Groot vertragings in Kaapstad tydens taxibetoging

Paaie is Vrydag in Kaapstad versper deur taxibestuurders (18 Oktober 2019) (Foto verskaf)

Minibustaxi’s het Vrydag groot verkeersopeenhopings in Kaapstad se middestad en omgewing veroorsaak toe hulle verskeie paaie versper het.

Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het die versperrings ten sterkste veroordeel. Dele van Sir Lowryweg en Christiaan Barnardrylaan is versper en daar is groot vertragings op die N2 en M5.

Die taxibestuurders reageer glo op onlangse boetes, taxi’s wat geskut is vir lisensiëring en permitte en ander verkeersoortredings.

Daylin Mitchell, DA-woordvoerder oor vervoer en openbare werke, het gesê dit is onaanvaarbaar dat taxioperateurs in Stad Kaapstad die besluit geneem het om noodsaaklike roetes in die metro te versper. “Die stad kan nie gyselaar gehou word deur ʼn paar persone wat weier om aan die wet te voldoen nie. Ek doen ʼn beroep op die leierskap van die taxiverenigings, taxi-eienaars en taxibestuurders om nie verkeersontwrigtings te gebruik as ʼn manier om kwessies aan te roer nie. Hierdie anargie raak onskuldige persone wat staat maak op die roetes om in en uit die stad te beweeg.”

Mitchell het gesê hy versoek wetstoepassers om vinnig te reageer om die versperrings op te klaar en diegene wat daarvoor verantwoordelik is, in hegtenis te neem. “Niemand is bo die wet verhewe nie en geen burger het die reg om ander se regte op só blatante manier te skend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Cora Simpson ·

So, met ander woorde ek hoef nie enige boetes of spoed ortredings betaal nie, Ek benodig nie ‘n bestuurders lisensie nie en my kar hoef nie pad vaardig te wees nie en ek het nie nodig om ‘n kar lisensie te koop nie. Dis fantastiese nuus!!

Ben Wolmarans ·

Jou vel moet net die regte kleur wees dan kan jy dit doen.

colleen ·

Presies. As hulle die padreëls gehoorsaam, lisensies op datum is en voertuie padwaardig is sal daar nie boetes uitgereik word nie. Kan ek my speelgoed ook gooi en die land tot stilstand ruk wanneer ek ‘n boete kry?

Manie W ·

Hulle beplan en voer dit onder ons neuse uit sonder dat die owerhede daarvan bewus is?

Ryan ·

Daar word mos geglo die reëls en regulasies kom van voor apartheidsjare af en is dus kolonialisties – volgens hulle (taksibedryf) moet dit als tot nuut gemaak word.. Dit is belaglik hoe almal nou moet swaarkry om dat ‘n paar nie voel die wette kan op hul toegepas word nie. Ek sien dit die hele land deur. In die baai was die vergadering tot die mosie van wantroue in die huidige burgemeester gekanselleer omdat sekeres gedreig het met geweld.. Hoe kan ons toelaat dat die land deur sulkes gyselaar gehou moet word? Vang hulle en hang hulle!!

Riaan ·

Patetiese da laat dit toe!

Veroordeel gaan nie probleem oplos. Duidelik voel da NIKS vir belastingbetalende, wetsgehoorsame publiek wat verontrief word nie!

Sandra ·

As die DA so sleg is, hoekom is Kaapstad so goed bestuur? Ons het skoon oudit. Die kinders gaan skool. Ek vra maar net…

Riaan ·

Maar taxi’s maak net wat hulle wil op julle paaie en ontwrig gewone belastingbetalers se reg om paaie te gebruik?
Vra ook maar net want ek is alreeds by huis in patetiese da beheerde PTA!

Hanno ·

Onthou om ook oor die Kaapse vlakte te vra. Voorstede soos Manenberg….

Hanlie ·

Tipies. As hulle nie hulle sin kry nie, dan gebeur dit. Onopgevoede spul. Hulle wil mos alles verniet he, van plase en wie weet wat nog.

Ben ·

Ag nee, daar kom net meer en meer taxi’s en seker ook meer betogings. Vergelyk Kaapstad nou met 20 of 30 jaar gelede! En Houtbaai? Pleks van vorentoe het ons hard terug uit gegaan.

Andre Stander ·

Wel, dit is wat die meerderheid wou gehad het. En voor gestem het..

Moenie nou kla oor die nagevolge nie.

aj ·

Verbied die taxis in sekere strate veral op die kritieke roetes.

M.a.w. strate met GEEN TAXIS!

Dan sal die gewone voertuie sekere taxi vrye roetes gebruik terwyl die kriminele taxis mekaar frustreer met hulle wettelose gedrag.

M.a.w. skei die “taxi strate” van die “private voertuig” strate.

Yankee ·

Ag kom tog nou. Hoe anders gaan hierdie bestuurders vir hul gesinne sorg. Sy taxi is dan geskut. Boetes wat hy waar moet kry. Terwyl ons lekker n wyntjie drink, vleis gaarmaak, rugby kyk, werk hierdie ouens vir n vale. Verstaan tog, nie almal van ons is met n “geel” lepel gebore!! Wees verdraagsaam.

SB ·

Maar net nog ‘n bewys dat die taxibestuurders geen respek het vir die padreels nie, en maar net voortgaan met hulle kriminele aktiwiteite.

Ghostrider ·

Selfs die regering is bang vir die taxibende! Dis maar net nog n teken van die wettelose en misdadige land waarin ons woon. Kyk maar hoeveel sterf in taxi-ongelukke, maar dit lyk nie of die regering omgee nie.

elsa ·

Polisie het vanmiddag rubber koëls geskiet op N2 by Raapenberg brug. My seun het etenstyd buitelandse toeriste lughawe toe gevat en moes deur die optogte ry.

BM ·

En so rafel ons geliefde land uit. Ons gewone burgers het geweet dat dit so sal wees, want ons ken ons mense. Dit is soos ‘n klomp hoenders wat mekaar verdring vir die laaste paar mieliepitte. Die dag van môre is nie van belang.

Gert ·

Kriminele wat wetteloos floreer, danksy ‘n ondersteunende regering.

Brakkies ·

Ons het ook in daai nagmerrie vasgesit. Ek wil egter die verkeers beamptes bedank vir hulle flinke optrede. Die taxi bestuurders is gearesteer en hul taxis is geskut. Gelukkig word hul nie net gelos om anargie te pleeg soos hul wil nie…. ek hoop dis n duidelike boodskap vir die taxi bestuurders…

Cuda ·

Taxis is net een van die verkeersissues. Ek nooi enige persoon om enige “tyd” van die aand of enige dag van die week op die N1 van Kaapstad na Paarl te ry. Ek waarborg jou voertuie sonder ligte agter, soms voor, sleep ‘n wa sonder ligte, of ligte is so dof dit help niks. MAAR geen verkeerspolisie trek hulle af nie. Voetgangers gebruik die N1, R300, N7, ens soos hulle wil. Gereeld tref en trap, maar niemand polisieer dit nie.

Joke! ·

Hehe kan maar net lag vir die sirkus en al die narre wat dit probeer bestuur..Die stert swaai die hond in die land…
Die taxi bedryf regeer die land met hul onwettige pad versperings, hul kla nadat hul oortree en maak dan die wat wel wettiglik wil gaan werk en sy belasting geld vir die land laat werk word ontneem van hul regte maar die taxi kriminele wat kla oor hul die wette breek word toegelaat om chaos te veroorsaak?…Hoe werk jy dit uit dat die lamlendige regering vat hul nie aan?Die polisie kyk net???Wat de hel!!! Die hond swaai die stert is wat gebeur in Suid Afrika oor n klomp narre die land bestuur!!!

JohanR ·

Kaapstad – laat die nou die strooi wees wat die kameel se rug breek. Julle, die DA is in bevel in die Wes-Kaap, en nie die taxis nie. Sleep die goed weg op groot skaal, en berg hulle iewers, totdat die bestuurder en eienaar in die hof verskyn het. Dan vra R10000 om die taxi vry te laat. Hulle sal gou leer. Tyd om nie meer met katjie handskoene te speel nie. Word nou erg beneuk. Die publiek steun julle.

Louis leeu ·

Tipies is hulle verhewe bo die wet As jy verkeerd is moet jy beboet word .Kan ons ook ons voertuie dwars in die pad gaan trek as ons boetes kry.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.