Groot verskaffers van gesigmaskers vervolg

(Foto: Unsplash)

Die kompetisiekommissie het twee groot verskaffers van gesigmaskers na die kompetisietribunaal verwys vir vervolging, nadat hulle glo buitensporige pryse vir dié produkte gehef het.

Luidens ʼn verklaring deur die kommissie word Sicuro Safety CC en Hennox Supplies daarvan aangekla dat hulle die bepalings van die Mededingingswet oortree het. Dit volg ná ʼn ondersoek deur die kommissie bevind het dat dié twee ondernemings se pryse vir filtrerende gesigmaskers “astronomies” toegeneem het. Luidens die verklaring het Sicuro en Hennox se pryse vir dié maskers onderskeidelik met 969% en 956% toegeneem.

“Die twee ondernemings kon nie die kommissie met ʼn behoorlike rede vir dié toename in prys voorsien nie,” lui die verklaring.

Die vervolging van dié twee maatskappye volg op die vervolging van Dis-Chem en Babelegi, nadat dié ondernemings ook glo die pryse van gesigmaskers onbehoorlik verhoog het.

“Die kommissie gee wel toe dat Sivuro en Hennox se prysverhogings direk verband hou met die reaksie op die Covid-19-pandemie en die onvoorsiene gevolge daarvan op die wêreld in geheel en veral Suid-Afrika. Ten einde hierdie probleem aan te pak, het die kommissie die tribunaal gevra om ʼn interdik teen die betrokke maatskappye uit te reik ten einde hulle te verhoed om voort te gaan met buitensporige prysverhogings. Die tribunaal moet ook ʼn uitspraak lewer wat dié prysverhogings sal regstel,” lui die kommissie se verklaring.

Die tribunaal is ook gevra om die maatskappye ʼn boete op te lê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PieterP ·

Goed, wat is vit die kommissie ‘n aanvaarbare winsgrens? As die produk nie vir jou die prys werd is nie, moet dit nie koop nie. Eenvoudig soos dit. Alhoewel die brandstof pryse baie afgekom het, het geen kruideniersware se pryse afgekom nie, inteendeel dit het alles opgegaan en ons moet maar koop. In ons vrue mark was dit nog altyd dat pryse op supply and demand gewerk het, hoe groter die aanvraag hoe duurder raak die produk. As dit pap reën mag jy nie skep nie. Miskien moet hulle vleispryse, Toyota bakkies, kruideniers en alles anders ondersoek. My 3 minute va “devil’s advocate” om almal suur te kry.

netekalleen ·

En dis so maklik om materiaal.maskers te maak en glad nie duur nie. Jy het n stukkie filter materiaal van 20 cm breekd en 22 cm lank nodig en 20 cm rek en jy maak n masker. Ek het gister 16 gemaak vir onder R60

Eish ·

Die lap en rek se pryse het ook die hoogte ingeskiet! Lap word by die dag duurder en rek is onverkrygbaar!

Karel Kobus Kruger ·

Ek trek net n dun buff oor my gesig wat ek alreeds gehad het. Kos my niks nie. Ek doen dit in elk geval net omdat ek moet, nie omdat ek daarin glo nie. Soos maar met alle ander wette ook.

Porseleintjie ·

Gister was daar ‘n artikel dat netwerke hulle tariewe mag verhoog. Net in Maart moes Vodacom en MTN hulle tariewe verlaag na n hofgeding. Nou mag hulle tydens die lockdown weer hul tariewe verhoog. Dischem en Spar is verkla weens tarief verhogings tydens die lockdown en nou ook bg 2 maatskappye. Hierdie regering maak en breek soos dit hul pas. Gn wonder daar is geen wet en orde in SA. Daar is absoluut geen maatstaf nie. Laat my wonder aan wie die 2 maatskappye behoort.

'n Simpelman ·

Ja verstaan vraag en aanbod.
Maar selfde masker wat in Februarie R11.45, was is nou R40. 00. Prys op stadium oor R60. 00.

Die vervaardigingskoste het nie so vermeerder.
(addisionele oorhoofse kiste vir covid-19 voorsorg)

Dan soos gesê reeds deur ander.
Petrol en diesel prys af, maar geen voedsel ens.
Is dit nie net so groot misdaad teen die mense van RSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.