Groot verskille oor aanpak van werkloosheid blootgelê

(Foto: Facebook)

Groot verskille oor hoe om die land se groeiende werkloosheidskrisis die hoof te bied, is Donderdag in ‘n parlementêre debat oor die onderwerp blootgelê, met die ANC wat die staat as die oplossing sien, en die DA wat die staat as die probleem eien.

Die debat is aangevra deur die DA-leier, Mmusi Maimane, wat dit dan ook ingelei het. Volgens hom dra die regering se stramme ingesteldheid oor arbeidskwessies, regstellende aksie, swak staatsleierskap en die bodemlose put van reddingsboeie vir staatsondersteunde ondernemings tot die werkloosheidskrisis by. Hy het ook uitgewys dat die regering se beleid, insluitend Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), beleggers afskrik en die DA se plan teen werkloosheid as alternatief gestel.

Die DA-plan stel ekonomiese groei voorop en berus op vryemarkbeginsels, nie-rassigheid en ‘n soepeler benadering tot arbeidskwessies. Dit is in besonderhede uitgewerk en die onkostes daarvan is bereken, soos Maimane in ‘n wydlopende toespraak uitgewys het.

Dr. Pieter Groenewald van die VF Plus het gesê die aanwesigheid van net twee ministers in die debat toon dat die ANC die werkloosheidskrisis nie ernstig opneem nie. Hy het die nasionale werkloosheidskoers van 29% volgens die eng en 40% volgens die uitgebreide definisie gewyt aan wat hy as die ANC se sosialisties-kommunistiese beleidsrigtings noem en ‘n beroep op die oorbeweeg na vryemarkbeginsels gedoen.

In hierdie verband het Groenewald gesê werkloosheid word vererger daardeur dat sommige Suid-Afrikaners sekere werksgeleenthede nie kan kry nie bloot omdat hulle wit velle het.

Die minister van arbeid en werkskepping, Thulas Nxesi, het gesê die werkloosheidsyfer is vir almal ‘n skok en ‘n krisis. Volgens hom is die presidensie en die departement van handel en nywerheid besig met ‘n hersiening van die land se industrialiseringstrategie om werkskepping te bevorder, en sal die verbetering van breëbandtoegang ook hiertoe meehelp.

Nxesi het bygevoeg 3 miljoen jong Suid-Afrikaners is in terme van die jeugwerkskeppingsdienste gehelp om werk te kry en ‘n verdere 2 miljoen deur die vlugvoetige jeugwerkskeppingsprogram. Die afgelope kwartaal is 546 nuwe maatskappye in die land geregistreer en 384 van hulle is besig om funksioneel sake te doen.

Nxesi het gesê die bestryding van korrupsie en staatskaping is ‘n noodsaaklike voorvereiste vir die bekamping van werkloosheid, en dat die regering daartoe verbind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die “Fats Cats” in beheer voel vere vir die probleem!!! Die stemvee is net belangrike tydens die verkiesing-beloftes!!

Dries du Toit ·

CW , Ek is nie n DA ondersteuner nie maar kon net soos dr. Groenewald nie fout vind met Musi se uitgangspunt nie. Kom laat ons nie vyande soek in die mense wat die ware vyand beveg nie. Die vyand is die ANC en EFF en hulle komunistiese alliansies

humor ·

Ons moet op die grondvlak begin.
Eerstens oorskry die populasie van die land by verre die moontlikhede om genoeg arbeid te verskaf.
Tweedens die plundering van die staatsdiens en semistaatsinstelling kortwiek die ekonomiese vermoe om voldoende arbeid te verskaf.
Derdens psigiese en verstandelike vermoens onbevogdheid en die onwillighdeid tot opvoeding en opleiding is n groot bydraende faktor tot werkloosheid.
Vierdens Onbeheersde bevolkings aanwas toon aan dat die probleem werkloosheid nie maklik in die toekoms opgelos sal word nie.
Vyfdens Honger Afrikalande oorstroom SA met die persepsie dat SA vir hul die oplossing is en vir hul n toekoms skep. Hierdie onbeheersde grensinvloeing sal in die toekoms in die huidige regregring se gesig ontplof wat baie ernstige gevolge gaan he en n onoplosbare probleem sal bly.
Sesdens Die reeds onuitroeibare en gevesdigde korrupsie verhoed internasionale beleggingsmoontlikhede.
Sewende Onbeheersde misdaad en plundering demp interpeneurskap. Ook kweek dit by die jongeregeslag n gevoel van opstand en verset om arbeder te wees.
Talle punte kan nog genoem aangevul word.

Von ·

Humor…. jy slaan die spyker op die kop…korsigtigheid aan die kant van die huidige regering le alles aan bande….ons hoop .???????

John ·

CR se reaksie tov die krisis by migrante-stalletjies toon sy vrome gedagtegang wat ekonomiese groei betref: uitlandse gehuggies met eienaars wat wette minag. Die chaos het begin toe polisie uitlanders gekonfronteer het oor onwettige bedrywighede en met woede verjaag is. ‘n SA-taxibestuurder is intussen deur uitlanders wat smokkel, vermoor. Nou is die uitlanders die helde en droomsakemanne en ons mense, wat goed en wel daarna misdadig opgetree het a la die Guptiana-voorbeeld, die enigste boewe en ook ons kamma-polisie wat niks mag doen nie. Hoekom dit nie so in ander Afrikalande gaan nie, is juis omdat hul polisie, polisie is. Ons regering sal moet besluit of ons toeskouers in uniform kan bekostig.

Ag ·

Weg met die onwettige buitelanders. Hulle besoedeling ons land. Maak erns hier mee.

Danie ·

Minder mense sal n klomp wêreldwye probleme oplos. Dis hoog tyd vir verpligte sterilisasie van skoolmeisies as jy die kort strooitjie trek. Wêreldwyd

jakes ·

Werkloosheid beteken daar is mense wat nie werk kry of het nie. Dit beteken ook dat die ekonomie negatief groei en dat daar meer mense is wat werk soek as wat daar werk beskikbaar is. SA se grootste probleem is dat ons bevolkingsgroei buite beheer is en dat daar nooit genoeg werk sal wees vir almal nie. Besoek maar hospitale en klinieke en sien hoeveel babas per dag gebore word. Verder is daar weinig instromingsbeheer en miljoene stroom die land onwettig binne.

RB ·

Die ANC het geen idee hoe werkskepping lyk nie. Werk beteken n persoon moet uitset lewer of waarde toevoeg in n organisasie waarvoor daar op weeklikse of maandelikse basis vergoeding betaal word. Werk is niè om n stoel vol te sit, vanaf n platform nonsens te praat (te lieg en bedrieg) en te vat wat niè aan jou behoort nie. So HOE wil hulle werk skep as hulle nie weet wat werk is nie!

Dup du Plessis ·

Sou daar dadelik ‘n program tot stand kom om populasie groei te demper sal dit baie gou ‘n positiewe effek hê. Omdat die ekonomie stadiger groei as die bevolking aanwas en dit nie op dreef kan kom nie, moet daar na die ander alternatief gekyk word om die bevolking groei te laat afneem, dit kan dan ‘n positiewe wees vir volhoubare ekonomiese groei. Dit is baie hartseer dat mense wat soms nie eers hulself kan voed en klee nie in baie gevalle ‘n paar kinders het wat dan totaal op ander se aalmoese ens. moet staatmaak. China het gewys dat so iets moontlik is. Die vraag is egter of Afrika so iets kan instel.

Vlakvark ·

KERNVRAAG: “Welke boublokke moet in welke orde wanneer in welke posisie wees om by die einddoel te kom, naamlik voldoende volhoubare WÊRELDKOMPETEERBAARHEID om die nodige buitelandse valuta te verdien. Wys my die Ganttkaart wie moet wat wanneer doen.
Dit is mos nie kernfisika nie! Hou op om die lys van gedagtes net te lys. Sodanige lys van probleemoplossings beteken haas niks nie.

Thinus ·

Dis maklik, raak ontslae van die ANC en die EFF en hulle patetiese en rassistiese policies dan sal als self regkom. Hulle is onbevoeg en nie in staat om ‘n moderne ekonomie te bestuur nie. Hulle trek die land af.

tw ·

Net so in die stilligheid gewonder. Met hierdie nuwe “gesondheidsplan”, hoeveel duisende gaan hulle werk verloor as die mediese fondse nie meer gaan bestaan nie.

Lionel ·

Is Thulas nie die knapie wat Jakob se vuurpoel by Nkandla verdedig het nie? Watter geloofwaardigheid het hy? Hy moes lankal die trekpas gekry het.

Ig ·

Darem laasweek werkskepping in wording gesien, 35 werkers wat 4 slaggate moet regmaak vir die dag met 5 wat werk en die res is besig om rond te hang en op hulle selfone te werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.