Groot verwarring oor vervoer van drank

(Foto: pixabay)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake se aankondiging dat drank nié oor die Paasnaweek vervoer mag word nie, het groot verwarring – en groot woede – veroorsaak.

Ingevolge die jongste regulasies wat in die Staatskoerant aangekondig is, word geen verbod op die vervoer van drank geplaas nie.

Die regulasies bepaal wel dat drankwinkels nie alkohol oor die Paastyd mag verkoop nie. Plekke soos restaurante, kroeë en sjebiens mag steeds alkohol bedien.

Nkosazana Dlamini-Zuma het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê mense sal vandag nog drank mag vervoer. Volgens die minister word die vervoer van drank egter van middernag vanaand tot Maandag om middernag verbied.

“Vandag, ja. Dit word toegelaat, maar nie oor die naweek nie. Die polisie gaan padblokkades hou,” het Dlamini-Zuma vroeër vandag gesê.

“Mense gaan nie toegelaat word om drank van een plek na ʼn ander te neem nie.”

Regskenners sê egter ʼn blote aankondiging dra geen gewig nie.

Prof. Koos Malan, verbonde aan die departement publiekreg by die Universiteit van Pretoria, het by navraag gesê ʼn aankondiging moet eers in die Staatskoerant verskyn.

“Indien daar ʼn bepaling in die Staatskoerant tot daardie effek is, is dit bindend. ʼn Blote mondelinge afkondiging het in die afwesigheid van ʼn ooreenkomstige bepaling in die Staatskoerant geen bindende gesag nie,” sê Malan.

Dit is nie die eerste keer dat die regering hom weerspreek oor regulasies en hom die gramskap van gewone burgers op die hals haal nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede jaar in ʼn toespraak aangekondig dat die destydse verbod op die verkoop van tabakprodukte opgehef gaan word. Dit is daarna egter steeds verleng en ook só in die Staatskoerant aangekondig.

Indien regulasies oor ʼn verbod op die vervoer van drank wel in die Staatskoerant afgekondig word, is dit bindend. Dit is moontlik dat só ʼn aankondiging nog kan volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

‘n Hele korps dokters en verpleegsters moet NDZ ondersoek. Ek is seker sy ly aan vroe demensie?

Anoniem ·

Indien NDZ dit weer agteraf gaan verander, is dit tyd dat die ganse SA opstaan en vir haar ‘n duidelike groot pit druk.

Persheks Adri ·

Wat ookal kopdoek ons maak wat ons wil jy’t ook áltyd iets te sê bly bietjie stil man en gaan pas jou kleinkinders op pffft

Chris dupreez ·

En president kopdoek neem weer haar eie besluite oor wat mag gebeur

Stof ·

Ek is bekommerd oor my voertuig. Sy het ‘n reuse drankprobleem en kan nie ry as sy nie ‘n tenk vol van haar gunsteling sopie vervoer nie. Gaan sy nou in die moeilikheid wees as sy gevang word?

Botterblommetjie ·

Die peobleem is… As ek alkohol wel gaan vervoer, al is dit onwettig om my te vang… Wie sien kans vir die polisie? Het ons nie geleer hulle maak soos hulle wil nie… So as jy drank vervoer, jy lus vir die baklei ens?

KO ·

Goeie helle. . . lekker duimsuig. . . ” the police will be doing Roadblocks and stuff” . . .

Samuel ·

Wat kan mens anders verwag van hierdie regering? Ek stem saam, NDZ is die eintlike president.

Inkpot ·

Wanneer gaan Cyril vir die ou tannie vertel om haar plek te ken?
Sy spring na elke afkondiging van die president tussenbeide om veranderings aan te bring.
Dit laat die president maar bra sleg lyk.

Stof ·

Iets wat ook oorgesien is, is die feit dat nagmaal in die meeste gemeentes bedien word tydens paasfees. Dit is juis net voor paasfees, wat Jesus self die nagmaal ingestel het. Alhoewel baie gemeenstes alkoholvrye sap gebruik, is daar veral by die tradisionele gemeentes die gebruik om wel alkoholiese wyn te gebruik. Die owerhede het nie hierdie feit, mooi in ag geneem nie.
Ek sou dus reken, enige Abel Konstabel wat ‘n kerkraadslid wat nagmaalwyn vervoer, viktimiseer, sal aan hoër Gesag moet verantwoording doen. En dan is dit siepsop en braaiboud en in die hoekie gaan staan, alles tegelyk.

richard ·

Dit lyk soos n cele versoek want waaroor gaan hy Dinsdag spog oor al die mense wat inhegtenis geneem is want die strande is oop.

Pieter J ·

Kan Cyryl dan op geen manier van hierdie walglike mens in sy kabinet ontslae raak nie of is hy te slapgat daarvoor. Ek dink sy het reeds vir die windgat minister met die hoed opdrag gegee dat motoriste voorgekeer en deursoek moet word.

Lee ·

NDZ het nou maar eenmaal haar mes in vir rokers en drinkers. Ai tog!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.