Groot vreugde by Tutu se 60ste huweliksherdenking

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou Leah geniet 'n vrolike oomblik voor die seremonie Foto: African News Agency

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou Leah geniet ‘n vrolike oomblik voor die seremonie Foto: African News Agency

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, het Donderdag opnuut hul trou aan mekaar beloof tydens hul 60ste huweliksherdenking.

“Ons voel só geseënd,” het Tutu gesê.

Tutu se opvolger as Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Njongonkulu Ndungane, ds.prof. Barney Pityana en Michael Weeder van die katedraal was van die gaste wat die plegtigheid bygewoon het.

Die egpaar se dogter, ds. Mpho Tutu, het ʼn groot deel van die seremonie waargeneem en die hernuwing van hul huweliksbeloftes gelei. “Neem jy Desmond as jou wettige man, vir beter of vir slegter?” het Mpho aan haar ma gevra. “Vir beter en beter!” het Leah geskerts.

Die seremonie het vreugdevol voortgegaan en Tutu het later vrolik saam met die marimba-orkes gedans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Congratulations to a wonderful and a very exemplary South African couple on being married for six decades.

Great is, the Lord and greatly to be praised.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.