Groot verliese vir Poskantoor voorspel

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sal na verwagting verliese van sowat R2,1 miljard aanteken vir die huidige finansiële jaar en benodig duidelikheid oor sy mandaat van die regering indien die beleërde entiteit homself wil regstel, het die nasionale tesourie Dinsdag aan LP’s gesê.

“Baie moet gedoen word wat betref herposisionering by die Poskantoor. Die aandeelhouer moet die entiteit bystaan in sy mandaat om te bepaal wat die Poskantoor veronderstel is om te behaal,” het Ravesh Rajlal, hoofdirekteur by die tesourie, aan die parlementêre staande komitee oor bewilliging gesê.

Rajlal het gesê die Poskantoor sou na verwagting verliese van sowat R177 miljoen vir die huidige finansiële jaar aangeteken het voor die Covid-19-krisis die situasie dramaties versleg het. Die Poskantoor het verlede jaar verliese van sowat R1 miljard getoon.

Hy het gesê die entiteit is in ʼn verknorsing omdat dit nie soos ander instansies in sakeredding geplaas of gelikwideer kan word nie, kragtens sy stigtingswette.

Volgens Rajlal is administrasie ʼn moontlikheid, “maar ons wil uiteraard nie daardie paadjie volg nie”.

Die kern van die probleem is die Poskantoor se onvermoë om omkeerstrategieë te implementeer. “Die Poskantoor kon nie enige omkeerstrategieë implementeer nie. Die Poskantoor het die afgelope 12 jaar eintlik nie enige omkeerstrategieë ingestel nie.”

Indien ʼn omkeerstrategie in plek sou wees, sou die entiteit waarskynlik in ʼn beter toestand gewees het om die wêreldwye gesondheidskrisis te deurstaan, aldus Rajlal. “Onstabiliteit op bestuursvlak dra by tot die probleme. Daar is nie ʼn werklike permanente bestuurspan nie, so daar is nie eintlik enige aanspreeklikheid wat betref swak prestasie in omkeerstrategieë nie.”

Dit kom te midde van spanning tussen Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, en die raad van die Poskantoor, met die voormalige voorsitter Colleen Makhubele wat die minister hof toe sleep oor haar afdanking.

Minstens R11,6 miljard is die afgelope 12 jaar in ondersteuning aan die Poskantoor oorbetaal.

Rajlal het gesê die Poskantoor versoek R4,9 miljard in bykomende finansiering om die onvoorsiene verliese te hanteer wat weens die Covid-19-pandemie ontstaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

Nee wat maak maar toe..ons gebruik koerier dienste vir enige aflewering en laat ons pakkies deur betroubare mense afgelewer word.Julle het julle eie gat gegrawe en moet maar sukkel daarin.Meskein eendag as kundige mense weer in beheer is kan julle weer probeer.

DieKriek ·

Die Poskantoor? Wat is dit? Maak maar toe; al wat hulle kan doen deesdae is motorlisensies en dit so stadig as moontlik. Van pos hanteer weet hulle niks nie.

Terloops, dis Stella, nie Stalle nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê DieKriek
Dankie vir jou boodskap en jammer vir die fout! Ons wysig die berig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hans ·

Nog n entiteit was deur korrupsie en diefstal ten gronde gery is. Almal het begin om alternatiewe aflewerings te gebruik, wat verseker jou goedere kom heel en onbeskadig by jou aan sonder om ure in n tou te staan vir diens

JohnnyS ·

Dit is in elke geval onmoontlik om by ons plaaslike takke besigheid te doen. Taxis vol mense word van die omliggende nerdersettings aangery vir die R350 Covid uitbetalings. Honderde staan in die rye sonder maskers of enige spasieering. Daar word openlik orals ge-urineer en ontlas, wie sal nou wil besigheid doen met so instelling ?

Stof ·

Ek het baie respek vir die poskantoor. Hulle diens bemagtig ons om beter te kan dien waar ons geroep is. Mag die uitkoms ruim wees en hulle spoedig weer in hul volle glorie dien.

Raakvatter ·

Haha Stof, ek is seker jy sê dit met tong in die kies. Daarvoor gee ek jou ‘n duimpie op!

Adriana ·

Mnr Mark Barnes het die poskantoor amper reggehad, toe kom Abrahams in en verwoes alles waaraan hy gewerk het, toe moes ou wit en swartmans met hul ou voorstelle om die poskantoor vorentoe te vat uit,nuwe tegnologie en voorstelle, waar het sy nou die poskantoor, sy is nie eers teenwoordig, skitter in haar afwesigheid, daar is geen leiding, daar is niemand op hoof kantoor, almal werk nog van hul huise af. Soos alle ander staatsdeparte is die poskantoor ook besig om sy agterent te sien, want die kundigheid ontbreek.

Stefan ·

Na al die maande lange stakings het baie maatskappye en privaat persone koerier dienste begin gebruik en baie tevrede daarmee.
Hierdie klieënte is dus permanent verlore vir die poskantoor en kom beslis nie weer terug nie.
Aanvaar dit en skaal daarvolgens af!

Pieter ·

Die afgelope 6 maande is die plaaslike poskantoor getransformeer na ‘n SASSA uitbetalingspunt. In die 6 maande het ek net 3 keer gaan pos uithaal, wat maar skaars is. Jy sien net hordes van our people sonder sosiale distansiëring. Waar hulle gaan om hul nood te verlig is ‘n ope vraag. Noudat die poskantoor ‘n SASSA punt geword het kan hulle beter verdwyn. Laat Postnet maar die funksie oorneem.

RS ·

Nog n instansie wat in die grond in gedryf is deur onbevoegde leierskap en selfhelp houding.

Kalla ·

Stof, ek is so bly vir jou dat jy gelukkig is met die poskantoor se diens. Sal graag wil weet waar daardie betroubare poskantoor is. Hier in Polokwane is hulle diens uiters swak en baie onbehulpsaam. Postnet lewer die beste diens!

ES ·

Dit is vir my ‘n wonderwerk dat die poskantoor nog enigsins bestaan. Wat ek wil weet is hoe kry die poskantoor dit reg om so ‘n astronomiese verlies te kan lei as niemand nog enigsins die poskantoor gebruik nie?

En dan is daar natuurlik die vraag: Waarheen is al daardie geld? En wie watter boekhou-funksies word toegepas?

Kokerboom ·

Hoe onverantwoordelik en prioriteitloos moet jy wees om jaar na jaar sulke massiewe bedrae belastingbetalersgeld op sulke ondernemings te vermors???Het die Tesourie geen gewete en skaamte? Wanner gaan belastingbetalers iets omtrent die katastrofe doen?

Simon ·

Omkeerstrategieë ? Ek kyk maar net na die klompie poskantore rondom my en dit is baie duidelik wat die probleem eintlik is, maar ongelukkig mag ek dit nie hier se nie want dit sal as rassime geklassifiseer word.

Cornelius ·

Wie gebruik nog die Poskantoor se diens? Dis disfunksioneel net soos die rest van die ANC bestuurde staats entiteite.

Adeline ·

Van 1993 is die Poskantoor al op ‘n afdraande pad nadat personeel met ongeletterde BLACK MATTER vervang is. Daar is geen diens lankal meer nie. Covid-19 is net ‘n verskoning om die gemors te stop.

Anel ·

Wat vir my baie sleg is, is dat almal vir jou ‘n rekening per epos wil stuur. As jy nie internet, rekenaar of epos het nie, weier hulle om vir jou rekening te stuur. Hoe diskrimensrend is dit. Ek hou daarvan om’ ‘n brief of wat ookal deur die pos te kry. Met al die beurtkrag is dit nie meer betalend om rekenaar en internet te gê nie. Hulle was ook altyd goedkoop om pakkies te stuur. Nou onbekostigbaar. Om nie eens te praat van verjaarsdagkaartjies te stuur nie, veral oorsee. Hulle kry dit eers maande later of gladnie. Ek is besig om al my ou briewe wat ek deur die jare gekry het nou uit te sorteer, selfs van vriende wat grens diens gedoen het. Briewe van oumas en oupas. Hoe het ons as kinders uit gesien na brief van hulle en dan teruggeskryf. Daardie dae lyk my is nou verby. Hoe hartseer.

Adam Adriaan ·

Ja so duiwel alles in mekaar in. Alle waaraan die sogenaamde regering aan vat verander in bollie

Tanja ·

Kan die Grondwet groot asseblief verander word, sodat dit verpligtend is vir die regeerende party en diè se vroue en kinders om gebruik te maak van ons land se SOE’s,…en staat stelsels, hulle kan hulle pos by die Poskantoor gaan haal en nie Courier dienste gebruik nie, en hulle kinders in Staatskole sit en nie Privaatskole, gebruik maak van die mediese dienste wat verskaf word deur die staat en nie privaat hospitaal of dokter toe gaan nie, die vervoer stelsel, vlieg met SAL en nie Kalula nie, SABC 1,2, en 3 kyk en nie DSTV nie, ens ens ens………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.