ʼn Taakspan het op meer as 30 stukke renosterhoring op die OR Tambo-lughawe beslag gelê as deel van deurlopende optrede om misdaadbedrywighede op die internasionale lughawe te stuit.
Lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê ná onlangse berigte van ʼn toename in renosterhorings in die Ooste wat uit Suider-Afrika kom, het hulle besluit om hul optrede teen uitwaartse vlugte in die vraggedeelte van die Kemptonparkse lughawe op te skerp.
“Die multidissiplinêre span op die OR Tambo-lughawe, wat bestaan uit verskeie staatsdepartemente, onder wie lede van die SAPD, doeane en aksyns, en die Lughawensmaatskappy se veiligheidsafdeling, is op hul hoede en werk onverpoos om te keer dat kontrabande van hier af landuit gesmokkel word,” sê Mogale.
Terwyl lede van die honde-eenheid talle pakhuise op die lughawe deursoek het, het hulle afgekom op ʼn pakhuis waar ʼn vrag nog verpak is om landuit geneem te word. “ʼn Hond van die eenheid het positief gereageer op ʼn vrag wat vir ʼn bestemming in die Midde-Ooste bestem was,” sê hy.
Nadat die vrag met die hand deursoek is, het die eenheid se lede op deurmatjies en gelamineerde laaghout afgekom. By nadere ondersoek het hulle 30 stukke renosterhoring wat toegedraai was in plastiek gekry waar dit onder die gelamineerde stukke hout versteek was.
sou dit nie aangenaam wees as die mensdom ‘n teen reaksie kon ontwikkel teen renoster horing en ivoor
maar dis nou te laat
daar is nie veel oor nie
vervlakste midde ooste!
wat gaan hulle doen as alles nou klaar is
stukkende ♥
Sny middelvinger van elke hand van smokkelaars af – n oog vir n oog!
Wat verstaan die mense nie van dat renosterhorings geen doel het vir die mens nie.
Hulle verstaan NIKS. Dankie dat daar nou daadwerklik opgetree word en die gemors gevang word. Nou moet dit net behoorlik vernietig word. Die honde is goud werd. So lief vir hulle.
As ek n veearts was of ‘n renoster besit het, het ek die dier se horing vervang met ‘n sterk prostese en dit oral uitsaai en aandui dat hulle horings verwyder is as teenmisdaad intervensie
Welgedaan… Maar so jammer dat dit te laat is vir die renosters wat se horings gevind is.
Vergiftig die horings en laat hulle deurgaan, spring pop corn en sit terug! Is dit so moeilik?
Die skrefie nasie glo die renoster horing help met die klein koppie en soos die sielkundige dit gestel het… as die klein koppie draai dan werk die groot kop nie meer.
X+Y=X+Y
Is dit nie die presiese hoeveelheid renosterhorings wat n jaar of twee terug op misterieuse wyse uit mpumalanga parke raad se kluis weggeraak het nie? Dubia- dis is ook mos waar zuma se seun en die guptas weg kruip?