Groot wending in ‘Bethal-moordkomplot’

Hendrik Abraham Barnard. Foto: Verskaf

Hendrik Abraham Barnard. Foto: Verskaf

Die saak van die sogenaamde Bethal-moordkomplot het ʼn groot wending geneem met die inhegtenisneming vandeesweek van die vermeende meesterbrein.

Ná verkeerde inligting wat deur die Valke in Mpumalanga aan die media deurgegee is, is daar vasgestel dat die sogenaamde komplot nooit was om ʼn boer te vermoor nie, maar oor ʼn boer wat na bewering beplan het om van mense ontslae te raak wie hy sukkel om van sy grond af te verwyder.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die boer, Hendrik Abraham Barnard (51), is Maandag in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die Bethal-landdroshof verskyn waarna hy op borgtog van R30 000 vrygelaat is.

Volgens Sekgotodi het Barnard glo vir Sunboy Sibande (35), wat Donderdag weens die beweerde komplot in hegtenis geneem is, R60 000 gegee om huurmoordenaars te vind om mense wat op sy plaas woon te vermoor.

Sibande het na bewering Bonginkosi Excellent Mnisi (33), Dumisani Sambo (46) en Nomalanga Khumalo (49) genader om die daad uit te voer. Die drie is reeds verlede maand in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding.

Sibande het Vrydag in die Bethal-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.

Maroela Media het aanvanklik berig vyf verdagtes, waaronder Mnisi, Sambo en Khumalo, is in Januarie in hegtenis geneem nadat hulle saamgesweer het om ʼn boer te vermoor nadat dié ʼn hofbevel verkry het om hulle van sy grond te verwyder. Die inligting was egter verkeerdelik aan die media oorgedra en Sekgotodi het omverskoning vir die “misverstand” gevra.

Sy het aan Maroela Media verduidelik dat Mnisi, Sambo en Khumalo nie die inwoners was wat op die plaas gebly het nie, maar egter deur Sibande, die middelman, gehuur is om die inwoners op Barnard se plaas te vermoor. Die inwoners beweer hulle het voorvaderlike regte op die grond en weier om die plaas te verlaat.

Aanklagte teen twee van die vyf verdagtes wat aanvanklik in hegtenis geneem is, is ná hul tweede hofverskyning op 16 Januarie teruggetrek.

Mnisi, Sambo en Khumalo het almal om borgtog aansoek gedoen. Mnisi is borgtog geweier. Sambo en Khumalo is borgtog van onderskeidelik R10 000 en R30 000 toegestaan, maar kon sedertdien nie die bedrae betaal nie en bly dus steeds in aanhouding.

Al vyf verdagtes sal na verwagting op 27 Februarie weer in dieselfde hof verskyn op aanklag van sameswering tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

AL ·

My siening ook. Mediaverklarings moet mos reg oorgedra word aan die media. Ek het nog nooit gehoor van n mediaverklaring wat verkeerdelik met soveel verskille uitgereik is nie.

Skim ·

JAnee nou sal die plaasboer weer vervolg word en nie die LEUENAARS nie. Die plaasboere wat REEDS vermoor is is maar ok .. vandag alweer 4 in een huis en ‘n ander wat buite sy kombuis doodgeslaan is, maar kom ons konsentreer eerder op KOMPLOTTE!! Almal weet een hierdie tyd hoe LIEG iemand as hy vasgetrek word en moontlik in die tronk kan sit .. Dit is deesdae baie maklik om ‘n blanke te beskuldig .. Nou was dit ‘n MISVERSTAND. Dit is lagwekkend, tog glo iemand hierdie mense.

Francis ·

As dit al manier is om te keer dat jy ook uitgemoor word …………
die wat betaling ontvang om ALLE SUID AFRIKAANS BURGERS TE BESKERM IS NOU SEKER OP VERLOF !!!!!!!

Barnie ·

Wat vir my interessant is, is hierdie boer is die selfde persoon wat ‘n ruk gelede in die nuus was, nadat daar ‘n hele klomp van sy beeste vergiftig is. #sêmaarnet!

johann ·

Daar het jy dit. As jy wit is is dit nuus en jy is ‘ n teiken.

MCS ·

Ek glo ook niks wat in die berig staan. As ons twee en twee bymekaar kan sit , waarom is die geleerdes in die veld so “ignorant”. Dit is so maklik om vandag die slagoffer tespeel as sake vir sekere mense tewarm word. Die boer sal natuurlik nou weer as die booswig gesien word.

Marita ·

Verregaande! Die arme man word nou ge’frame’, wil dit lyk. Veral as dit sy beeste is wat voorheen vergiftig is.

CAB ·

MM het het Julle dalk al sy kant van die saak gehoor. Die R60000 maak half sin maar die beeste wat vergaftig was vertel n ander stories?

cor ·

Dit klink na n wolhaar storie die eerste nuus is kwansuis verkeerd deur gegee, nou wie kan waarborg hierdie is die waarheid en die media eet dit vir soetkoek en versprei as die waarheid. Dit is net ‘n ander manier om nog ‘n witte van sy grond af te kry en ‘n ander manier van grond gryp.

Grondhonger ·

Ja-nee Angela, een van die dae sien jy my in Eisfeld om na meer as 300 jaar my grondjie te kom terugvat.

Cherokee ·

Daar gebeur soveel vreemde dinge dat ek nie ‘n gesig getrek het toe ek die nuus lees nie. Een van daardie berigte waar ek in stilte vanaf die pawiljoen die gebeure wil gade slaan – of soos in ‘n sepie met kinkels en draaie niks vooruit wil raai nie. Solank die reg net reg toegepas word.

Boer ·

Pieter
Kom uit ou maat , hoeveel ondervinding het jy met hierdie sake . As jy nie het nie bly eerder stil

Johann Barnard ·

Ek dink hy is heeltemal onskuldig en as hy skuldig is,wat daarvan!!!

Cherokee ·

Johann Barnard, jy klink na die regte man om hom te gaan verdedig in ‘n hof.

Johannes van Staden ·

Dis n GROOT misverstand WOW …glo dit nie …dis nou n voorbeeld van fopnuus

deon ·

Ag asb,ken die man hy boer langs die lokasie so hoekom sal hy nou n stat wil verwyder..

willie ·

Ons boere se probleem is ons het te veel ” Pieters” in ons geledere! Magtag!!!!!

J ·

Renette. Ons boere volkie. O Sullivan inhegtenis geneem dink jy ook dit is die regte storie.

Renette ·

Ek bly in die gemeenskap, glo my daar is meer agter die storie as wat jy dink of wat berig is.

Jo ·

Maar nêrens word daar enigiets genoem van die boer se plaasbestuurder wat wreed vermoor is na die beeste vergiftig is nie. Is dit omdat dit die “storie” dan minder geloofwaardig maak?

rudi ·

So wie moet ons glo? Die boer of drie plakkers wat sy beeste vergiftig? Dit is kwaliteit teen kwantiteit.

Cherokee ·

Maroela, dit klink asof hier weer ‘n Ja en Nee Referendum kan instel.

Conrad ·

Bid vir hom. Dis nog n voedselprodusent en word geteiken.

Elna Kupke ·

ALMAL WAT DIE BOER NOU SO ROSKAM. WAT SAL JUL DOEN AS JUL IN SY SKOENE WAS. DIE KLOMP IN NOOI IN JUL HUIS. HUL OOR GROOT GROOT OUPA HET KWANSUIS DAAR GEBLY ?? NOU MOET HULLE MAAR DIE PLAASHUIS MET HOM DEEL. DIE BOER HET BAIE BETAAL VIR DIE GROND EN DIT BEWERK, HULLE SOEK DIT NOU MAHALLA (SOOS GEWOONLIK) ?? EISH !!!!

bella ·

Ek vra die Vader in die Hemel om ons te beskerm en te verlos vd bose. Vader wees U ons vegter teen alle leuens en laat die waarheid seevier. Amen.

moeg ·

Moeg v alles. Nou moet Vader oorneem. Hy weet wat die waarheid is.

Roscha ·

O nee aarde iewers stink n vrot rot! As die Valke reeds verkeerde inligting verskaf het, hoe verduidelik n mens dat die ‘meesterbrein’ uit is op borg en dat Sibande uit is op ‘waarskuwing’ , waarskuwing van wat? Vat jou 60,000 en begin n nuwe lewe. Maar die ander 3 bly in aanhouding!! Is dit nou die regte waarheid of weer vals. Dit laat mens wonder wat het regtig gebeur

Takkie Takuuza ·

Julle voel nou almal verraai. Julle het die oordeel gegooi
En so doen julle elke dag met die halwe waarhede wat die media aan julle verkoop en soms totale onwaarhede. Gaan dink bietjie daaroor. Hoeveel keer was jy al verkeerd oor die media jou aan jou snoet rondsleep. Die beste is dat jy dit toelaat…haha

Donovan ·

nou verstaan ek nie lekker nie… die mense is in sy stoor gevang waar hulle besig was om HOM voor te le… Pieter en Rennette ek dink dit wat julle gehoor het is n boer wat gatvol is dit wat hy opbou af gebreek terug te kry… jy het seker ook vergeet hoe informal shopping die boer het in vee verliesse en mielies wat gesteel word… hierdie boer is n genadige boer….

lorayne ·

TE dik vir ‘n dollar . . . nee wat ek glo nie die tjol nie! Die eerste storie dat hulle die boer wou vermoor, klink baie meer geloofwaardig!

Victorious ·

Hoekom word daar so gou foto’s van blankes geplaas wat verkeerd optree maar nooit foto’s gewys van die moordenaars van ons mense nie?????????????

Ander Pieter ·

Jammer om te sê maar dis dieselfde storie oor en oor:
Act 1 Scene 1 – Berig gaan uit dat ‘n wit persoon deur ‘n swart persoon aangeval is. (Oscar, Griekwastad moorde, Bethal moord-komplot)
Act 1 Scene 2 – Groot reaksie van die publiek. “Hulle moor ons uit!!!” “Ek het mos gesê die nag van die messe gaan plaasvind” . “Die wolf is hier, die wolf is hier!!”
Act 1 Scene 3 – Planne word gemaak om die Steve Amerika toe te stuur en om Oranje toe te trek.
Act 2 Scene 1 – “Twist in the plot”. Inligting kom stadig in en dis toe nie heeltemal soos ons dit verwag het nie.
Act 2 Scene 2 – Almal gaan in ontkenning in want “ons mense tree nie so op nie”.
Act 2 Scene 3 – Daar word wyd bespiegeling oor die regering se bydra in hierdie moord.
Act 3 Scene 1 – Die waarheid kom uit. Die wolf was heel moontlik toe nie grys nie maar …

Wat my net opval is dat daar nêrens ‘n persoon is wat daarna sê dat hulle die situasie verkeerd opgesom het nie. Die haat is net te diep. Geen wonder dat al wat wit is as rasis uitgekruit word nie.
Dat daar groot gemors in ons land is is waar. Dat ons geen respek en vertroue meer vir mekaar het nie is waar. Dat ek en jy bydra tot hierdie haat deur die snert wat ons skryf is egter ook waar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.