklikse basis? Ek wonder?

bolla ·

Watter motivering is daar vir ‘n ou wat reeds vir die Bokke gespeel het om te bly? So ‘n ou het mos bereik wat hy wou hoekom sal hy wil bly as hy baie meer oorsee kan verdien.

Speedguard ·

Se ek ook Bolla, hier is hul uitgelewer aan die polletiek, ek se gaan ouens gaan maak julle geld !!! Wie gaan julle versorg op jul ou dag met beserings en skete agv “Rugby” en vir dit vir Volk en Vaderland as julle nie kry wat jul verdien nie, in elke beroep werk dit so, jy skep solank jy kan met jou talent en SWAAAARUU gaan nie na julle omsien behalwe konserte moet hou om julle te onderhou nie…….DOEN SO VOORT!!

Hendrik ·

As oor see klubs nie daarvan hou nie moet hulle dan nie ons spelers skryf nie……Rassie se woorde. Mmmm……lyk vir my julle probeer ons spelers se kele sny by die oor see se klubs. Ek hoop ek lees dit verkeerd, want dit sal n nuwe laag vir ons rugby liggaam wees.

Ferdi ·

Om vir die Springbok te speel geen trots ek sal verniet speel vir bokke

Boy van die Suburbs ·

Lank, lank gelede was daar ‘n Trotse Springbokspan wat die Wêreldbeker gewen het……..

At ·

SARU is n verleentheid vir diegene wat as amateurs die Springbok-embleem met trots gedra het. Manne wat dit verdien.

Smirre ·

Sal niks help nie hele sisteem sal weer gebou wees om meer kwotas in te bring. Bok rugby sal aanhou rond ploeter tussen 10 en 6 op ranglys in die toekoms. Top spelers sal van jongs af vir oorsese klubs gaan spel kyk Paul Willemse en Hendre Stassen.

Anoniem ·

Jy gaan niemand dwing nie ou Rassie, dit gaan oor kwotas en geleenthede vir ouers se kinders.Jy gaan nog agterkom daar is van hulle wat gaan sê dat hulle wil nie meer vir SA speel nie

willem Botha ·

Ek dink baie spelers gaan oorsee vir die geld maar net so baie gaan omrede daar teen hulle gediskrimineer word oor hulle wit is, en die regering se kwota (apartheid) sisteem help dit aan.

Felix ·

Ek sal graag daai ranglyste wil sien en veral die data wat in ag geneem word, bv ook punte/gewig toegeken as jy teen ‘n topspan gespeel het, of ‘n span wat aan die onderpunt van die leer is, ens, ens? Dan wie beoordeel elke sodanige wedstryd? Ouens wat jy van waar kry om elke SA oorseese speler se elke wedstryd dop te hou?

Gemaskerde Sopbeen ·

En net hier vat die geld-god die rugby-god verby!!

Lana ·

Op dié manier word die Springbok finaal uit Springbokrugby gehaal.

m.d.r. ·

Ou Rassie het mos lankal vertel hoe hy die kwota-spelers gaan inbring…..
Hierdie storie lyk vir my na ‘n regte “smoke and mirrors” plannetjie…..

Veritas ·

Selfs met die spelers wat tans in die Springbokgroep is, gaan die Springbokke sukkel om die halfeindstryde in die wêreldbeker te haal. SA rugby is klaar op ‘n piesangskil en kort net ‘n ligte stampie om balans te verloor en te val. Baie soos Bafana Bafana.

Pietman ·

niemand kyk meer na die kwota rugby nie. Hoe vol was die pawiljoene die naweek? Ek kyk wedstryde tussen WP en OP en maties en tukkies wat veel meer mense gelok het in die 80’s as vandag se superrugby. En dis nie die koms van TV nie. Britse sokker is gewilder as ooit. So ook 6 nasies.

Wesley ·

Hier sit al die doemprofete in hul “echo chamber” al vanaf 94 met dieselle ou storie… Daar was al baie lae punte in Bok rugby oor die jare, maar ook baie hoogte punte, seker grootste daarvan in die middel van die sogenoemde “donker jare” van kwotas. Bok rugby is stadig maar seker om weer op te staan met Rassie aan die helm. Seker maar net my opinie.

Afrikaner ·

Omdat daar ‘n stigma aan kwotas kleef, buiten die wit spelers van ‘n jong ouderdom wat nie gekies word nie, op watter vlak ook al en juis agv die kwotas waaraan die span moet voldoen, is baie van hulle voortydig vir die provinsie of Springbokke verlore, in effek het van hulle na skool, of nie lank daarna nie, al oorsee verkas.

Dis jammer dat juis as gevolg van die kwotas, waar dit geld, dit die kwotaspeler in daardie spanne bevoordeel, juis omdat hy nou in daardie gevalle waar hy nie na verdiente gekies is nie, die ander speler wat hy uit die span hou, die geleentheid ontneem om verder te ontwikkel. En die dag as daardie kwotaspeler sodanig gevorder het dat hy nou op meriete bv vir die Springbokspan gekies kan word, was dit nie maar agv kwotas dat hy daar beland het nie?

Waar ek dit hier voor stel dat die kwotaspeler uiteindelik eendag op meriete in die Springbokspan kan beland, moes ek bygevoeg het, dis nou na al die talentvolle voornemende langs die pad hoop opgegee het agv die kwotas, of elders gaan speel het.

So verloor hordes belangstelling langs die pad. Baie mense bereik ook maar eers laat hul potensiaal. Ek hoop dit laat die manne wat beduie daar is nie kwotaspelers in die provinsiale of watter span ook al nie, weer dink, selfs die Bokke, hoe hulle hierdie een tebowe gaan kom weet nugter, miskien moet hulle aan iets anders dink om ons te oortuig.

Wesley ·

Dankie Afrikaner, dit is n goeie bedenkte posisie van debat en ek dank jou daarvoor. Ek stem saam met wat jy se, daar is n element van moedeloosheid en opgee onder die jeug en dalk uitmis deur kwotas op n jonger vlak. Ek stem saam daai wat geleentheid gegee is bo ander en dit maak kan geterm word as quota, maar is dit nie hoe die wereld werk nie? Dit maak die wat dit uiteindelik maak tot die topvlak nie noodwendig minder verdiend as die wat hul agter gelos het nie. Dis nou praat van topvlak toe maak, en ons het nie n kristalbal wat kan wys dat daai jonges wat agter gelos veel veel beter sou wees nie. Ek het my werk gekry deur bo ander mense gekies te word. Die wat met my meegeding vir n plek sal ek nie se ek is veel beter as nie, maar my base het my n kans gegee en ek moes sink of swem. Ek bedoel, kyk na CJ Stander. In al hulle wysheid het hul meer waarde in ander gesien as hom by die Bulle. Ander wit spelers. Niemand het geweet van wat hy kon word nie. En kyk nou. Daai wat hom uitgespeel het is nou te oud en party nie weer van gehoor nie. Only hindsight is 20 20.

Swartwolf ·

@wesley: jy ken jou rugby sleg. Kwotas is eers na 2007 ingestel. Nie Kitch of Jake sou kwotas in ag geneem het nie. Gaan doen jou berekeninge van springbok wen persentasies voor en na 2007. Dan sal jy sien springbok rugby gaan net meer agteruit agv onvevoegde kwota spelers nie net in die nasionale span nie maar ook skole, universiteite en Currie beker wat omtrent doodgeloop het. 2007 was laaste wereldbeker wen vir die bokke. Dis nou middelmatigheid deurentyd met ‘n beter vertoning so eenmaal ‘n jaar. Kwotas ‘n kanker in rugby.

Wesley ·

@swartwolf. Onder Ebrahim Patel as gesamentlike president van SARFU met Dok Craven, het hy in 93 van n posisie van mag sy stem dik gemaak om Tinus Linee en Chester Williams die eerste Springbok spelers as sogenaamde quotas ingesluit te word in die toerspan Oz toe, en van daar af was daar al baie gekrap onder die nuwe SA regering se bewind voor 2007 in Bok rugby. Nie gepraat van die politieke gekrap voor dit nie, n sprek maar vir n ander dag… Rerig, dit vat 2 minute se google om die dinge uit te vind….

Lerato ·

Onthou “Kampstaaldraad”
Feitlik die hele span was wit en kyk hoe vrot het dit gegaan. Oorsee sal die bestes koop maak nie saak watter kleur nie.

Mads ·

Hulle word reeds te veel betaal, gaan nie meer oor liefde of trots vir die spel nie. Vat die pay weg en kyk hoeveel bly oor.

Judge Dredd ·

Daai 14 weke wat jy SA spelers wil forseer om vir SA beskikbaar te wees klink na ‘n lekker vakansie.
Hoe forseer jy ‘n speler om goeie rugby te speel?

Swartwolf ·

@Wesley: so jy reken Chester en Thinus was kwota spelers ? Vat jou 2 minute en Google kwota spelers. Beide van hulle het die springbokspan gemaak op verdienste. Voordat kwota persentasies ingestel is na 2007. As hulle kwota spelers was was Errol Tobias in 1981 ook, asook Habana, Beast en JP Petersen. Jy ken jou rugby sleg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.