Groot verskille oor aanpak van werkloosheid blootgelê

(Foto: Facebook)

Groot verskille oor hoe om die land se groeiende werkloosheidskrisis die hoof te bied, is Donderdag in ‘n parlementêre debat oor die onderwerp blootgelê, met die ANC wat die staat as die oplossing sien, en die DA wat die staat as die probleem eien.

Die debat is aangevra deur die DA-leier, Mmusi Maimane, wat dit dan ook ingelei het. Volgens hom dra die regering se stramme ingesteldheid oor arbeidskwessies, regstellende aksie, swak staatsleierskap en die bodemlose put van reddingsboeie vir staatsondersteunde ondernemings tot die werkloosheidskrisis by. Hy het ook uitgewys dat die regering se beleid, insluitend Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), beleggers afskrik en die DA se plan teen werkloosheid as alternatief gestel.

Die DA-plan stel ekonomiese groei voorop en berus op vryemarkbeginsels, nie-rassigheid en ‘n soepeler benadering tot arbeidskwessies. Dit is in besonderhede uitgewerk en die onkostes daarvan is bereken, soos Maimane in ‘n wydlopende toespraak uitgewys het.

Dr. Pieter Groenewald van die VF Plus het gesê die aanwesigheid van net twee ministers in die debat toon dat die ANC die werkloosheidskrisis nie ernstig opneem nie. Hy het die nasionale werkloosheidskoers van 29% volgens die eng en 40% volgens die uitgebreide definisie gewyt aan wat hy as die ANC se sosialisties-kommunistiese beleidsrigtings noem en ‘n beroep op die oorbeweeg na vryemarkbeginsels gedoen.

In hierdie verband het Groenewald gesê werkloosheid word vererger daardeur dat sommige Suid-Afrikaners sekere werksgeleenthede nie kan kry nie bloot omdat hulle wit velle het.

Die minister van arbeid en werkskepping, Thulas Nxesi, het gesê die werkloosheidsyfer is vir almal ‘n skok en ‘n krisis. Volgens hom is die presidensie en die departement van handel en nywerheid besig met ‘n hersiening van die land se industrialiseringstrategie om werkskepping te bevorder, en sal die verbetering van breëbandtoegang ook hiertoe meehelp.

Nxesi het bygevoeg 3 miljoen jong Suid-Afrikaners is in terme van die jeugwerkskeppingsdienste gehelp om werk te kry en ‘n verdere 2 miljoen deur die vlugvoetige jeugwerkskeppingsprogram. Die afgelope kwartaal is 546 nuwe maatskappye in die land geregistreer en 384 van hulle is besig om funksioneel sake te doen.

Nxesi het gesê die bestryding van korrupsie en staatskaping is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir die bekamping van werkloosheid, en dat die regering daartoe verbind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert van Wierdapark

Die “Fats Cats” in beheer voel vere vir die probleem!!! Die stemvee is net belangrike tydens die verkiesing-beloftes!!

Deloris

Ne?

CW

haai ooo, die da het n plan, mooi so

humor

Ons moet op die grondvlak begin. Eerstens oorskry die populasie van die land by verre die moontlikhede om genoeg arbeid te verskaf. Tweedens die plundering van die staatsdiens en semistaatsinstelling kortwiek die ekonomiese vermoe om voldoende arbeid te verskaf. Derdens psigiese en verstandelike vermoens onbevogdheid en die onwillighdeid tot opvoeding en opleiding is n groot bydraende faktor tot werkloosheid. Vierdens Onbeheersde bevolkings aanwas toon aan dat die probleem werkloosheid nie maklik in die toekoms opgelos sal word nie. Vyfdens Honger Afrikalande oorstroom SA met die persepsie dat SA vir hul die oplossing is en vir hul n toekoms skep. Hierdie… Lees meer »

John

CR se reaksie tov die krisis by migrante-stalletjies toon sy vrome gedagtegang wat ekonomiese groei betref: uitlandse gehuggies met eienaars wat wette minag. Die chaos het begin toe polisie uitlanders gekonfronteer het oor onwettige bedrywighede en met woede verjaag is. ‘n SA-taxibestuurder is intussen deur uitlanders wat smokkel, vermoor. Nou is die uitlanders die helde en droomsakemanne en ons mense, wat goed en wel daarna misdadig opgetree het a la die Guptiana-voorbeeld, die enigste boewe en ook ons kamma-polisie wat niks mag doen nie. Hoekom dit nie so in ander Afrikalande gaan nie, is juis omdat hul polisie, polisie is.… Lees meer »