Grootbrak-moorde: Skokverslag in hof aangehoor

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

Die verhoor van die man wat in hegtenis geneem is in verband met die wrede moord op Tewie (72) en Eurika (62) Human in hul huis in Grootbrakrivier in die Wes-Kaap, het vandeesweek in die Mosselbaai-hooggeregshof begin.

Die Human-egpaar is Dinsdagoggend 14 Junie 2016 in hul huis in Sandhoogtepad aangeval. Tewie se liggaam is Saterdag 19 Junie 2016 in die motorhuis aangetref en dié van Eurika in die egpaar se bed. Tewie is sewe keer met ʼn panga oor sy kop geslaan en Eurika is met ʼn selfgemaakte mes in die hart gesteek. Die polisie het van die begin af vermoed dat iemand wat die egpaar geken het by hul moord betrokke was, omdat daar geen tekens van gedwonge toegang tot die huis was nie. Verskeie items is uit die huis gesteel.

Tamsamqa Howard Sishuba (26) is in Julie 2016 in verband met die dubbelmoord in hegtenis geneem nadat forensiese bewyse wat op die toneel gevind is hom glo met die moorde verbind het. Die polisie glo egter Lebohang Rethabile Lekoro is die ware meesterbrein agter die moorde. Lekoro is steeds op vrye voet nadat hy vermoedelik na ʼn buurland gevlug het. ʼn Beloning is vroeër vir sy inhegtenisneming uitgeloof.

Louise Karsten, joernalis vir die Mossel Bay Advertiser, die gemeenskapskoerant, het vandeesweek die hofverrigtinge bygewoon.

Karsten berig Sishuba staan tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Hy het in die hof die blaam op Lekoro, ʼn werker van die Humans, gepak.

Sishuba het aan regter Robert Henney gesê dat hy onder die indruk was dat hy die dag van die moord saam met Lekoro vir die Humans werk sou doen. Volgens Sishuba het Lekoro egter vir Tewie met ʼn panga aangeval. Sishuba beweer dat Lekoro hom gedwing het om ook vir Tewie een keer met die panga te slaan. ʼn Bedrag van R14 000 is op die dag van die moord vanuit die Humans se bankrekening na ʼn bankrekening in Lesotho oorgeplaas.  Eurika het die egpaar se banksake hanteer.

Volgens ʼn patologieverslag deur dr. Christa Hattingh wat aan die hof voorgehou is, is Eurika vermoedelik dadelik dood nadat sy met ʼn skerp voorwerp in haar nek en hart gesteek is. Sy het ook ʼn verdedigingswond aan haar hand gehad. Tewie het waarskynlik dae ná die aanval nog geleef, maar was waarskynlik bewusteloos voordat hy dood is. Aanvanklik is gereken dat Tewie ook die Dinsdag dood is.

Volgens Hattingh het Tewie minstens sewe kopwonde gehad. Drie van die wonde is met ʼn panga aan die regterkant toegedien en drie aan die linkerkant van sy kop. Daar was ook steekwonde aan sy bors wat vermoedelik met ʼn selfgemaakte mes toegedien is. Tydens die nadoodse ondersoek het ʼn gedeelte van dié mes uit Tewie se klere geval.

Die Humans se twee honde, Jessica, ʼn Staffordshire-terriër, en Tiekie, ʼn Yorkshire-terriër, was in die egpaar se huis saam met Eurika se liggaam toegesluit en was vermoedelik vier dae sonder kos of water voordat hulle saam met hulle eienaars se liggame ontdek is.

ʼn Polisiebeampte van Grootbrakrivier het intussen vir Tiekie aangeneem terwyl die egpaar se skoonseun, Carlo Vos, vir Jessica saam na hul tuiste in Costa Rica geneem het.

Die saak is tot 15 September op die hofrol geplaas.

Bron: Mossel Bay Advertiser

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

So hartseer en onnodig ·

Dit is maar net weereens so onnodig en so hartseer. ‘n lewe het geen waarde meer, wens net mense regte kon dit raaksien en begin baklei vir die reg om te lewe en nie aan enige uitsprake meer aandag skenk.

Lollie ·

Natuurlik was dit nie hy nie want die ander een is mos weg! Het hy enigsins iets probeer om die skuldige te keer? Wil jy my sê dat hy nie gedeel het in die buit nie? Hy is nog so jonk en klaar ń misdadiger. Erger nog ….. ń moordenaar!!! Ons het nie sulke wesens in ons samelewing nodig nie. Ons kan doen sonder hulle! Watter straf gaan hy nou kry? Ons moet ook baklei dat hy nie borg kry nie en ook nie vrygelaat word nie!

Zimo ·

I think why black people are killing white people is also because of hate. Hate built up over a number of years, wrong in thinking to turn around power in government will make it better. This country needs a revilation. We are all guilty of the violence happening around us because we cannot move forward from how things once was. Lets raise our kids to better understand eachother and live together in harmony. These killings are senseless.

Denise ·

Is so jammer dat die soortgelyke voorval hom daagliks herhaal. Die aksies wat die moordenaars uitoefen op die mense is net een woord Terrorisme. Terwyl wit en swart SA mekaar haat infiltreer terrorism on land. Die bewegings kom v Nigeria af. Ons gaan te laat wakker skrik.

Werner ·

Die moordenaars was seker uit op borg dieselfde dag wat hulle gearisteer was die dat hy kon vlug

Pop ·

Die blaam vir die moorde moet voor die ANC gele word. Hulle verkondig aaneen onwaarhede oor wittes om stemme te werf so wat verwag ons. En weereens, doen alle werk self. As die erf te veel raak, en jy wil nie afskaal nie, gooi klip. Maar hou op werk skep vir hulle. Jou beloning is baie keer n wrede dood.

Willem Grobler ·

Hulle gaan ons tot die laaste een uitwis en al word elke een gevang gaan daar niks van ons oorbly nie en miljoene van hulle.

Cornelia1 ·

Die R14 000.00 wat Eurika oorgeplaas het na ‘n bankrekening in Lesotho?
Kan die bankbesonderhede van persoon en adres nie dalk enige leidrade gee van
die meesterbrein agter die moord nie.?
Het Lekoro na Lesotho gevlug?

Heleen ·

Ek weet God sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself…maar wragtag..my naaste is hulle beslis nie!

Koeksister ·

Ek dink hulle het die arme vrou eers gedwing om die geld oor te plaas na hul eie rekening in Lesotho en haat toe vermoor?

Cornelius ·

Wonder wie gaan hulle doodmaak as hier nie meer wit mense is nie.

Sonja ·

Oom Tewie was n eerlike en dierbare mens. Hy het vir jare met sucking Suzie die put dreins skoon gesuig. Hy sou doen wat kon om die mense van Grootbrak te help. Sy lorie Sucking suzie was wyd bekend in die omgewing en n vriendelike groet was nie ver agter nie. Mag die moordenaars gevind word en werklik die wet sonder genade in volle glorie ontvang

Gemsbok ·

Hoe duideliker moet die gevare van goedkoop vreemde arbeid uitgewys word voordat mense hul eie huise gaan begin skoonmaak en hul eie tuinwerk begin doen?

Onaanvaarbaar maar niemand kan niks doen nie! ·

Die blankes in Suid Afrika moet maar aanvaar dat uitwissing is ons voorland .Niks en niemand gaan opstaan teen die rassistiese lot wat die blankes om elk hoek wil opskroef en uitmoor nie..hartseer maar dit is n feit!

Hendrik ·

Dankie Hell-Snottinger! Julle het net nog meer bloed op julle gewetenlose hande!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.