Die laerskoolseun van Pretoria-Noord wat Maandag deur rowers met ʼn mes gesteek en van sy fiets beroof is, het weer ʼn groot glimlag op sy gesig nadat ʼn plaaslike motorfietsgroep ʼn splinternuwe fiets aan hom geskenk het én hom boonop ere-lidmaatskap gegee het.
Maroela Media het vroeër berig Frans van Zyl (13) is in die hospitaal opgeneem nadat twee rowers hom helder oordag naby sy huis oorval en met ʼn mes in die rug gesteek het. Hulle het met sy fiets gevlug. Frans het huis toe gehardloop en sy ma, Cecilia, het met hom hospitaal toe gejaag.
“’n Motorfietsgroep, die Chosen Soldiers, het van Frans se ondervinding gehoor en besluit hulle wil ʼn nuwe fiets aan hom skenk,” het Cecilia gesê. “Hulle het toe met my gereël dat ons vir hom ‘n samekoms by ʼn vriendin se huis reël as ʼn verrassing. Ek het hom Donderdagaand gevra om saam met my te ry na die vriendin se huis toe en daar het 16 motorfietsryers op hul motorfietse hom ingewag.”
Sy het gesê Frans was heeltemal oorweldig deur die oomblik en was in die wolke oor sy nuwe fiets. “Hulle het ook die motorfietsgroep se nommer op sy fiets geplak en gesê hy is nou amptelik ʼn lid van die groep, al werk sy fiets nie met brandstof nie,” het Cecilia laggend vertel. Frans het foto’s saam met die motorfietsryers geneem en al die motorfietse bewonder en oor hulle uitgevra.
Die eerste ding wat hy Vrydagoggend wou doen, was om saam met sy pa om die blok te gaan ry met sy fietsy. “Dit was net so ʼn wonderlike manier om die nare ondervinding in iets positief om te skakel. Dit was ʼn ongelooflike gebaar van hierdie groep motorfietsryers en wys net dat die persepsie dat motorfietsryers gewelddadig of ongeskik is, glad nie akkuraat is nie! Hulle was wonderlik.”
Intussen herstel Frans goed van sy meswond en het hy hierdie week begin om berading te ontvang, het Cecilia gesê. Hy sal volgende week terugkeer skool toe.
Welgedaan, Ouens! Dankie!
DIT IS NOU WAT ONS BIKERS SE HARTE SO BLY MAAK..MOOI SO MANNE.TROTS OP JULLE.ONS BIKERS DOEN BAIE VIR DIE GEMEENSKAP EN VERAL CHARITY..GLAD TO BE N BIKER..
Bless hulle!
Dis nou nice van hulle. Mag jy sommer vinnig beter voel grootseun!!!
Awesome … Love it
Wel gedaan vir daai groep bikers,n huge high five vir julle wens net daai artikel kan landswyd gepupliseer word of nog beter wereld wyd
Welgedaan manne, dit is nou `n wonderlike gebaar van julle kant af.
Haal my hoed vier hulle af.welgedaan.
Dit is baie wonderlik om sulle dinge te lees. 11/10 vir die motorfiets klub. Julle sal julle loon ontvang in die lewe hierna.
Baie mooi gebaar. Ons is ook motorfiets ryers en gebare soos hierdie laat ons harte somme sjokelade pomp.
Ek is so bly om te sien dat daar mense is wat omgee vir ons gemeenskap. Wel gedaan julle.
Awesome!!!.Baie bly dat hierdie seun na sy nare ondervinding, sy vertroue in die omgee van mense, herstel kan kry en leef on sy verhaal te vertel.
Dankie en baie seen aan al die motorfietsryers wat dit moontlik gemaak het.
Dit wil gedoen wees ouens! Wow!
Baie nice! ‘n Fiets kos deesdae heelwat geld. Ek hoop sy ma koop vir hom pepersproei wat hy PAL by hom hou as hy gaan fietsry!
Bring trane in my oe om te sien hoe goed van ons broeders en susters kan wees! Eks trots om as biker geken te word. Wens mense kan net meer sien wat ons bikers in die gemeenskap doen! En al wat ons vra is om jul oe oop te maak en “think bike” te wees… wel gedaan, sommer my dag gemaak om bietjie iets positief te lees vir ‘n slag!
Dit verander my hele persepsie van ‘n bikergroep. Baie dankie julle. Trots op julle!
Dit bewys weer eens: ons het nog BAIE goeie mense in ons land!! Thumbs Up vir julle ouens!!!
Pragtig
Wonderlik ouens!
Wel gedaan!!!! Trotse biker (al ry ek net ‘n scooterq
Ek het n biker vriend,hulle doen baie vir liefdadigheid. Goeie werk julle BIKERS.
Fantasties! Mense met groot harte wat n jong man se lewe veraltyd verander deur hierdie wonderlike daad.
Mooi, manne, mooi!
Dankie bikers en sterkte aan die seun.
Dit bring trane in my oë. Dankie aan almal wat nog iets oorhet vir jou medemens. Dis die skat in die hemel waarvan die Bybel praat. Gee sommer weer hoop vir ons mensdom.