Groot vergoeding ná onregmatige diskriminasie

Mnre. Twala en Marren by die span van Solidariteit (Foto: Solidariteit)

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn reusebedrag namens twee van sy lede in die departement van korrektiewe dienste (DKD) bekom nadat hulle oor die hoof gesien is vir betrekkings weens die DKD se regstellendeaksiebeleid.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het PL Marren en MS Twala elkeen bykans R 200 000 as vergoeding ontvang weens onregmatige diskriminasie teen hulle. “Die reusebedrag van die vergoeding is meer as die norm en Solidariteit is verheug dat hy hierdie saak namens sy lede kon beveg,” het Van der Bijl gesê.

Volgens hom het die twee mans nie een die kortlys vir die betrokke poste gehaal nie, ten spyte van die feit dat hulle geskikte kandidate vir die vakante poste was. “Dit kom kortom neer op diskriminasie op grond van die lede se ras en geslag,” het Van der Bijl verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pop ·

Nous ek seker weer vrek dom. Watter ras praat ons nou van. Want ek sien ‘n swart en wit man en julle sê as gevolg van ras. Nou hoe nou???

Mr P ·

Het my werk onregmatig verloor. Solidariteit het niks gedoen nie. Ekwas n lid van die organisasie.

Robert Stoltz ·

Mr P, te min media dekkings waarde. Jammer om van jou geval te lees. Hoop dit gaan al beter met jou.

Robert Stoltz ·

Meneer P te min media waarde. Herhinner my aan dierebeskerming, net daar waar baie kameras is

Fanie ·

Die sukses van sake word bepaal deur elkeen se eie meriete. Hoewel almal glo en voel dat hul sake meriete het, werk die howe op koue regsbeginsels waaraan Solidariteit se prokureurs onderworpe is. Dit het soms hartseer uitkomste, maar dis hoe die stelsel werk of soms nie werk nie.

jaco ·

Mnr Twala is swart maar daar is kragtens regstellendeaksie wetgewing wat deur swart wetgevers geskryf is, teen hom gediskrimineer op grond van sy ras. So dit was swart teen swart diskriminasie. Iets maak nie sin nie.

vierkleur ·

weet ook van n paar soledariteits lede wat onregmartig afgedank is, waar geen hulp aangebied is nie.

Het self ook al met soledariteit gekontak ivm met diskrimenasie in die werksplek, maar elke keer word daar gevra,wat se jou werkskontrak/. Ek weet watr my werkskontrak se, maar ek weet ook as daar teen my gediskrimeneer woord oor my velkleur

Gee almal dieselfde behandeling ·

Baie geluk Solidariteit. Soos iemand hierbo se, elke saak het sy eie meriete, maar ek is ook geneig om saam te stem dat die GROTER sake meer aandag kry en dus meer suksesvol is, gewone werknemers se sake word eers net deur ‘n verteenwoordiger hanteer wat meestal niks weet nie, en teen die tyd dat die groot kanonne uitkom, is dit te laat, dan is dit so suur by die werk dat jy nie meer daar wil werk nie. Ek vra asb, as jy ‘n lid van Solidariteit is betaal jy DIESELFDE ledegeld, stuur van die begin af iemand ordentliks met genoegs regskennis om vinnig ‘n saak te hanteer. Ekself is deur iets soortgelyks by ‘n werkgewer, en ek het maar self bedank, want teen die tyd dat die regskenners gestuur is, kon jy nie eers meer by die werk glimlag nie, so ja .. soos hierdie mense die BESTE diens gekry het, verwag die gewone lid dit ook, sy werk is NET so belangrik vir hom, asook sy inkomste .. DIS AL WAT EK VRA!!

John ·

Die’ klein sakies was goeie oefeninge. Nou le die groot geveg voor. Die grondgregte van Afrikaners… grond wat NIE gesteel is nie. Onderhandelinge is uit. Die grondwethof is in. Geen toegewings buiten binne die wet nie. Afrika het geen respek vir bangbroeke se geskenke nie. Veg soos ‘n Afrikaan. Kyk hoe verag hulle die 1994-onderhandelaars maar respekteer die ‘groot krokodil’. Hoekom?… asseblief!!

Ings ·

Net jammer dis ‘n druppel in die emmer van al die ander Currently Disadvantaged wat herhaaldelik oorgesien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.