Groot vonds toe Kaapse polisie toeslaan op winkel met ‘tradisionele medisyne’

Wetstoepassers het op 29 sakke boombas, ʼn olifantpoot, jakkalsvelle en ʼn ottervel beslaggelê. (Foto: SAPD)

Talle onwettige fauna- en flora-spesies is die afgelope week ontdek toe die polisie en SANParke se eenheid vir omgewingsmisdaadondersoeke in Kaapstad op ʼn winkel met tradisionele medisyne toegeslaan het. Die eienaar van die winkel is op die toneel in hegtenis geneem.

Die klopjag het ʼn einde aan ʼn vier maande lange multidissiplinêre operasie gebring waarby die Kuilsrivier-polisie se eenheid vir bedreigde spesies en amptenare van Cape Nature ook betrokke was. Dit vorm deel van die onderskeie rolspelers se pogings om die voortslepende stroping van beskermde spesies, insluitend die bas van beskermde boomspesies, te stuit.

Wetstoepassers het op 29 sakke boombas, ʼn olifantpoot, jakkalsvelle en ʼn ottervel beslaggelê. (Foto: SAPD)

Lede van die taakspan het op 29 sakke boombas, ʼn olifantpoot, jakkalsvelle en ʼn ottervel beslaggelê.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die span het die betrokke winkel in Kaapstad al geruime tyd gelede geïdentifiseer en dopgehou.

Wetstoepassers het op 29 sakke boombas, ʼn olifantpoot, jakkalsvelle en ʼn ottervel beslaggelê. (Foto: SAPD)

Die winkel het bas en verskeie ander items by onwettige verskaffers vir moetie-doeleindes aangekoop.

Die waarde van die goedere moet nog bepaal word.

ʼn Strafregtelike saak is intussen geopen, met een verdagte wat tot dusver van die besit van wilde dierekarkaste en flora-spesies sonder ʼn permit aangekla is.

Die verdagte sal eersdaags in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Volgens die polisie sal nog verdagtes na verwagting binnekort in hegtenis geneem word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Die absolute blatantheid! Maar dan weer in ag genome waarmee SAners mee wegkom, kan ek dink die “winkel” doen eenvoudig voort mer sy onwettige produkte.

JohanR ·

Die land sal van land tot see droog gesuig word en nie net deur onwettige fauna- en flora diewe nie maar deur die ANC regering self!

SjN ·

Hoe kan hul die waarde bepaal? Hul los niks uit nie en alles moet gedood en ten gronde gaan, deel van hul tradisie.

Papsak ·

Is al wat hulle wil en kan doen alles moes uit gewis om hulle wees so mooi prentjie om dit te sien anders is jy blind om dit raak te sien

Riaan ·

Dit is die decolonized weergawe van westerse gesondheidsorg. Dit is mos wat ons Pres wil hê.

Republikein in die Wes Kaap ·

NGV sal meer mense na tradisionele medisyne dryf.

Jakes ·

Die beamptes moes seker met maskers die winkel deursoek. Kan my indink dat die wallims nogal rof was tussen al daai medisyne. Maar dan weer is die reuk seker deel van die heelings proses. Haal diep asem as jy dit gebruik. Lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.