Groot verkeersknoop toe vragmotor op snelweg omslaan

Verkeersknoop op die N1 naby Klipheuwel-afrit in Kaapstad (Foto: TrafficSA/Twitter)

Die verkeer na Kaapstad is Sondag naby die R304-Klipheuwel-afrit ontwrig ná ʼn vragmotor op die N1-snelweg omgeslaan het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het gesê motoriste wat na Kaapstad onderweg is, word versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die snelweg is Sondagmiddag net ná 13:30 weer oopgestel vir verkeer.

Maroela Media het vroeër berig die N1 moes ook in die Vrystaat gesluit word waar ʼn vragmotor ongeveer 5 km noord van Winburg omgeslaan het. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Malherbe ·

Hoekom daar? Dis n reguit stuk pad en teen n opdrant

Waarskeinlik uitgeswaai vir n voetganger wat onwetting oor die pad geloop het.

VanAfrika ·

Hulle wil u-turns maak dan gebeur dit. Het self n trok met n elle lange trailer by n verkeerlig sien n u-turn maak, te lui om, om die blok te ry en voel vere dat mense se lewens in gevaar gestel word.

Francois Joubert ·

Op die foto kan gesien word dat die vragmotor links van die pad af gery het en toe vermoedelik na regs gepluk is en omgeval het. Ek verwys na die sand wat oor die diesel streep gegooi is. Dit gebeur maklik as ‘n selfoon betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.