Groot verbasing oor Chris Chameleon se ‘donker geheim’

Chris Chameleon (Foto: Facebook)

Chris Chameleon het Sondag sy aanhangers behoorlik regop laat sit toe hy in ʼn plasing op sy Facebook-blad geïnsinueer het dat wyle Bles Bridges sy biologiese pa is.

Die inskrywing begin met Chameleon (47) wat sê dat die meeste mense dikwels nie wil glo dat daar agter die glans, charisma en talent van hul helde en ikone ook donker geheime skuil nie. “Ek loop al jare met my eie donker geheim rond,” skryf hy.

“Ek is nou getroud. Ek hoop om ʼn pa te word. Ek het die punt bereik waar ek voel dat ek die boek op my verlede moet toemaak en die skoon bladsy van my toekoms moet optrek.”

Hy sê van al die ondeugde van glanspersoonlikhede en kunstenaars is die een wat hom die diepste raak dié van mans wat kinders verwek en dan nie pa staan vir hul dade nie. “Die tyd is nou, die waarheid moet aan die lig gebring word. Ek het lank genoeg stil gebly.”

Hy vertel hoe moeilik dit vir hom was om sonder ʼn pa groot te word, hoe hy gekyk het hoe ander seuns se pa’s hulle in die lug opskiet in die swembad en dan gewonder het wat hy gedoen het om nie ook ʼn pa te hê om hom in die lug op te skiet nie. Hy skryf hoe hy in die houtwerkklas sy “stukkie brouwerk” aan die onderwyser moes oorhandig, terwyl die ander seuns se houtwindpompe die onmisbare tekens van hul pa’s se hulp getoon het.

‘n Skermskoot van ‘n gedeelte van die Facebook-inskrywing.

“Maar erger as al hierdie dinge is wanneer jy gespot word dat jy soos iemand, ʼn bekende lyk, terwyl jy in jou hart die vernederende waarheid alleen dra. En nou, het julle of julle ouers dalk hierdie album in die 80’s geniet?”

Onderaan die inskrywing het Chameleon die voorblad gepubliseer van Bridges se album Vir een en almal waarop ʼn foto van Bridges pryk waarin hy opvallend baie soos Chameleon lyk.

Dié inskrywing was teen Sondagmiddag reeds meer as 160 keer gedeel en talle mense het daarop kommentaar gelewer. Hoewel enkele mense vra of die bewerings waar kan wees, is die oorgrote meerderheid van die kommentaar ondersteunend. “Liewe ouers dis erg! Julle sal wonderlike en betrokke ouers wees. Die geheim is uit en jy is vry,” skryf iemand.

“Ek kan nie dink hoe moeilik hierdie besluit moes wees om publiek te gaan nie. Weet jy het gekom waar jy vandag is sonder hom, juis omdat sy afwesigheid jou sterker gemaak het,” skryf ʼn ander.

Maroela Media het Denise Barnes, Chameleon se bestuurder, genader, maar sy wou nie enige kommentaar oor die inskrywing lewer nie. Sy het onderneem om Maroela Media se vrae wel aan Chameleon oor te dra. Ten tyde van publikasie is geen terugvoer nog ontvang nie.

Intussen sê Victor Bridges, Bles se seun, hy weet niks van die bewering dat Chameleon sy pa se biologiese seun is nie. “Nou as hy dan sy seun is, laat hy Nelspruit toe kom sodat ons ʼn bloedtoets doen. Dit is geen probleem nie, ʼn mens kan mos vinnig met ʼn bloedtoets kyk of dit die waarheid is,” sê hy.

Verskeie sosialemediagebruikers het gesê hulle kan sien dat Chris Chameleon en Bles Bridges na mekaar trek. (Foto’s: Facebook)

Volgens Victor het daar al verskeie kere in die verlede mense na vore gekom wat beweer het dat hulle Bles se biologiese kinders is. “Sodra jy vir hulle sê dit is doodreg, laat ons ʼn bloedtoets doen, hoor jy nooit weer van hulle nie. Daarom laat ek nie toe dat so iets my ontstig nie.”

Victor sê hy ken nie vir Chameleon nie, maar het nog altyd sy musiek geniet en hom as ʼn kunstenaar bewonder. Hy sê hoewel hy twyfel dat sy pa sy lewe lank ʼn kind van hom sou ontken, is hy meer as bereid om ʼn bloedtoets te doen om Chameleon se bewerings te staaf. “En indien dit dan uitkom dat hy my [half]broer is, is dit doodreg. Ek wou nog altyd ʼn broer gehad het,” sê hy met ʼn laggie.

Bles Bridges was veral in die 80’s en 90’s een van die grootste sangers in die Afrikaanse vermaakbedryf en veral bekend daarvoor dat hy tydens sy optredes rose aan sy aanhangers uitgedeel het. Hy is in Maart 2000 in ʼn motorongeluk dood en het sy vrou, Leonie, en kinders, Sunette en Victor, agtergelaat. Duisende mense het sy begrafnisdiens bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

128 Kommentare

Lynne ·

WOW fantastiese nuus! Die waarheid het jou vandag ‘n vry man gemaak Chris!! Beide jy en Bles is Volksbesit en ons trots! Alles van die beste vir die toekoms!

Steve Smit ·

Lynne, jy is bietjie voor op die wa. Niks is bevestig nie.

Chris du preez ·

Nêrens sê hy dat Bles sy pa is nie. Wie sê hy praat nie dalk van die vervaardiger van die plaat nie. He he he . Chris jy het nou die kat in die duiwehok losgelaat

MissDemeanor ·

Wow Lynn, “hold your horses”….volksbesit? Hul mag wel bekend wees, maar niemand besit hulle nie.

Vraagagie ·

Hi Chris

Jy kan dalk reg wees, maar wat maak jou so seker dit is wel so?

Nelie van Vuuren ·

Chris soo jammer vie jou dat jy geweet en stil gebly het. Hoop julle kqn een froit gelukkigw familie wees. Hoe moeilik moes dit vir jou ma wees om oik met hierdie geheim te loop. Hoop dis waar en dat st nou eerlik met jou is.

Griet ·

Hulle lyk nie na mekaar nie. Kon sy ma nie vir hom bieg wie sy regte pa is nie?

Marthie ·

Ek kry kinders en vroue jammer as rondloper mans se verhale uit kom maar dit maak nie nie die kind die skuldige nie. As Bles sy pa is dan voel ek jammer vir al die familie in die drama ek was ook met rondloper getroud

Elizabeth Le Roux ·

Julle is net lelik, Chris is net handsome mannetjie, ek stem met Bles se seun saam, gaan doen.bloedtoetss en maak seker, jou mamma was reg

Rooi ·

En so word daar baie ander geraamtes in die kas weg gesteek. Daar is honderde Suid-Afrikaners wie dubbele lewens lei. Ek sê manet

Foxi ·

Hannah, ja natuurlik was Jan van Riebeeck onse pa. Hy was mos ons voorvader, of wat sê ek nou. ?? As dit nie so was nie, waaar kom ek dan vandaan?

El ·

So dit meen day Steve ook dalk my pa kan wees?

Askuus dis nogal snaaks…..

Amanda ·

Om so las vir so lank te dra moes baie erg gewees het. Well done Chris. Nou is jy vry en kan aangaan met jou lewe. Moet net NOOIT ophou sing nie.

Louisa ·

mens kom eers vry as jy Jesus in jou ingenooi het, hierdie is net n waarheid wat bevestig moet word of dit waar is of nie, nie dat ek glo Chris sal jok oor so iets nie, die wereld is inteendeel so vol geraamtes in kaste, dat ek nie dink dat dit onmoontlik is nie. Kom vry in Jesus, en beleef dan die waarheid met waardigheid en moet jy nooit skuldig voel oor jou pa of ma se misstap nie… verwyte is nie nodig nie, maar beleef dit as n liefdes oomblik saam al was dit dan ook n fout gewees.. Sterkte vir jou, en dra dit met die Eer van God.

Charmand ·

Vir Chris het ek die grootste bewondering! Ek glo nie hy sal leuens vertel nie, want dit sal hom tog niks baat nie. Chris ek glo jy sal n wonderlike pappa eendag vir jou kinders wees. So terloops..jy is aantrekliker en sing baie mooier as jou biologiese pa!!!

Renè Dames ·

Chris bestel ‘n Y Chromosoom DNA toets op internet. By jou afgelewer per koerier dan gaan jy na Bles se seun om monsters saam te neem. Koeriers haal weer af en binne 5 sae het jy 100% bevestiging of julle selfde Pa se DNA deel. So maklik soos dit. Sal vir jou ook vrede en berusting gee.

Abe ·

Charmand,
Dit pla my dat Chameleon nie reguit se wat hy wil se nie. Soos MM inleidend se hy het dit bloot “geinsinueer” dat Bridges sy pa was. Mense wat dinge “insinueer” en vaagweg verwysings maak, het in my ervaring gewoonlik ook maar vae motiewe met hulle uitlatings.

Betsie. ·

My man se hy dink hy lyk meer na Bles as Chameleon…Daars nou nie eers n plooitjie wat dieselfde lyk nie…al wat hulle dalk in gemeen kan he…is musiek, en dis ook al…..soos Victor se..laat hy bloedtoetse doen…dan weet almal…Ek sou se…hy moes eers bloedtoetse gedoen het…en dan…die storie geplubliseer het….maar nouja…Elk geval…ek geniet albei se musiek steeds…BB.

Susan ·

Nou wie isdi ma dan?? Hoekom se sy ni wie sy pa is ni. Seker iemabd wat weer geld soek. As iemand vie mt se ek lyk soos daai persoon gaan ek ni beweee dis my ma of pa ni. Besides het hulle niks beyers om te dien ni

Anoniem ·

Dis darem moeilik om twee en twee bymekaar te sit. Chris Chameleon is ‘n intelligente man en het seker heelwat details waarvan mense nie bewus is nie. ?

Sinoniem ·

In alle waarskynlikheid kon hyk die bewering maak omdat sy ma hom dit vertel het. Hy sê mos reeds in sie houtwerk-klas was die “geheim” in sy hart. Ek dink victor dink Chris gaan skrik vang met sy uitdaging vir dna toetsing. Nou kan ons net hoop die “regte” victor gaan n dna monster gee.

Spikkels ·

Susan hoekom sal sy ma agter geld aan wees dit is nie sy wat dit bekend gemaak het nie dit is Chris haar seun. Bles was nie n engeltjies nie Hy het sy vrou mos verneuk met n ander vrou. So ek glo Chris en sy moeder praat die waarheid.

Cherokee ·

So, as jy kan sing is jy intelligent.,
Gaan van beroep verander, dan sal julle my meer waardeer.

Susan ·

Ag susantjie… hyt meer geld as jy; jou familtjie en bles tesame …. hy soek niks … so sit asb stil…

Fanie venter ·

Chris laat vat DNA toetse dans jy seker Vra vir Victor om n samble te stuur

Amanda Burger ·

Dis nou te sê as Victor regtig Bles se seun is! (Grappie terwyl Ek koes!)

Wessel ·

As ek Chris was het ek voor die aankondiging doodseker gemaak. Dalk het hy, hy is nou al groot genoeg om te weet sensasie soek met so ‘n bewering kan jou sleg tweede laat kom.

Marissa ·

Sies skaam julle om julle monde so uit te was oor dinge waarvan julle niks weet nie. So tipies ons afrikaners. Sterkte Chris, ons weet ten minste jy sal nooit ooit so iets kwytraak as jy nie seker is van jou saak nie.

Johann cb ·

Ek hoop hy was 100% seker voor hy die groot bom laat bars het!

Marietjie ·

Ek hoop ook so.
Maar hoekom wag tot nou. Nou word almal se lewens onderste bo gegooi, vir watter rede. Hy kon dit verseker eers met die Bridges uit geklaar het, voordat CC so ‘n lawaai veroorsaak

ChrisE ·

Oom Poon van Bruggen was ‘n mans so na my hart. Ek is trots bo op jou. So dan is Verkleurmannetjie en Sunette familie. Mooi man. Dit is moeilik om sonder ‘n pa groot te word, ek het, maar ek was gelukkig om myne te ken. Sterkte en kindrs by die dosyne.

Boet Fasie ·

Van watter deel van Bles is hy familie- kan nou regtig geen ooreenkoms sien , weet nie of ek dalk blind is of nie genoeg verbeelding het nie.

Barend ·

Chris ek se nie dit is onwaar nie maar hoekom so lank n donker geheim maak van dit wie het jy dan nou beskerm ,jy het jou self nou al die jare gestraf en dit oor jouself gebring en dan die groot vraag as jy so ontevrede was hoekom dit dan n geheim hou ek is jammer ek verstaan nie en wat gaan dit nou aan jou ongelukige verlede verander

Wessel ·

Vir eenmaal is die aandag weg van die ANC, Zuma, CR. JM en BLF, o ja en korrupsie en onbevoegdheid.

Boet Fasie ·

Nou verstaan ek hoekom almal se ek lyk en het sekere gene van Steve …. begin nou wonder oor vaderskap ….

ZAR ·

Chris ek gee persoonlik nie om wie jou pa is nie, maar ek weet wie jy is. Jou hart van goud, jou liefdevolheid, jou skerp humorsin, jou fyn aanvoeling, jou diepe denke en jou rotsvaste geloof. Ek weet dit was vir jou baie swaar om sonder jou pa groot te word, maar jy het werklik een van die beste mense uitgedraai sonder hom en nie agv hom nie. Hoe moeilik was dit om ook te treur met sy dood, maar steeds stil te bly oor die waarheid? Deur baie harde werk het jy bo uit geklim, en met die ondersteuning van die sterk vrou in jou lewe, jou moeder, wat ook julle alleen groot gemaak het. Ons is bly jou las is nou ligter en dat jy nou daaroor kan praat. Weet maar net jy’t baie mense waarop jy kan steun.
Baie sterkte met die bou van jou familie.

Michelle ·

ZAR – presies wat ek wou gese het.
Jy het dit in mooi perfekte afrikaans uitgedruk.
Stem saam jou.

Jannie ·

Ek stem heeltemal saam met Victor!! Doen die DNA- toetse! Tot dan, bly Chameleon se bewering net dit – ‘n ongestaafde en onbewese BEWERING!!!

Saartjie ·

Ek glo nie Chris Cameleon sal sulke bewerings in die openbaar maak indien hy nie stawende bewys het nie. Indien hy bloot ‘n onwaarheid kwytraak kan Bles se familie hom hof toe neem. Chris Cameleon sal beslis nie sy eie suksesvolle loopbaan op die spel plaas met stellings wat hy nie kan bewys nie.

LB ·

Waar is die ouens wat sensor vandag?Hier was darem n paar skerp snydende giftonge hier aan die kwets vandag! Sterkte Chris, ek is seker hulle gaan n ieder en n elk op hul neuse kyk.

Kleintjie Joubert ·

Ek glo hy praat die waarheid!!
Chris ek is n baie groot fan van jou!!
Doen die DNA toetse en jy weet jy het lelike mense van jou nek…..al hoe wel.,ongelukkig gaan jy die gevoelloses kry!!!
Jy is awesome!!!0

Essa ·

Mossie en ZAR julle kommentaar sê dit alles. Chris benodig nie sensasie nie; en hy het dieselfde integriteit en karakter as sy ma wat hom onder moeilike omstandighede met waardigheid, ondersteuning en liefde groot gemaak het. Ek vertrou hy sal sy aankondiging opvolg met die feite om ook sy ma se kant van die saak te stel.

Hannetjie ·

Julle wat jul monde so liederlik uitspoel oor Chris..jul het sekerlik kinders..kleinkinders en agterkleinkinders maw groenkoring op die land

Chris du preez ·

As dit sy pa is is dit beslis nie waar sy sang talent vandaan kom nie. Chris Cameleon het werklike sang talent en sekerlik een van die mees talentvolste sangers in Suid Afrika

LeClerq ·

Flou grap buddy. Chris het niks om te wen deur storie op te maak nie. Tipiese reaksie weer van Maroela Media se deursnit leser om dadelik verdedigend / aanvallig te raak as waarheid van een van hul kamstige ‘helde’ van die verlede uitkom.

Fred Botha ·

Als reg. Ek hou nie van een van die twee nie. 48 jaar gelede was 1970 en toe was Bles niks. Boo se voorsanger soek aandag. Dalk oor n Kersalbum.

Bodhi se ma ·

Fred, en? So what as dit in 1970 was. Wats jou punt? Bles was 23. Dit was dus prakties moontlik.

Gaitsigubib ·

Fred ons ander mans kon al kinders kry op die ouderdom van 23. Het jy dalk jou eie mediese geheim wat jy met ons wil deel?

GRIET ·

BAIE STERKTE…aan beide families, ek kán myself indink,dis ñ geweldige skok en kan def. nié MAKLIK wees nie…
Bid dat julle almal sal Wysheid en Berusting ontvang van Bo…SHALOM

Koos de Meyer. ·

Hy het in elk geval sy vrou gelos vir ‘n ander een so niks is onmoontlik nie.

Oujongvrou ·

Chris jy het baie meer talent. Laat doen nou maar die ou toetsie, dan is almal se monde stil. En oepsie julle ouens. Hy se nerens dat Bles sy pa is nie. Hy vra onthou hulle van daai album.?

ANA ·

Eintlik,niks met ‘ons’ te doene nie en wié is óns nou régtig om te kritiseer…?
MAAR DAREM ñ BETER artikel, vir ñ verandering, as om vani ANC,EFF,BLF en vuilpolitiek te lees! Dankie Maroela

N Lourens Reitz ·

Die venyniging en om ligsinnig te wees van Charmand, Johann Spikkels en LeClerq laat ñ mens soms sprakeloos .

RHG ·

Bles het baie meer om trots op te wees as Chris. Jou ma wat jou alleen goed groot gemaak het, is jou trots. Bles is vir jou net ‘n naam.
ZAR, jy het baie mooi geskryf en ek voel ook so. Ek wil graag byvoeg wat ek van Chris bewonder. Hy gebruik altyd die keurigste en suiwerste Afrikaans.

Fred Botha ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Hy is deel van Boo n engelse rock band waarin hy soos n vrou aantrek. Persoonlik hou ek van hulle maar ken asseblief jou helde.

Elke ·

Chris was al n gevierde sanger, in bles se klas, voordat hy voorsanger van Boo was. Vandag is hy groter. So Victor, hy soek nie aandag of erkenning deir te skree jiu oa was ooj sy pa nie. Jou pa op sy grootste, was nog nie in Chrus se klas nie.

RHG ·

Fred Botha, hy meng nooit sy taal nie. Suiwer Afrikaans. Praat nie van bv. songs en band nie. Ek weet hy het met Boo begin. Ek weet hy sing ook in Engels. Ek praat van wanneer hy Afrikaans práát is dit pragtige suiwer Afrikaans.

Seeskulp ·

Geheime help niemand nie, waarheid maak vry. Sterkte Chris, die waarheid sal uitkom. En terloops, baie min seuns of jongmans lyk na hulle pa’s. Ek ken baie sulkes wie bloed pa en seun is en geensins lyk na mekaar nie.

Suzette ·

Gaan google bietjie vir Bles in sy jonger dae, gaan google Bles se kleinkinders, dit is heel moontlik dat Chris se pa Bles Bridges kan wees. Al vir wie ek bitter jammer kry is vir Leoni Bridges wat alweer deur haar ontroue man steeds uit sy graf gejag word.

Fred Botha ·

Bles is nie sy pa nie. As sy ma dit geweet het sou sy hom vir onderhoud gedagvaar het. Hou asseblief op simpel wees.

aneja ·

Dalk moet jy bykom in die lewe en uit jou lugbabbel ontsnap. Vrouens moet al vir eeue hul kinders alleen grootmaak sonder onderhoud. Bravo vir Chameleon se ma en vir Chris wat sy ma die eer gee vir sy bestaan ons waardeer jou Chris. Te veel mans dink hul kan maar net voortploeg en lewens vernietig. Jou ma verdien ‘n medalje.

Boet Fasie ·

Of vir ‘n roos gedagbaar of aangfkdring op chris se deel van Bles se testament as ongebore erfgenaam

Elke ·

Ai boet fasie. Ai. Bles sou soos n wolf na die maan gestaan en blaf het, om in Chris se klas te kon wees. Ek glo nie hy het n deel van diemens se testament nodig nie. Hy blink al sedert sy kinderskoene as Chris Mulder (dink ek) in onder meer Arende uit. So wat het hy nodig van bles? Of moet dit Pruikie Bridges wees?

Gaitsigubib ·

Elke, Bles het in elk geval boggel all in sy boedel gehad. Almal wat tyd het om te klets op MM lees tog seker ander bronne van informasie ook? Boet koop in die vervolg Huisgenoot, hulle berig graag oor persoonlike sake van “celebrities. Mensdom, kry bietjie agtergrond, dan sal dit die kwaliteit van jou insette baie verbeter.

Ian ·

Chris jou ma het jou baie mooi groot gemaak, al was dit sonder n pa. Ek kon dit al agterkom die eerste keer toe ek jou skerp en oulike skryfgoed lees.

Engela ·

Oujongvrou, dis wat ek ook wou sê. Nêrens word daar uitdruklik gesê, dit waaroor almal nou so te kere gaan nie.

aneja ·

Oordeel oordeel is tog so eie aan die mens. Geraamtes in die kas wonder hoeveel van julle wat so graag so baie kwytraak het half broers en susters en dra geen kennis daarvan nie. Is mos oulaai van mans om nie hul huwelikstatus bekend te maak nie en maar karjakker soos hul wil. Voorspied Chameleon jy gaan ‘n PA wees van formaat.

Chrisjan ·

Sjoe, maar ons is darem maar “highly opinionated”. Liewe aarde, die man maak n aankondiging wat hy seer sekerlik vooraf deurdink het. Indien hy “verkeerd” sou wees, is hy mos die een wat sy geloofwaardigheid sal verloor indien dit bewys kon word dat hy jok. Tyd sal leer.

Docpietza ·

‘n Chameloen bly ‘ n Chameloen. Nog ‘ n kleurverandering of ware kleure. ? Die Ma kan seker ook n bydrae lewer op die storie?
Dit is mos nou op die tafel oopgegooi vir vokwasse gesprek en opinies.

TS ·

Al is dit waar of nie , hoekom moet die res van die land dit weet ?

Star ·

Chris was nog altyd my gunsteling sanger, ten minste is hy van al die kinders geseend met ou Bles se talent – maar ek stem saam hys nou verplig om n DNA toets te doen. Hoop nie jy plank jou en jou ma se naam!

Reggie ·

Sterkte Chris, ek is bly ek kry nie daai een vir n sussie nie?

Chris du preez ·

As dit sy pa is is dit beslis nie waar sy sang talent vandaan kom nie. Chris Cameleon het werklike sang talent en sekerlik een van die mees talentvolste sangers in Suid Afrika

Alida ·

En so sal die persoon wat vir al die ellendes verantwoordelik is nie eens daarvan weet nie. Chris…hoop jy en jou half broer en suster kliek lekker.

Carina ·

Stem. Hy weet nie eers of hy ‘n man of ‘n vrou wil wees nie. Kunstenaars sal enigiets doen vir publisiteit.

Elizabeth ·

Gaan vir die bloed toetse Cris wys die mense wat ander stories aan dra daar is eerlike mense soos jy. Maak jou hart skoon. Go for it Victor en Sunet sal jou met ope harte verwelkom. God bless

Nie op sosiale media nie. ·

Al die indiskressies van ‘n ontroue man en ‘n vrou wat ‘n buite-egtelike kind het word hier blootgelê en dit word nou òf goedgepraat deur mense wat simpatie het met die ‘moontlike’ kind wat nou sy bekende pa op sosiale media ‘identifiseer’ deur daarna te skimp, òf veroordeel deur mense wat glo dis vir sensasie doeleindes gedoen. Alle simpatie aan almal betrokke by dié ‘onthulling’. Maar sou die beste nie gewees het om eers 100% seker te wees en dan dié wat direk geraak word, (sy ma, Bles se weduwee en sy potensiële sibbe) eers in te lig nie? Saam kon hulle tog besluit het hoe hy dit bekend kon maak. So ‘n terloopse onthulling, sonder 100% bewyse met geen begrip vir ander, is dalk meer sensasiesoekend (en terloops ek hou van Chris se musiek maar Bles was nie my gunsteling nie) en dit is nie opbouend vir enige iemand betrokke nie. Hy kon dit baie beter en met meer diskressie benader het. So iets word nie impliseer op Facebook en dan hang dit daar in die lug vir mense om hulle bekke daaroor uit te was nie, ‘n mens hanteer dit soos ‘n volwassene (veral as jy self hoop om ‘n pa te word) met diskressie en omslagtigheid, die vet weet, nie op sosiale media nie.

Martin ·

Hy en/of sy ma het meer as genoeg tyd gehad om dit te bewys, hoekom nou? Destyds net Bles se dood het al wat leef en beef Bles ge-crucify met sy rond slaap en hoekom het dit toe nie uitgekom nie, Nee wat gaan soek n ander manier vir sensasie.

Antoniem ·

Dit maak nie vir my sin na soveel jare in n donker geheim te leef en skielik openbaar te verkondig om te sê Bles is sy bioligiese pa. Hoekom na 48 jaar? Waar is sy ma? Hoekom word daar nie onderhoud gevoer met sy ma nie? Nee, ek kan nie klein kry nie. Ek soek n antwoord op DNA toetse. Eish….

Boy van die Suburbs ·

Die Appel val verseker nie vêr van die boom af nie! Beide jy en Bles is met besondere talent geseën! Baie sterkte aan al die betrokkenes! Ons gesin, is in ‘n soortgelyke situasie betrokke wat ook in die dieselfde tydgleuf val. So ja, die lewe gebeur! Die sondes van die Vaders is nie altyd so maklik om mee te deal nie…………

Mel ·

En n gedenktenis steen is net buitekant Bloemhof gesit waar Bles verongelul het

FM ·

En die ergste van alles is dat Chris nie die oorsaak van sy bestaan is nie.Laat doen n bloedtoets. Laat dit van jou hart af kom. EN as Bles jou pa is, happy vir jou en dan het jy n halfbroer by en dan is julle een groot happy familie. En ek glo Leonie en familie sal jou met ope arms verwelkom.

Amelia ·

Ek wonder of was Bles bewus van hom?
Iemand wat regtig baie na Bles lyk is Juanita de Plessis. Ek het in die begin gedink dit is pa en dogter.

Robert ·

So met die nuus wat gister gebreek het, vra my vrou my gisteraand of ek nog kinders het, waarvan sy moet weet?! Ai toggie!! Wat kan ‘n man dan nou sê……….

Stripes ·

Ek is nie ‘n Bles aanhanger nie en ken ook nie vir Chris nie. Al wat ek weet is “moet nooit beweringe maak wat jy nie kan staaf nie”. Bal is in jou kant Chris, haal uit en wys of trek jou bewering terug. Maak nie aan my saak nie maar dit is al hoe jy na dese rus vir jou siel sal vind.

Foxi ·

As ek kan onthou het wulpse Bles maar te lekker vakansie gehou met sy skelmpie op Seychelles se strande. Ek dink dit was Seychelles. Hand aan hand het hulle so verlief saam geloop. Was groot storie in Huisgenoot daardie tyd. So, wie Chris se ma is…….gaan n verrassing wees.

Kawa ·

Sjoe Chris. Ek sou eers 100% seker gemaak het, voor jy dit aan die werêld bekend gemaak het.

Hoop vir jou part jy praat die waarheid, anders gaan daar lekker gelag word. Self as jy optree gaan mense jou uithaal met grappe.

Sterkte vir jou

Se net ·

Ai Chris. Word groot! 47? Dis hoe jy kies om hierdie situasie te hanteer. Kinders doen dit. Dink jy nie almal loop met een of ander seer rond nie. Maar gats hulle gaan nie en maak n media sirkus van dit nie. Sorteer jou lewe soos n grootmens uit. Faceboek is nie jou klankbord nie. Ek seker jy weeet dit nou.

Sêmaarnet ·

Nêrens sê Chris Chameleon dat Bles Bridges sy pa is nie, almal neem aan dis wat hy sê omdat daar ‘n foto van ‘n album is en toevallig is dit ‘n Bles Bridges album.

Karlien ·

Stem saam Sêmaarnet.
Nêrens beweer Chris dat Bles sy pa is nie.
Kyk na die hele plasing. Hier is afleidings gemaak met begrip dat dit so geïnterpreteer kon word.

Jepetto ·

Se net word groot dis nie 1820 nie dis 2018 ons gebruik slimfone facebook internet dis die tyd van sosiale media die dae van posdiuwe stoomteine en perd ry is lankal verby

Pampoenspook ·

Kan nie anders nie, moet my donker geheim deel. My pa is Jan van Riebeeck maar ek is nie seker of Maria my ma is nie. O die skande! My pa dra die skuld vir die ontwikkeling van al die jare. Asseblief vergewe my!

RM ·

Bles was 52 (2000) toe hy oorlede is en dus sou hy vanjaar 70 gewees het. CC is 47 en dit bring mee dat Bles 23 was toe CC verwek is. (indien Bles wel sy biologiese pa is)

AMS ·

Ek hoop vir jou part jy is reg. Jy moet die bloedtoetse maar laat doen anders gaan jy nog lank met hierdie albatros om jou nek loop. Mag jy nie met eier op jou gesig sit aan die einde van die episode nie.

karbadust ·

Wie se dit is so Gaan vir bloedtoese Nou gaan hy Cd vir koop Wie is jou ma sit fotos op asb daar moet n foto van jou ma en Bles wees iewers wees

Gaitsigubib ·

Hoeveel fotos het jy van jou eerste date 47 jaar gelede? Is jy dood seker daar loop nie iewers ‘n outjie rond wat soos jy lyk nie (waarvan jy nie weet nie)?

Swartwolf ·

As dit by sing kom moet hy maar by sy oorlede Pa kers opsteek. Bles mag maar gesing het.

Philip Moolman ·

Liewe Chris. Groot gemis, ja – die afwesigheid van ‘n pa, in ‘n seun se lewe. Daai “opskiet in die swembad” toneel wat jou kinderogies en kinderhartjie ingeneem en in jou binneste vasgele het (en hoe jou kinderwese dit geinterpreteer het) het my hart seer gemaak, om empaties saam met jou te beleef…. My eie pa was ook “afwesig”. Weens siekte. Meesal gele. Geen swembad-speletjies herinneringe nie. Dis ‘n ander tipe “afwesigheid” – onvergelykbaar met joune – maar wat vir my onbeskryflike genesing, bevryding en vrede gebring het, was om die persoon wat (aktiewe of passiewe) verwonding in my veroorsaak het met ontsettende liefde te omhels (in verbeelding, gebed en meditasie.) Ek het dit al selfs op vyande toegepas: wrede, gewetenlose, bose, geweldenaars, wat (aktief of passief) die verwonding en dood van my wese, liggaam en siel wou bewerk… dan omhels ek hulle (in verbeelding, gebed en meditasie) met ontsaglike liefde, vergifnis en vryspraak (of hulle dit verdien of nie.) Dis asof God dan in beweging kom en oorvat (want ‘n mens beweeg dan op Sy “territory”) en jy ervaar genesing, verligting, bevryding; en ‘n “ligvoets-draf” belewenis.

Ek is opgewonde saam met jou, oor die afhandeling wat vir jou voorle, nou dat jy die (weggesteekte en ongesede) einas aanspreek.
Jy gaan heerlik ligvoets draf – jy sal sien. “Alles ten goede meewerk…” is jou voorland. God is goed. Liefde is kragtig. Geniet Hom. Geniet dit.
Liefde, seen, vryheid, vreugde, vrede & lekkerkry vir jou en vir julle.
Lief julle.
Philip

Marthie ·

Volgens Wikipedia:
“He released his first solo album in 1982, Onbekende Weermagman (Unknown Soldier). His professional career began in 1984, with the release of his second album, Bles, which went gold in under a month (25,000 copies) and included Maggie, one of his better-known songs.”

As ek reg uitwerk is Chameleon (nou 47) dan in 1971 gebore, toe was Bles (25) en nog ‘n hele 13 jaar voordat Bles bekend geword het, so vir Chris om te kerm oor “Celebrities” wat rondslaap en kinders links en regs agterlaat, hou geen water nie.

Bles en Leonie is in 1969 getroud, so dit kon dalk ‘n gewone affair gewees het…. dalk…. dalk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.