‘Groot verlies’ na nóg ʼn SA bokslegende sterf

Norman Sekgapane (Foto: Box Rec)

Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, het Saterdag die dood van Norman Sekgapane, ʼn Suid-Afrikaanse bokslegende, as ʼn groot verlies bestempel.

Sekgapane is op 4 April in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood ná ʼn lang siekbed. Hy was 70.

“Baie mense sal Sekgapane as ʼn vreeslose vegter onthou,” het Mahumapelo gesê. “Hy was een van die beste boksers wat in die 1970’s en 1980’s bekend geword het. Noordwes het ʼn groot gees verloor. Ons innige simpatie aan sy vriende en familie in hierdie moeilike tyd wat voorlê.”

Sekgapane het in 1981 uitgetree met ʼn destydse rekord van 51 oorwinnings.

ʼn Roudiens word op 12 April vir hom gehou. Hy word op 14 April in Ramatlabama, noord van Mafikeng in Noordwes, begrawe.

Willie Toweel, die Suid-Afrikaanse bokslegende wat ook as afrigter bekend was, is op Kersdag verlede jaar in die ouderdom van 83 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oom Kalahari ·

Norman was die beste in sy divisie en uitstekende bokser. Dit is ‘n groot verlies en hy was verseker ‘n groot gees in bokskringe. Innige simpatie aan Norman se familie en vriende met sy afsterwe en alle sterkte deur die tyd van rou. RIV Norman.

Johan Kruger ·

Was n baie moeilike teenstander om raak te slaan uitstekende “bob and weave”

Jannie ·

Janee,die apartyd era is weer oor die nuus op TV die skuld gegee dat hy nie wereld kampioen kon word nie…hoekom altyd daai kaar speel….die ou bet mos baie goeie boks gelewer in sy tyd…hy was n champ…..almal in boks geledere het hom geken…ai….RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.